Daar is baie kinders wat ’n passie het vir skryf. Omdat Skryfnet nie net opleiding en kundigheid tot volwassenes wil beperk nie, bied dié Afrikaanse skryfskool op 11 Februarie 2023 ʼn opwindende skryf-werkswinkel vir skoliere aan.

Laat Christien Neser jou kind leer skryf in 2023
Kinders wat passievol is oor skryf, sal baie waarde put uit die Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere-werkswinkel wat van 09:00 tot 15:00 by Maroela Media se kantore by die Voortrekkermonument plaasvind.
Hierdie eendagwerkswinkel, aangebied en ontwikkel deur die gewilde skrywer Christien Neser, is ʼn praktiese en prettige leersessie wat speletjies, oefeninge en skryfsessies insluit.
Dit is ideaal vir skoliere wat hul kreatiewe skryfspiere wil losmaak.
Slegs ʼn beperkte aantal plekke is beskikbaar, so leerders moet vinnig spring om teleurstelling te voorkom!
Klik hier om kaartjies te koop.

Die werkswinkels vind vanaf 09:00 tot 15:00 plaas.
Kaartjies kos R700 per persoon, sluit ’n ligte middagete én ’n sertifikaat van deelname in. Afslag is beskikbaar vir groepe groter as 5.
Vir meer inligting oor elke kursus, besoek ook Skryfnet se webwerf, stuur ʼn e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.
Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.
