Ewige Hulde
O Vader ek buig
In aanbidding voor U neer !
Ek wil U loof
ek wil U prys
ek wil U eer !
Ek wens ek kon
die mooiste skatte vir U bring !
Ek wil die mooiste liedere vir U sing !
Ek wil die mooiste woorde
vir U sê,
U is die grote Koning –
U moet net die mooiste hê !
Ek wil palmtakke pluk
en voor U voete neersit.
Ek wil U verhoog
ek wil U eer,
want U is soveel meer
as al hierdie aardse seer !
Woorde is te min
sang is te gering !
Ek wil Ewige Hulde
aan U bring !
Hulde wat vir ewig hou !
Hulde wat vérder strek as nou !
Hulde wat n tempel bou
waarbinne U Liefde,
my Ewig vas sal hou !
