

Luister – luister . . . . !
Luister – luister . . . . .
in die duister
kom dit aangesweef !
Die Lied van n Volk se
V E R S A K I N G
deur al wat leef en beef !
WIT kruise skreeu
onder die WIT Son –
nog n WIT Boer het omgekom !
Nog n MOORD op n Boer !
Nie n WOORD word
in die Media gespreek –
nóg n Boer doodgesteek !
Bloed op die vloer –
Bloed teen die MUUR
Bloed uit ons wonde . . . . .
Bloed uit die monde van díe
wat die VUUR aansteek !

Nóg n vrou en kind
met kookwater verbrand !
Nóg n gesin verwoes
deur die Barbaar se hand !
Nóg n vrou en kind VERKRAG
en daarna Lewendig
AFGESLAG !
Plant nog n KRUIS
Kan dit hierdie HUIS
herstel ?
Suid – Afrika !
Suid – Afrika !
Jy is GEWEEG
en te lig bevind !
Die broodblik is LEEG . . . . !
n Gelofte is afgelê
en n Verbond gesluit.
Ons en ons kinders
sal GETROU
hierdie dag ONDERHOU
as n Gedenkdag tot U Eer.
n Klein Volkie
trek LAER
in hul Vader se Hand.
n Klein Volkie –
bedek met BLOED
versamel in OOTMOED
voor Vader se VOET.
O Vader wat ons DIEN !
U wat alles SIEN !
Hoor asseblief as ons ROEP!


Klim op Karmel, My Volk !
Jy moet jou op die grond neerbuig,
en jou aangesig tussen jou knieë steek
7 maal – 7 maal – 7 maal – 7 maal – 7 maal – 7 maal – 7 maal.
Kyk dan na die see . . . . .
Daar gaan n WOLKIE
soos n man se hand
OP uit die see . . . . .
n WOLKIE so groot
soos n man se hand . . . . .
n VOLKIE trek laer
aan die Koning se kant.
Trek laer in Mý Hand
dan word die wolkie n
W O L K B R E U K !
As jy GETROU
My Verbond ONDERHOU
sal Ek My Hand uitsteek
en My op jou vyande wreek!
Luister – luister
hoor die gedruis !
Oor die veld
kom dit aangesweef !
Hierdie Volk SAL herleef !
Hierdie Verhaal SAL vertel word !
Hierdie Volk SAL herstel
word !
Skuil in MÝ HAND
Ek is Getrou !
As jy My Verbond onderhou
HOU EK JOU IN STAND !
1 Konings 18 : 41 & Psalm 50:14

