SPAAR R800 OP TWEE SKRYFNET-KURSUSSE HIERDIE KERSFEES!

Hierdie Kersfees kan jy jou eie en/ of iemand anders se skryfdrome waar maak met ’n baie unieke geskenk.
Bespreek nou vir twee 2023-skryfkursusse en kry R800 afslag! Dit beteken jy kan jouself met twee kursusse bederf of een as ’n geskenk weggee vir ’n vriend!


Al wat jy hoef te doen, is om tussen 1 en 31 Desember 2022 hier te klik om gebruik te maak van hierdie lewensveranderende aanbod.
Hier is ʼn lys van die opwindende kursusse wat vir 2023 beplan word en waaruit jy/ julle kan kies:
Inleiding tot kreatiewe skryfkuns
Inleiding tot kreatiewe skryfkuns is ʼn inleidende, praktiese kursus in die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Dit is ontwikkel deur prof. Hans du Plessis. In hierdie kursus, wat gefasiliteer word deur Elzebet Stubbe, word deelnemers toegerus met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed.

  • Dié kursus is agt weke lank en vind plaas van 27 Februarie tot 24 April én 24 Julie tot 18 September.
    Skryf ʼn liefdesverhaal
    Skryf ʼn liefdesverhaal is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale. Dis ontwikkel en word aangebied deur die gesoute boekeredakteur, Madri Victor. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om ʼn boeiende verhaal te skryf.
  • Dié kursus is ses weke lank en vind plaas van 13 Februarie tot 24 Maart én 4 September tot 16 Oktober.
    Skryf ʼn kinderverhaal
    Skryf ʼn kinderverhaal is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale. Dis ontwikkel deur Carina Diedericks-Hugo en word aangebied deur Nanette van Rooyen. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om stories te skep vir kinders tussen agt en twaalf.

Skryf vir gemeenskapsmedia
Skryf vir gemeenskapsmedia is ʼn praktiese joernalistieke kursus vir diegene wat passievol is oor nuus en dit met integriteit wil oordra. Dit is ontwikkel deur Maroela Media en fokus op die fynere detail van joernalistiek, spesifiek in die digitale omgewing. Na afloop van die kursus sal deelnemers gerat wees om gemeenskapsnuus effektief weer te gee.

  • Dié kursus is tien weke lank en vind plaas van 15 Mei tot 24 Julie én 7 Augustus tot 16 Oktober.
    Skryf ʼn liedjie
    Skryf ʼn liedjie is ʼn praktiese kursus vir enigiemand wat graag liedjies wil skryf wat met die hart praat. Dit is ontwikkel deur Clive Ridgway in die musiekbedryf en kombineer vier weke se teorie met ʼn twee-dag-praktiese sessie om alle aspekte van die liedjieskryfproses vas te vang.
  • Dié kursus bestaan uit ʼn vier weke aanlyn sessie en twee dae praktiese kontaksessie en vind plaas vanaf 2 Mei tot 10 Junie.
    Deelnemers wat ʼn kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.
  • Vir meer inligting oor elke kursus, besoek ook Skryfnet se webwerf, stuur ʼn e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.
    Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →