Op 1 Desember 2022 is gaste van regoor die wêreld genooi om ’n opwindende vernuwing te beleef tydens ’n vinnige wegbreek wat deel gevorm het van die #ComeAlive-feesvieringe.

Hierdie flambojante aand, gevul met epikuriese plesier, betowerende optredes en ’n euforiese atmosfeer, het plaasgevind by die majestueuse Sugar Beach-oord in Mauritius om die vernuwing van die Mauritiaanse hotelgroep, Sun Resorts, behoorlik te vier. Dié groep staan nou bekend as Sunlife, ’n naam wat geïnspireer is deur die idee van ’n lewe in die son wat in styl geniet word.
Gedurende hierdie glansryke gebeurtenis is gaste bederf met liplekker eetgoed, skouspelagtige vermaak en beeldskone evolutiewe dekor. Een van die hoogtepunte, was die liedjie, Dance until the Rise, wat spesiaal deur plaaslike sanger AnneGa vir Sunlife geskryf en gesing is en waarlik die geluk en opwinding oor die aanbreek van ’n nuwe era vir hierdie handelsmerk in woorde en melodie omskryf.

“The sun will be ours till it goes to sleep.
Fading in the night.
Let’s Dance Until the rise”.
(Die son is ons s’n tot dit gaan slaap. Vervaag in die aand. Kom ons dans tot die son opkom.)
Kyk ’n kort video van die aand hier: https://fb.watch/hdSUoV0N9v/
Dance until the Rise deur AnneGa: https://youtu.be/KKVe_bFiogc
Die Come Alive Collectionis deel van die transformasie, en stel ’n reeks spesiale ervaringe beskikbaar by alle Sunlife-oorde, wat ’n duidelike boodskap stuur oor Sunlife se kernwaardes.
Dié inisiatief is ook suksesvol by ander oorde toegepas, waar elke sub-handelsmerke verryk is met die nuwe Sunlife-beleid. Deeglike navorsing is ook gedoen om die kern van elke oord te identifiseer, sodat hotelgaste die mees geskikte bestemming kan kies, en om te verseker dat die Come Alive Collection pasgemaakte ervarings bied wat uniek is tot elke oord.
Francois Eynaud, Sunlife se uitvoerende hoof, sê: “Ek is uiters trots om Sunlife bekend te stel, ’n handelsmerk wat na die toekoms kyk, wat ’n lewe in die son vier – ’n lewe wat geniet word met die inherente betowering van ons pragtige eiland. Met hierdie vernuwing is ons doel om die Mauritiaanse kultuur saam met elkeen van ons hotelle se unieke identiteit te vier”.
Daarbenewens het die groep, buiten vir ’n nuwe logo, die krag van tegnologie gebruik om ’n splinternuwe webwerf te ontwerp, asook ’n in-oord-toepassing om gaste toe te rus met ’n moeitelose proses, van bespreking regdeur tot by die unieke ervarings wat die oord bied.

Gaste kan uitsien na Crazy Croquet, Beauty Bubble, Putting on the Ritz, Strictly Sugar, Time or Tea, L’Atelier Les Sens by Sugar Beach en Pirogue Painting, Brilliant Breakfast, Village Vibe Marsan Confit, Sega Zoomba en Coral Farming by La Pirogue. Die moderne Long Beach bied die geleentheid om die Piazza te sien transformeer, die Biodiversiteitstaproete, Santé, Swing & Drift en Energy Gym. Izzy the Bee, die nuwe gelukbringer van die Sunlife Kid’s-klub, sal ook die jonger gaste lei op ’n leerervaring wat hul kritiese denke en verbintenis met die natuur aanmoedig.
Die vernuwing van die handelsmerk dien ook om hulle toewyding tot volhoubaarheid te versterk. Sunlife is lid van die Verenigde Nasies se Global Compact en is doelgerig om die VN se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling te handhaaf. Hierdie groep se volhoubaarheidsprogram is daartoe verbind om die weg te baan in terme van volhoubare en impakgedrewe reiservarings en om te verseker dat Sunlife se eiendomme volhoubaar en verantwoordelik funksioneer. Die etos agter die program fokus daarop om met vriendelikheid te lei en dieselfde goedhartigheid aan die land, hulpbronne en mense te betoon.
Sunlife het die nut en noodsaaklikheid daarvan raakgesien om aan te pas, te ontwikkel en te vernuwe om die beste moontlike weergawe van hulself te wees. Daarom betree dié handelsmerk ’n nuwe, opwindende hoofstuk met die doel om die betowering van Mauritius vas te vang en uit te straal, in ’n omgewing waar vriendelikheid goedhartigheid seëvier. Hulle versprei dié liefde en maak drome waar met bedagsaamheid en professionaliteit.

Foto’s: Guilherme Gomes da Costa
Funksie beplan en saamgestel deur Impact Production
Kunstenaars: OMADA
Scénographie: Eelco de Jong
Kos en drankies deur spanne van die onderskeie Sunlife-oorde
SOCIAL MEDIA LINKS
WORLD LEISURE HOLIDAYS
Facebook: https://www.facebook.com/WorldLeisureHolidays
Instagram: @worldleisureholidays
Website: www.wlh.co.za
PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell: 083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za
