Michelle Jooste stel ‘n ‘YSBREKER’ enkelsnit vry.

Die spontane sangeres van Richardsbaai, Michelle Jooste, stel haar debuut enkelsnit met ‘n unieke weergawe van die gewilde pop lied ‘Icebreaker’ vry. Hierdie lied is oorspronklik gesing deur Agnete wat die Eurovision kompetisie in 2016 gewen het. Michelle het veral aanklank gevind by hierdie liedjie omdat dit vir die luisteraars sê dat dit nie saak maak waardeur jy gaan nie, daar is altyd iemand wat sal luister en probeer help.

‘Icebreaker’ is ‘n baie persoonlike liedjie vir haar. “Die liedjie is oorspronklik vir my deur ‘n vorige musiek bestuurder van my gekies omrede hy gedink het my stem gaan daarby pas. Toe ek die liedjie hoor het ek dadelik gevoel dat dit die tipe boodskap is wat ek wil na mense wil oordra deur my musiek. Ek is daardie persoon wat altyd daar sal wees vir enigiemand en hulp verleen waar ek kan. Ek sal die ys breek om jou te help.”, verduidelik Michelle.

Sy glo dat die publiek baie aanklank by hierdie snit sal vind, want die woorde en die melodie is uniek. Dit vertel ‘n vinnige storie in die verse en in die refrein verander dit na ‘n stadige ritme tot en eindig in die klimaks.

Michelle was nog altyd een wat daarvan gehou het om mense te vermaak en hou baie daarvan om met mense te werk. Buiten musiek is sy ook baie lief vir sport aktiwiteite. Sy en haar niggies en nefies het altyd ‘n talent kompetisies gehou as kinders. Dans, model, rolspeel en sing. Op die ouderdom van 6 het sy vir die eerste keer voor ‘n groot gehoor gesing en kon net glimlagte op die mense se gesigte sien. Dis toe wat die verhoog haar hart gesteel het.

Hierdie aktiewe dame hou daarvan om verskeie genres te sing waarop sy kan dans, maar die tipe musiek wat haar die meeste vasgevang het is Country en haar moedertaal, Afrikaans. “Ek is ook ‘n persoon wat mal is oor Rock ‘n Roll, en wie is nie lief daarvoor om bietjie hare te los maak nie.”

Sy vind inspirasie by Riana Nel vir haar unieke sagte toon en manier van storie vertel en sy sal eendag graag saam met haar wil werk.

Michelle se grootste uitdaging is om ‘n enkelouer en terselfdertyd ‘n goeie rolmodel vir haar 2 pragtige kinders te wees om sodoende vir hulle te wys dat wat ookal in die lewe gebeur, daar altyd ‘n keuse gemaak kan word om alles positief te laat uitdraai.

“Ek werk aan nuwe musiek, om my storie van hoop en liefde te deel.” Michelle wil die wêreld ‘n beter plek maak en mense se harte steel met ‘n glimlag en hulle herinner dat alles op die einde oukei sal wees.

Met 12 jaar se ondervinding in die musiekbedryf het sy geleer om hard te werk en nie bang te wees vir uitdagings nie, want alles wat gebeur is ‘n leerproses wat bydra tot jou karakter om sodoende te ontdek wie jy werklik is.

Die enkelsnit is die 2 Desember beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/IcebreakerMJ

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Gebore in Vereeniging and groot geword in Vanderbijlpark. Op die ouderdom van 13 het ek en my ouers getrek Richardsbaai toe.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Ek was in Australia vir 3 maande en het vir familie gaan kuier, en toe ek terug kom het ek dadelik begin werk.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek is ‘n ma van 2 kinders, hulle hou my baie besig. Ek werk ook tans as ‘n Branch Administrator. Ek hou ook baie van sport, speel Rugby vir die lokale Spartans Vroue Rugby span.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

“Icebreaker” is ‘n liedjie wat die Eurovision liedjie kompetisie gewen het in 2016 deur die kunstenaar Agnete. Die liedjie is besonders geskryf vir haar vriendin wat deur ‘n moeilike tyd gegaan het, en deur die liedjie wil die skrywer vir die luisteraar sê dat maak nie saak waardeur jy gaan nie, ek sal luister en ek sal die ys vir jou probeer breek. Die lewe is net beter as daar iemand is wat sal luister en probeer help.

Skryf jy self jou liedjies?

Beslis, ek het al ‘n hele paar liedjies op papier geskryf maar nog net 5 opgeneem. Ek werk daaraan om met die volgende album nog meer oorspronklike liedjies op te neem.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

“Suiderkruis” is een van my eerste liedjies wat ek geskryf het en opgeneem het. Dit was ‘n besonderse tyd gewees want ek het deur ‘n moeilike tyd gegaan. Ek het my werk verloor teen die tyd wat ek swanger was met my eerste kind en kon nie weer werk kry nie. Ek het liedjies begin skryf en orals begin optree om geld te probeer maak om bystand te bring in die huishouding. Ek het my vrede en geluk weer in die Here gevind want Hy het voorsien. Ek het wel geleer dat Hy nooit opgee op ons nie en ons kan altyd in Hom vertrou. En so het ek die Hom in die Suiderkruis gevind.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Afrikaans is my moedertaal! En dit sal nooit dood loop terwyl ek nog asemhaal nie. Ek skryf en sing in Afrikaans. Ek hou ook daarvan om Engelse liedjies te sing maar dis meer saamsing liedjies. Ek het een Engelse liedjie al geskryf maar nog nie opgeneem nie.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek praat baie, uniek en gemaklik met myself en almal om my. Ek hou daarvan om mense te entertain en te laat lag. Ek is ‘n kind van God en glo dat liefde altyd wen. Sprankelend en vriendelik met ‘n sterk persoonlikheid. En ‘n Groot Bok vir Sports.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Country is maar my gunsteling omdat ek daarvan hou om na mense se stories te luister deur die liedjie. Oor die algemeen hou ek eintlik van alle musiek genre want elkeen is uniek in sy eie manier.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Op die ouderdom van 11 jaar oud het ek my eerste CD gemaak met ‘n mobiele studio wat op Margate se strand gestaan het en die enigste liedjie wat daarop was, was die liedjie “Shalalala” van Vengaboys.

Wat inspireer jou?

My kinders inspireer my baie. Om te sien hoe hulle gesiggies sprankel as hulle nuwe dinge leer of as hulle gesukkel het met iets en die eerste keer dit reg kry, dis vir my hartroerend.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

My eerste keuse sal altyd Steve Hofmyer wees! Dis nie net sy stem nie, maar die passie wat hy vertoon terwyl hy die storie van die liedjie vir jou vertel. Dan beslis sal ek ‘n liedjie saam Riana Nel wou skryf en sing. Weereens die passie en haar storielyn van haar liedjies praat met my hart. Ek sal ook graag ‘n liedjie saam Len Muller wil sing, hy was my jeugleier op skool en het my baie inspireer met die musiek.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek volg nou net die pad wat die Here vir my uitwys. Ek gaan die beste rolmodel vir my kinders probeer wees, hard werk aan my musiek en elke dag dit stap vir stap vat om dalk eendag die wêreld te kan probeer verander deur my musiek.

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

Ek wil baie graag ‘n Country Toer gaan doen in Nashville USA

Wanneer verjaar jy?

19 April

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek – eks mal oor die 60’s 70’s en 80’s tipe musiek. Maar my eerste keuse sal Afrikaans wees wat jou voete laat roer oor die dansvloer. 

Sangers – Steve Hofmyer, Riana Nel, Len Muller, Juan Boucher, Ricus Nel, Snotkop, Bok van Blerk, Ray Dylan, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Arno Jordaan, Brendan Peyper, Samantha Leonard, Dodo, Jay, Appel, Robbie Wessels, Corlea, Karlien van Jaarsveld, Tarryn Lamb, Jo Black, Bernice West – ek kan aangaan want ons het die beste Afrikaanse Sangers ter wêreld. Ed Sheeran, Carrie Underwood, Luke Bryan, Luke Combs, Keith Urban, Kelsie Ballerini – en ek kan ‘n hele bladsy skryf oor Country Sangers

Band – Prime Circle, Florida Georgia Line, Lady A, Rubber Duc

Gunsteling liedjie – The Book of Love van Peter Gabriel

Rolprent – P.S. I love you

Akteurs – Brumilda van Rensburg, Hans Strydom, Hykie Berg, Leandie Du Rand, Jennifer Aniston, Ryan Reynolds, Chris Pratt, Keanu Reeves, Denzil Washington, Will Smith, Johnny Depp, Dwayne Jonson, Vin Diesel, Scarlett Johansson

Reeks – F.R.I.E.N.D.S

Kos en drinkie – Ek maak self lekker kos, dis ‘n ander passie van my, maar ek moet sê my gunsteling sal braaivleis, pizza, sushi of pasta.

Ontspanning – ek geniet dit om saam my kinders te speel, boek te lees, visvang, luister musiek, rolbal speel, draf, guitar speel.

Boek – Vanished van Daniel Steel

Vakansie bestemming – Voetplaatpark is ‘n gunsteling af van my kinderdae af in Port Shepstone. Ek en my familie is baie lief vir kamp.

Kleur – Blou

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

As mense die Here se naam misbruik.

Negatiewiteit in alle opsigte.

Kinders wat seer kry of huil – ek wil altyd inspring en die kind probeer help of probeer laat ophou huil.

Mense wat ander mense seer maak of probeer indoen dat hulle iets daarmee moet baat.

Waar kan mense jou kry en volg?

VOLG HAAR OP:

Facebook – https://www.facebook.com/profile.php?id=100083072415484

Instagram – https://www.instagram.com/michellejooste2022/

YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCVJFiwjCoEGKNdx0Ol8d4LA

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:

Anton Fitchat

dna.musiek@gmail.com

061 415 7737  |  081 804 6670

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →