VOETSPORE…

Manna

Man – na Vader se Hart

Man gebore in smart.
Man met die Hand uitgesoek.
Geroep – gekies – gekeur –
vir wat nou moet gebeur.

Uitgelei om voor te berei.

Manna vir die volk.
Wit soos koljandersaad –
soet soos heuningkoek,
vir Sy kinders
met die Hánd uitgesoek.

Manna in stukke gebreek
om oggend – middag – en aand te eet.
Breek die Brood
in klein stukke op,
gereed vir Sy kinders
se hart en kop.

Josef het kos opgegaar,
genoeg kos vir 7 jaar.
7 000 Man gaan oor bly
wat die knie buig
nét voor My !

Moses het 40 jaar
die volk gelei,
elke dag het hulle
Manna verníet gekry.

Moses, jy kom weer !
Ek het sélf jou
mandjie met pik gesmeer.

n Kleine Ark
bring die Woord !
Geen storm – geen stryd –
geen kindermoord
laat jou van koers af wyk !

144 000 Man wag vir my . . .
My Vader se kinders
moet Manna kry !

Saam gaan hulle
die Nuwe Land ingaan.
Saam spel Sewe en Vier
letters My Nuwe Naam –
Melchizedek !

Hidden Manna

Hidden Manna
in the Holy Place
in the Inner Chamber
where you see My Face.

Hidden Manna
and a Hidden Name –
a Sign between you and Me-
I took your blame.

A White Stone
chosen – sanctified – consecrated –
to a New Name . . . . .

After
the Hidden Chamber . . . . .
you will never be the same.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →