VOETSPORE…

Warm wyn

Jy is vir my
soos warm wyn.

Jy vloei deur my
met lag en pyn.

Jy brand my
en jy streel.

Jy maak my wakker
en spoel my heel.

Jy wring my
tot n hopie klei
en bring my . . . . . .
by jou liefde vir my.

Woorde

Dankie vir die woorde
wat jou naderbring
tot diep in my honger hart
sodat ek jou daar kan bemin.

Dankie dat ek met woorde
oor jou hele menswees kan streel,
en daarmee met jou kan praat –
kan dans en speel.

Dankie dat ek met woorde
my siel aan jou kan blootlê
en jy kan weet hoe ek oor jou voel,
sonder dat ek dit openlik hoef te sê.

Dankie tog vir woorde
wat my help in die nag,
as ek van liefde
verlange en hunkering versmag.

Ek dis my woorde
soos n maaltyd vir jou op
en weet, as jy dit eet,
is ek in jou hart en kop.

Wat sou ek gedoen het
sonder woorde
wat my deur kan dra
as ek huil en vra
WAAROM ?

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →