Gideon van Vollenstee bring hoop met nuwe enkelsnit.

Sommige mense se lewens is so omver gegooi deur die situasies van vandag dat hulle nie meer ’n uitweg sien nie en dan ’n einde aan hulle lewe maak

Met sy nuwe enkelsnit, toe kom Jesus, wil Gideon van Vollenstee probeer om vir almal ’n boodskap van hoop te bring in moeilike tye.

Volgens dié sanger en liedjieskrywer, was die lirieke van hierdie gospelliedjie ’n boodskap van God. “Daar is soveel pyn in die wêreld en baie verkies om hulle probleme self te hanteer, eerder as om dit in God se hande te plaas,” sê hy. “God het soveel liefde en genade vir ons. My doel is om ’n positiewe boodskap te versprei en sodoende hoop te gee vir diegene wat nie ’n uitweg sien nie.”

Toe kom Jesus is die derde geestelike liedjie uit sy eie pen en hy is steeds in verwondering oor die positiewe terugvoer wat sy musiek tot dusver ontvang het.

Die lewensles wat hy graag hiermee wil uitbeeld, is dat God altyd by jou is en dat jy dus nooit alleen is nie.

Gideon is al van kleins af lief daarvoor om mense te vermaak. Nadat daar vir hom, tydens ’n sangkompetisie by ’n vakansieoord, gesê is dat hy nie kan sing nie, was hy vasberade om almal verkeerd te bewys en ’n loopbaan daarvan te maak.

Sy eerste professionele album, Tributes, het in 1995 die lig gesien, waarna agt ander sekulêre albums gevolg het. In 2010, het hy ook aan Supersterre deelgeneem waar hy in die vyfde plek geëindig het.

Deesdae fokus hy hoofsaaklik op die gospelmark. “Nadat ek my lewe volkome vir God gegee het, het ’n hele nuwe wêreld vir my oopgemaak waarin my hoogtepunte is om te sien hoe mense terugdraai na God toe,” verduidelik hy.

Die sanger meen dat sy sterk stem maklik aanpas by enige genre en dat hy inspirasie put uit ligte klassieke musiek wat hom rustig maak. Hy sonder kunstenaars soos MercyMe, Casting Crowns, Josh Groban,  en Leon Ferreira uit as sy gunstelinge.

As hy nie sing nie, is hy ’n motiveringspreker wat mense help om hulle pyn te verwerk.

Hy verklap ook dat hy ’n perfeksionis is, wat krities is op homself en sy werk en nie ’n projek sal afteken as hy nie heeltemal tevrede is nie.

Tans werk hy hard aan nuwe musiek en het hy reeds ’n Engelse liedjie in die pyplyn, waarmee hy die internasionale gospelmark wil betree.

Oor die jare, het die musiekbedryf hom geleer om getrou te bly aan wie hy is en om uit sy foute te leer.

Toe kom Jesus is ’n liedjie wat by oud en jonk sal aanklank vind en die potensiaal het om mense se lewens ten goede te verander

Olka Bolka het bietjie met Gideon gesels:

Vertel ons lesers waar jy gebore en grootgeword, waar bly jy tans?

Ek is gebore in n’ klein myn dorpie genaamd Randfontein

Daar groot geword en besluit om my vlerke te sprei. Baie jare in Pretoria gewees en besluit om te bly in die Oosrand waar ek nou al 8 jaar is.

Wat het jy na Matriek gedoen?

Besluit om in verkope te gaan en besigheids bestuur te studeer en sing sing sing.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek is tans n verkoops Direkteur van n korporatiewe maatskapy. Sodoende doen ek ook motiverings spreking en life coaching. Ek doe nook besigheid opleiding met baie aspekte wat ons terug na “back to basics” vat.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Ek het tans 2 nuwe enkelsnitte uit

Die lied is geskry vir die heedendaagse gevoelens waardeur die mense gaan. Almal dra swaar aan hulle laste. Net toe jy dink dit kan nie slegter gaan nie, toe kom Jesus en hy sê vir my; Hy is die waarheid, die we gen die lewe. Solank ons vashou aan daardie belofte sal ons enige iets kan vermag!

Skryf jy self jou liedjies?

God praat, ek skryf! I am just the scribe and Jesus is the author.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Verseker, die boodskap op elke lied is uniek en straal God se grootheid uit! 1. Wag vir die antwoord, 2. Toe kom Jesus, 3. All about you Jesus, 4. Every day with Jesus, 5. Less of me, 6. My soul will be joyful in the Lord…

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Ek het glad nie n voorkeur nie. God se word kom uit in die relevante taal waar dit nodig is.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek is net ek, n mense mens! Help altyd graag waar ek kan. Ek het egter n groot liefde vir mense en hou daarvan om te sien hoe mense beter weergawes van hulself word! Ek love dit om mense te sien lag, dit is immers die medisyne vir swaar voel dan nie?

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Gospel, Ligte klasieke musiek en dan die rebel in my; ROCK

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek is n absolute TOYOTA Fan!

Wat inspireer jou?

Om my hemelse Vader se erkening te kry. Wat ek doen is net vir Hom.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Eerstens hier by ons sal die saam Leon Ferreira wees. Ek het n groot harts respek vir daardie seun van God! Buite land sal die absoluut MercyMe wees. Ek dink Bart Millard is genial met musiek!!!

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is besig om my album te finaliseer en te voorsien dat dit elke mens se ore tref! Die boodskap moet uit!

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

Om soveel gemeentes te kan besoek en God se boodskap oor te dra deur my musiek.

Om mense te help sien hoe God eintlik in die besigheids wereld in pas deur my motiverings spreking.

Wanneer verjaar jy?

Elke Jaar! ….. 😊 10 Maart

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek  

Ligte Klasieke rock

Band

MercyMe

Gunsteling liedjie

Say I won’t – MercyMe

Loving my Jesus – Casting Crowns

Awake – Josh Groban

February song – Josh Groban

In her eyes – Josh Groban

Rolprent

Top Gun

Akteurs

Liane Heyl

Liam Neeson

Liv Tyler

Reeks

Chigargo Fire

Kos en drankie

Vleis, Slaai en Sparkling water

Ontspanning

Komponeer, Kitaar speel en Karate

Boek

Good to Great

Kleur

Blou met al sy skakeurings!

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Oneerlikheid

Boelies

Ford 😊

Seer wat mense aan mekaar doen

Waar kan mense jou kry en volg?

www.gideonstee.co.za

Facebook

Instagram

iTunes

Deezer

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:

DNA Musiek

dna.musiek@gmail.com

061 415 7737   |   081 804 6670

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →