VOETSPORE …

EK SIEN . . . . . . .

Ek SIEN

n Donker Wolk. . . . . .

Die donker wolk

       hang

oor die volk.

DIT IS DIE DOOD.

Die volk

hang

aan n draad.

Dit is die draad

     van

 G E B E D.

Die volk is

      in

die   bed. 

Die volk is

      in

die N O O D.

Die volk weet

        nie

dit is L A A T.

Die volk wil

       nie

O N T W A A K.

Wagters op die mure
tel die ure . . . . . . .

Wagters op die mure
spreek die vure . . . . . . .

vir die wat ore het !

Die ROOI DRAAD

         van

G E L O O F

         het

Ragab gered.

G E L O O F

       en

G E B E D

       is   al

wat die volk

    oor   het.

Ragab se ROOI TOU

     is  N  O  U

            A L

wat die volk aan die

L E W E K A N H O U.

TREURGEDIG.

Ek staan verstom . . . . .
gee niemand dan om ?
Dit raas en rinkink
eet en drink . . . . . .

Ek is die “Village Idiot”
wat op my kassie staan –
MAAK GEREED –
DIE WÊRELD VERGAAN !

Die mense lag vir my –
stap verby . . . skud hul kop –
“Die arme sot . . . . !”

“Ag, niks sal gebeur !
Jou ou DOEMPROFEET !
Los ons !
Ons wil niks van jou weet !”

Dood – toe onder die stof –
mummies wat rus
in die onkunde
van die eeue gesus . . . . .

Doof en blind !
Kan hul nie die Skrif
teen die muur lees nie ?
Het hul geen vrees nie ?

Die Vrees van die Vader
wat sê ” Kom nader !”
Verootmoedig voor My –
EK vergewe – EK maak vry !

Hoe verlore is jy
as jy nie eers weet
HY sê
jy gaan agterbly !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →