Anton Fitchat het geen bekendstelling nodig nie. Anton stel ‘n kortspeelplaat vry met die titel, “Wil Jy Dans”. Die snitte is perfek gepas vir oujaar met vier lekker dans liedjies wat gewaarborg is om mense van alle ouderdoms groepe se voete te laat jeuk.

Die snitte is as volg:
· Lief vir jou (Dans Remix)
· Liefdesdans
· Wil jy dans
· Wanneer ons dans (met Mia)
Elkeen van die liedjies is uniek en Anton sien uit om dit met sy aanhangers te deel. Anton glo sy aanhangers sal sal aanklank vind by al 4 snitte.
Anton is al van skooldae af versot op musiek en glo dat sy passie amptelik gevorm is gedurende sy koorjare op laerskool.
Hy werk al sedert 2009 in die musiekbedryf en het al verskeie hoogtepunte in sy loopbaan bereik, waaronder ’n Melomaan Musiek toekenning vir “Duet van die Jaar” saam met sangeres Betty Jean in 2021, asook ’n “Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekenning” vir komedie liedjie “Die Virus” in dieselfde jaar.
In 2022 het Fitchat weer by Melomaan Musiek weggestap met die toekenning vir die “Beste Kinderliedjie” van die jaar vir die liedjie Rooikappie. Ook in 2022 het hy saam met sy medeskrywer en goeie vriend, Dwayne Griffin, ‘n toekenning gekry by die “Afri-Indie Onafhanklike Musiek Toekennings”, vir die beste liedjie in die kategorie “Groot Groep van die Jaar” vir die temalied van “Staan Sterk in Afrikaans”
Die musikant is mal oor humoristiese en Afrikaanse musiek en vind aanklank by sangers soos Juanita du Plessis Saarkie, Jeanette Oosthuizen, Sorina Erasmus (Flooze), Patricia Lewis en Manie Jackson, en verklap dat hy nog eendag graag iets saam met Saarkie, Jeanette Oosthuizen of Patricia Lewis sal wil opneem.
Wanneer hy nie op die verhoog is nie, werk hy as ‘n bemarkingsbestuurder en grafiese ontwerper aangesien Fitchat op verskeie maniere uiting aan sy kreatiwiteit wil gee.
Fitchat is ook die stigter van die platform “Staan Sterk in Afrikaans” wat vir onafhanklike sangers geleentheid om uiting te gee aan hulle liefde vir Afrikaanse Musiek.

Vir kaartjie besprekeing volg asb skakel hieronder.
Van die grootste lesse wat hy in die musiekbedryf oor die jare geleer het is om altyd nederig te bly en outentiek te wees, en hy het dit beslis ter harte geneem.
Die kortspeelplaat is die 30 Desember beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.
Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/WilJyDansAF
Facebook – https://www.facebook.com/AntonFitchat
Instagram – http://www.instagram.com/fitchatanton
YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCjpc94XVgo1BNBpoTWKc6Lg
Webblad – www.antonfitchat.co.za
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:
DNA Musiek
061 415 7737 | 081 804 6670
