VOETSPORE…

WEERGALM !

Oor die wêreld weerklink
die liedere . . . . .
In die winkels weergalm
die woorde – in haastige ore – n Seun is vir ons Gebore !

Almal is – O so FEESTELIK !

Rooi en groen en blink !
n Babatjie in n Krip –
dis lékker om aan
n Babatjie te dink !

Almal voel so GEESTELIK !

Ag, dis so LEKKER !
Soos n WEKKER wat gestel is,
trek die wêreld
sy FEESbaadjie aan.
Laat staan alles –
maak voorsorg vir die VLEES !

Genoeg koekies,
genoeg vleis.
Gemmerbier en ys.
Genoeg poeding,
genoeg rys.

Genoeg presente,
Nuwe klere,
ons moet darem wys
ons is ordentlik !

n Bietjie lees.
n Bietjie bid.
n Bietjie stil sit
aan die end van die Jaar.

Dit is net betyds !
Ons is óp !
Ons is gáár na hierdie Jaar !

Brood en visse
Brood en wyn.
EK kan nie kompeteer
met die Eksotiese disse . . . .

Dorings vir n Kroon
n Klip vir n Kussing.
n Donkie om op te ry.
Net 12 sien kans
om by My te bly.

Ek staan en kyk.
Alles is so mooi en blink !
Ek sien hoe vrolik
word die drankies geskink –
die glasies geklink –
die geskenke gegee . . . . .

EK het GETALM.

EK wou My BROOD
met jou deel . . . . .

EK het GEHOOP
jy sal opstaan
uit die DOOD . . . . .

n SEUN is gebore

n SEUN het gely

n SEUN het opgestaan

en VRA

DINK JY OOIT AAN MY ?

In die Hemel – eendag . . .

In die Hemel – eendag,
gaan ek nie meer huil nie.

U sê, dit is nou genoeg.
Genoeg gewroeg,
genoeg geswoeg.
EK weet jy is baie moeg.

In die Hemel, eendag,
as alles verby is,
en ons klaar gely is,
gaan ek LAG.

Want alles in die Hemel
is SAG
en waar
en rein
en bly.

Ek kan nie wag,
want hierdie wêreld is seer.
Ek staan in n Tranemeer . . . .

My trane is sout –
dit maak my oud.
Dit brand die wonde
veroorsaak deur monde
wat dood spreek.

Ek weet nie meer
hoe om te bid ni.
My woorde is op.

Ek kan nie gaan sit nie.
U sê ek moet staan.

O Vader,
ek is so moeg gehuil !
O Vader,
alles is so vuil !

O Vader,
ek is so gedaan !
O Vader,
ek wil Hemel toe gaan !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →