
EEN
My doel van my lewe
is om EEN met U te wees.
Een in liggaam en gees.
So nou saamgesnoer –
so in U geabsorbeer,
dat U meer en meer word –
en ek verdwyn . . . . .
Ek wil so EEN met U wees,
dat U deur my skyn,
en U lig die pyn
van die wêreld aan kan raak.
Ek wil U LEEF !
Ek wil U WEES !
Ek wil IN U verdwyn !
Ek wil VIR U huil –
Ek wil IN U skuil . . . . .
Ek wil met U verenig,
Een van siel
een van sin.
Ek wil EENdragtig
volhard in die gebed . . . . .
God is EEN
en Sy Naam is EEN.
U Naam is in my ingrafeer.
O Vader – U word meer en meer !
Ek dra U Naam
soos n Fakkel
waar ek gaan.
U Naam is IN my ingesny !
Dit is seer –
wat n voorreg
om saam met U te ly !



LAMP
Ek is n LAMP.
Hoe kan ek skyn
as ek nie
U Wyn in my het nie ?
Die lug is blou.
Die wolke is wit.
Vas is die Woord
waarop ek staan.
Water blink
Riool stink
Suiwer U Wet
wat ek in my hart het.
Blomme is mooi.
Bloed is rooi.
Vals is die wêreld
in kersliggies getooi.
Die aarde roteer.
Die mense word meer.
U is in beheer.
Die wêreld is in barensnood!
Sonde maak die mense dood.
U is Lewe, U is Lig.
Alles verval !
Hol klanke skal !

Die Lied van die Skepping
is Soet,
goed is dit om te luister
na die voëltjies wat sing . . . . .
Sag is die Vrede
wat die ruising van die wind
in die blare bring . . . . .

Die Einde –
die einde
die einde is hier !
Nou kan ons Fees vier !
Kom, laat ons sing
en hulde bring !
Die Einde op aarde –
IN U –
is die BEGIN !



JOU LAMP
Jy het nie tyd
vir My nie.
Ek staan in die ry
om n afspraak
by jou te kry.
EK wat jou geskep het,
wat jou kunstig geweef het
in jou moeder se skoot . . . . .
EK het LEWE
aan jou gegee . . . . .
EK weet
wanneer gaan jy DOOD.
EK het TYD gemaak –
maar mense maak nie tyd
vir MY nie.
Hulle het nie n sáák
met MY nie !
Hulle is besig met
hul familie,
hul bediening,
hul werk,
hul vriende,
hul geld.
Tyd is nietigheid.
Altyd is EWIGHEID.
Jy het baie mense
om te bedien –
maar jy moet MÝ EERSTE sien !
Elke oggend klop EK, “Maak asseblief OOP . . . . .
Praat met MY
vóór jy die dag inloop !”
Wat het Daniël gedoen ?
Hy het by MY voete gesit
vóór sy VUURDOOP !
In die vuur
het sy gesig en klere geblink
want hy het EERSTE
aan MÝ gedink.
Dink n bietjie hieroor . . . . .
het jy nog tyd
om MY stem te hoor ?
PASOP !
Jy is te besig
met die dinge van jou Vader,
jy hoor nie meer
as HY sê “KOM NADER !”
Waarmee vul jý JÓU LAMP ?
Met vergaderings – n kamp
vir siele wat gered moet word ?
Ook húlle is in MY Hand !
Soek EERS MY Koninkryk
en Sy Geregtigheid . . . . .
Verdeel jou tyd REG,
dan sal EK jou tyd rek
tot in EWIGHEID !

