VOETSPORE…

Soos . . . .

Soos n blaar
wat van n boom
af val –
en net bly lê . . . . .

so is dit met my.

Niemand wat dit sien –
niemand wat iets sê.

Sy tyd is verby.
Hy het sy doel gedien.

Sonder klank
Sonder dank

hou ek op.

So onbelangrik
soos my begin

is my stop.

Sonder groet
sonder traan

is ek verby
en gedaan.

SLAAP !

Hoe kosbaar
is dit nie !
Die arm man se reis
na n DROOMPARADYS !

n Universele Taal –
jy moet net leer luister
as sy jou kom haal !

Laat gaan jou sorge,
los alles wat skuur en skaaf
In slaap se arms
is jy teer geborge !

Druppels dou
wat koesterend
om ons moeë
lewens vou . . . . .

Sonder prys
kan ons dag of nag reis,
na lieflike lande –
goue strande ,
geliefdes ontmoet –
vergete herinneringe oproep

Net soos tyd,
kry elke mens
elke dag ewe veel !
Níemand kan joune steel !
Gratis – verniet
word dit uitgedeel !

Slaap verander jou.
Gister se moedeloos
word weggetroos . . . .
Gister se
“ek kán nie meer !”
word vandag se
“ek gaan wéér probeer !”

Slaap maak jou
beter – mooier
sterker – slimmer !
n Lewe sonder slaap –
nóóit as te nimmer !

Dii is te verstommend
dat ons hierdie
GENEESHEER
nie méér WAARDEER !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →