
KOM BY !
Maak GEREED !
Tyd is afgemeet.
Word STIL !
Soek My Wil !
Hê BEROU !
Nou gaan nie
vir ewig hou.
Maak VREDE –
met jou verlede
en jou hede.
PRYS jou Skepper –
net Hý kan jou
die Regte Pad WYS !
VUL jou lamp
en
Sy Engele sal om jou kamp.
BID sonder ophou –
Vader sal jou REGOP HOU !



TYD . . .
Tyd is nietigheid
Na elke nag
volg n nuwe dag.
Die eeue rol in mekaar in –
kom en gaan,
lê en opstaan . . . . .
Wie ken die begin ?
Wat is die sin
van al die geskarrel ?
Wanneer hou dit op ?
Wanneer gaan dit stop ?
Wie weet waar
die waarheid lê ?
Kan iemand sê HOEKOM ?
Wat wil die eeue aan ons sê ?
Het ons geleer ?
Weet ons nou meer ?
Is ons reiner – heler –
slimmer – beter ?
Bring elke dag nuwe krag ?
Weet ons nou
hoe om meer te lag ?
Dae gallop soos perde verby !
Elke dag nóg ure –
verniet gekry !
Elke dag nóg woorde
tussen jou en my . . . . .
Deur die eeue weerklink Sy Stem !
EK is die BEGIN !
Kom na My en kry
die WATER van die LEWE
verniet !
EK lei jou IN !
EK IS – die blink môrester !
EK IS – die laaste sin !



VLIETEND
Nog n JAAR verby !
n Jaar se herinneringe
staan in my kop
in n ry . . . . .
n Jaar se seer –
n Jaar se BLY –
spoel in golwe deur my !
Party wil ek uitskuif
en dit net uit die pad uit kry!
Dit was net té SEER !
Mag dit nóóit weer gebeur !
Ander kan ek
darem hanteer . . . . .
Ek BESIN . . . . .
Aan die end van n jaar
moet n mens mooi dink –
Waar het alles BEGIN ?
WAARHEEN is ek op pad ?
WIE kan ek saamvat ?
WAT is die moeite werd ?
As ek so dink
aan die verspeelde kanse,
aan mense wat ek
NOOIT WEER sal sien –
val my skanse !
Ek WEEN !
ek treur –
dit is baie SEER !
Wees my Genadig, o Heer !
Ek wil wéér probeer !
Wees my Genadig asseblief!
Nie omdat ek dit verdien nie
– net –
OMDAT U GENADIG IS !

