Pop-Rocker Egmond betoor kerskouse met sensasionele nuwe treffers

Afrikaans se misterieuse pop-rocker, Egmond, se splinternuwe enkelsnit Pyn is die perfekte geskenk om jou ore te streel die Kers-seisoen. Tensy jy opsoek is na ‘n polsende ritme wat jou voete op die vloer sal laat wip, dan is die talentvolle liedjieskrywer se oorwurm Everything We Say die antwoord Die enkelsnitte, wat albei digitaal uitgereik word op 9 Desember 2022, is vergesel met  musiek videos vir beide nuwe treffers. Skakel gerus in wanneer die twee videos premiere om 8vm en 9vm op YouTube.


Pyn is ‘n duet met Australiaanse sangeres Kaley wat ‘n verhaal vertel wat die luisteraar los met menige interpretasies.  Dit is dié unieke skryfkuns en getoordery met woorde wat Egmond enig maak op die musiek toneel vandag.  Pyn is Egmond op sy beste – ‘n meesterstuk wat die groei wys in die eg Afrikaanse sanger wat nie op sy mond geval is nie.

Die ballade word met soveel emosie vertolk deur beide sangers, dat dit verder sal verbaas dat Kaley nie ‘n woord Afrikaans kan praat nie. Die sangeres, ‘n Australiaanse burger, is genader deur Sandy Robbie wat die produksie van die snit behartig het.  Kaley is die woorde foneties geleer en het die “sêgoed” met ‘n brandende passie gedeel.

Maak gereed vir ‘n groot 2023!

Egmond word vanaf Januarie 2023 verteenwoordig deur Lydia Winchester Publisiteit.  Hou die spasie dop vir verdere nuus en opwindende verwikkelinge Pyn (ft Kaley) en Everything We Say (The Sandy Robbie Remake ft Kaley, Algorrid3m) is nou beskikbaar op alle digitale platforms en word deur Next Music uitgereik.

Vir meer inligting besoek www.egmond.co.za.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →