DR. JOHAN BEUKES VERSKUIF GRENSE MET UNIEKE 8-BEWEGING-MODEL

Iewers in Bultfontein, in die Vrystaat, sit ’n jong seun van nege jaar oud een aand op sy bed en beleef ’n skielike gewaarwording. In ’n oomblik besef hy dat hy ’n opdrag ontvang het om uit te gaan en die wêreld te gaan dien. Hy moet gaan help om van die wêreld ’n beter plek te maak. Met hierdie buitengewone ervaring en opdrag in sy hart, het hy op die reis van sy lewe vertrek en begin soek na dít wat hy moes doen.

In alles wat hy aangepak het, het hy betekenis begin soek. Hy het rugby gespeel, maar ’n nekbesering het dit gekelder. Na skool het teologie gaan studeer en selfs ’n draai op internasionale loopplanke as model gemaak.

Verskeie akademiese kwalifikasies is behaal, waaronder ’n meestersgraad in teologie, honneursgraad in bedryfsielkunde, ’n MPhil in leierskap, ’n doktorsgraad in opvoedkundige sielkunde, ’n internasionale sosiale entrepreneurskap-program by INSEAD Executive Education, gevolg deur ’n opkomende leiers-kursus by Harvard Universiteit en ’n uitnodiging om die kursus oor leierskapeienskappe by die Leadership College in Londen by te woon. 

Sy paaie het gekruis met organisasies soos Remgro, Remgro CSI, die nasionale sewesrugbyspan (Blitzbokke), verskeie universiteite, Mergon, Barclays Absa en T-systems South Africa, om net ’n paar te noem, waar hy hoëprofielposte beklee het. Dit alles, ter voorbereiding vir die werklike doel en taak waarin hy homself eindelik sou uitleef.

Hierdie jong seun is die hoëprestasieleierskapafrigter, inspirerende spreker en voorstander van ’n outentieke leefstyl – dr. Johan Beukes. Oor die afgelope 23 jaar het hy saam met duisende plaaslike en internasionale leiers, spanne en organisasies gewerk – van maatskappye in die privaat sektor, skole en universiteite, tot nuwe besighede, geestelike en nie-winsgewende organisasies – om leiding te bied op hulle leierskapavontuur.

Sy onblusbare behoefte om mense te help, voortdurende soeke na vernuwing en meer as twee dekades se ondervinding agter hom het aanleiding gegee tot sy grensverskuiwende 8-beweging-model-ontwerp om mense te bemagtig om ’n betekenisvolle impak op die wêreld te hê. Hierdie model is daarop gemik om mense toe te rus om ’n holistiese en beter lewe te kan leef in familie, besigheid,  spanne, huwelike en as entrepreneurs. Hiermee help hy nie net leiers en hulle spanne om uitbranding te voorkom nie, maar ook om deur middel van spesiale nalatenskap-inisiatiewe positiwiteit te verhoog te midde van verandering en diversiteit.

Die 8-beweging-model is uniek en hy is besig om ’n reuse-impak op mense landswyd hiermee te maak.

Een van die pilare van hierdie 8-beweging-model is GAWES. Wanneer Johan met jou in ’n gesprek oor GAWES betrokke raak, kan jy maar weet dit is hoendervleis. Jy begin jouself onmiddellik afvra – “Wat is my gawe? Het ek al my gawe ontdek? Pas ek my gawe op?” En dit is presies waarop hierdie pilaar fokus. “Daar is soveel aspekte van GAWES. Buiten vir jou eie gawe, moet jy die gawes van jou onderskeie spanlede kan raaksien en ontgin. Wanneer ’n man en vrou mekaar se gawes begin raaksien en families mekaar begin raaksien gebeur wonderwerke! Wat is die risiko as jy nie jou eie gawe identifiseer of ander se gawes raaksien nie en dit verwaarloos?”, sê Johan. “Dit is belangrik om jou gawe te ontdek en dan binne in jou gawe te begin werk sodat jy in die vloei van jou doelwit kan beweeg”, gaan hy voort.


Johan raai leiers aan om ruimte te maak in hulle spanne om hulle gawes op te tafel te kom sit. “Jy sal verbaas wees watse veranderinge kan intree as mense hulle gawes begin leef”, sê Beukes.

As een van Suid-Afrika se voorste leierskap- en bestuurspan-afrigters, het Johan naam gemaak met sy unieke benadering en metodes om leiers, spanne en organisasies te verbeter. Hy sien dit as sy lewensdoel om “suksesvolle mense – veral leiers, spanne en organisasies – by te staan op hulle reis om hulle lewensdoel te identifiseer en ’n verskil te maak”.

Sy leuse is nie verniet: “You need to open up and show up!” nie.

“Om jou gawe te ontdek en uit te leef sal die beste investering wees wat jy in jou eie lewe maak”, sluit hy af.

Olka Bolka het ‘n vinnige onderhoud met Johan gehad:

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Vrystaat, draai in Johannesburg gemaak en vir die afgelope 8 jaar in die Wes Kaap.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Begin studeer asook internasionle modelwerk.

Watter beroep beoefen jy?

Hoë prestasie leierskap en span afrigter.

Vertel ons van die kursusse wat u aanbied.

Loer gerus op www.johanbeukes.com 

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Passievol oor mense en die lewe.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is ‘n Mini Cooper fanatikus.

Wat inspireer jou?

Menslike potensiaal.

Wat is op jou emmerskoplys?

Geen emmerskoplys, ek leef elke dag voluit asof ek die emmer gaan skop

Wanneer verjaar jy?

03 Aug

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek:  Verskeidenheid

Sangers:  Katherine Jenkins, Calum Scott, Ed Sheeran, David Guetta, Tiesto

Band: One Republic, King and Country

Gunsteling liedjie Secrets

Rolprent Top Gun, Avatar, Greatest Showman,

Akteurs Tom Cruise

Reeks Money Heist, Fraksie

Kos en drankie Rump Steak met slaai, Whisky

Ontspanning Muurbal, “Trail run’ HIIT

Boek Bybel, Leierskap, Besigheid en Spiritualiteit boeke

Vakansie bestemming Morgan Bay, Kampsbaai

Kleur Groen

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Onbevoegdheid, Bygelowigheid, Super-gelowigheid, Aangeleerde hulpeloosheid

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook – https://www.facebook.com/jabeukes1/   

Instagram – @jabeukes

LinkedIn – https://www.linkedin.com/in/dr-johan-beukes/

Webwerf – www.johanbeukes.com

PUBLISITEIT & BEMARKING:  @STARBURST PROMOTIONS

#RegteMense #RegtePublisiteit #RegteResultate

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →