
Vir Oulaas !
Ek hik en stik nog
aan die Ou Jaar –
dan is die Nuwe Jaar
reeds daar !
Dis te gou !
Ek is nie GEREEEEED nie !
Ek voel soos n boom
wat elke tweede dag
moet verblaar !
Ek wou nog bietjie regpak
en n bietjie opgaar . . . . . .
Ek wou nog herbesin,
en ek wou nog SPAAAAAR !
Ek wou nog . . .
Ek wou nog . . .
Ek wou nog . . .
MAAAAAR
nou is die Ou Jaar Klaaaaar !
Ek grýp na hom !
As ek hom net
nog één keer
in die hande kan kry !
Tik – tik – tik
sê die wysers
van die wekker . . . . .
Nee – NEE – NEEEEE !!!
Dis nie lekker
as dae – weke – maande
soos n weghol skaatsplank
onder my uitROL !!!
Ek HOL agterna –
hygend en stokflou !
Hokaai n bietjie !
Rem n bietjie !
Kan jy nie sien
ek is op pad na jou ???
Alles is te gou !
Ek wou nog iets belangriks
vir iemand belangrik sê . . . .
Ek dink ek het iets belangrik
verlede jaar laat lê . . . . .
Ek wou nog
iets BELANGRIKS DOEN !!!
Van nou af gaan ek net sit
en saamry –
want ek hou nie by !
Die volgende rit
hou ek net vas
en kyk waar bring dit my !
Ek besef NOU
ek kan nie aan tyd VASKLOU
Tyd is dryfsand . . . . .
tyd is aan níemand se kant !
Elke dag ontvang ek
n skoon bladsy
in my hand . . . . .
Ek is DANKBAAR
vir Laas Jaar !
Ek wil vir Oulaas
DANKIE sê . . . . .
Ek is GESPAAR
vir nog n JAAR !!!

