Francois van Zyl stel nuwe digbundel, Veertig, vry

Na afloop van die sukses van “As kombi spieëltjies kon praat”  in 2019, die eerste digbundel deur Francois van Zyl is hy terug is 2022 met ‘n splinternuwe bundel getitel “veertig”

Wooord en nuwe oomblikke vasgevang oor die laaste drie jaar maar in geheel oor 40 winters en 40 somers. Die nuwe bundel spreek oor die roue eerlikheid van menswees, die wroeg oor die dinge in die lewe, sowel as die mooi en die hartseer tussen in.

Veertig is ‘n bundel wat opreg eerlik is uit die pen oor daaglikse oomblikke oor die die lief, die leed en alles tussen in. Die vrae wat so baie mense mee worstel en nie altyd die antwoorde voor het nie, kom duidelik voor in die nuut geskryde eerlikheid van hierdie bundel. Interne ondersoek is die ondertoon van hierdie uitgawe oor die menswees, wat strek van kinderjare oomblikke tot roetes van verlies en waarheen vorentoe.

Francois van Zyl is gebore in die dorp Sasolburg in die Vrystaat in Desember, 1981, skool gegaan by Laerskool Fonteine en gematrikuleer by HTS Sasolburg. ‘n Nasionale Diploma in Kuns & Joernalistiek studeer by Unisa. Tans  bemarkingsbestuurder vir ’n koffie-roostery met 17 jaar ondervinding in die veld van foto en videografie en as klank-ingenieur. Regisseur  en redigeerder van twee films asook kamera-operateur van verskeie TV-program opnames. Verskeie van sy gedigte is al gepubliseer in gedrukte publikasies. Sy liefde vir musiek en digkuns kom al van kleintyd af. Motiveringspreker, “stand-up comedian”, musikant, grafiese kunstenaar,  videograaf/fotograaf, marathon-atleet en 6 ultra-maratonne onder sy belt vorm deel van sy biografie.

Olka Bolka het ‘n lekker onderhoud met Francois gehad, hy is baie veelsydig!

Jy is ongelooflik talentvol en baie kreatief, watter deel geniet jy die meeste?

Die beste gedeelte is om te kan kreatief wees, om te skep en deur die proses te gaan, jou eie grense te verskuif en soms nuwe maniere en tegnieke probeer, myself daardeur uit tel eef en dan te sien wat die uit einde gaan wees.

Vertel kortliks van die TV Programme en Rolprente waarby jy betrokke was.

In 2006 het ek ‘n vriend besluit om ‘n kortfilm “influence te maak, waarvan ek een van die kameramanne was asook gedeelte van die redigering gedoen het en in 2008 het ek die teks geskryf vir ‘n uurlange storiefilm “80 Minute” waarvan ek ook die ek een van die kameramanne was asook gedeelte van die redigering gedoen het.

Vanaf 2020 is ek betrokke by ‘n Kyknet Produksie Net Koffie wat tot op hede oor drie seisoene gestrek het, waarvan ek een van die kammeramanne was en gehelp het met die tegniese aspek.

Wat is jou beroep?

Ek doen bemarking en handelsmerk vir ‘n roosterhuis Coffee Excellence wat insluit grafiese ontwerp, foto en videografie.

Jy skryf gedigte, hoekom het jy die genre gekies?

Om eerlik te wees, ek dink nie ek het dit gekies nie, dit het my gekies. Daar was nie ‘n spesifieke oomblik of dag nie, dit het as van nature sommer self gebeur.

Soos ek nou daaroor dink, van kleintyd af het ek ‘n spraakprobleem en die gedig genre het latere jare my ‘n stem begin gee om sodoende myself te kan uitdruk en te sê hoe ek voel.

Het jy van kleintyd af al gelees?

Ek het baie gelees van kleintyd af, my gunsteling uitstappie as kind was altyd na die plaaslike bibleoteek. Boeke soos Otto, die Otters, die Swartkat en enige iets wat verbeelding veg was altyd saam huistoe gebring. Selfs geskiedenis het my gefassineer as kind en tonne boeke oor verskillende gebeure gelees.

Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste gedig?

Ek het eintlik eers met mening begin skryf toe ek begin studeer het in 2001 en in musiek begin belangstel het, van die eerste gedigte was in daardie tyd geskryf, as ek reg kan onthou was die eerste gedig “alleen ster oomblik”

Hoeveel boeke/gedigte het jy al geskryf?

Ek het tot op datum 2 digbundels geskryf; “As kombi spieëltjies kon praat” wat in 2019 uitgereik is en die nuwe bundel “veertig” wat einde 2022 uitgereik is. Deur al die jare se skryf is daar so min of meer 200 gedigte. Ek is ook tans besig om ‘n persoon se outobiografie te skryf wat nog gedurende hierdie jaar gaan gepubliseer word.

Watter tipe boeke lees jy?

Ek lees graag boeke oor geskiedenis en dan soms net iets lig op die gemoed. Ek vind ‘n outobiografie baie insegewend om te lees, want mense se stories fassineer en inspireer my.

Is daar ‘n boek/gedig wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?

In terme van boeke sou ek sê dat “die roepman” deur Jan van Tonder en “dit is hoe ek wil wees” deur John Ortberg is twee boeke wat defnitief ‘n groot indruk op my gemaak het.

As dit by gedigte kom, sonder twyfel “Rooiborsduif” deur Breyten Breytenbach, daardie gedig is in ‘n klas van sy eie.

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

Ek hou van sport, as ‘n toeskouer en deelnemer. Ek is impulsief (wat nie altyd goeie eienskap in my geval is nie) Ek versot op kos maak (en dit te eet), kampeer en stap. Ek het ‘n passie vir die kunste, musiek, skryf en ek het ‘n interesante sin vir humor.

Jy is ook ‘n musikant vertel ons meer daaroor?

Musiek was nog altyd deel van ons huis gewees, my ouers is albei muskiaal asook my suster. My ma het in kore gesing asook my pa en hy het saam Gé Korsten opgetree in sy jonger dae, so musiek was maar nog altyd deel van ons lewens. Ek sal nou nie myself ‘n musikant noem nie, dalk as ek meer daarop fokus en aandag gee sal ek beter wees as ‘n musikant.

Ek het tydens my student jare eers regtig in musiek belangestel, ‘n vriend wat ek in daardie tyd ontmoet het, is ‘n baie goeie musikant en deur hom het ek so bietjie begin kitaar speel en so het die liedjies begin gebeur en latere jare baskitaar ook geleer, maar die kitaar was nie vir my nie. Een aand in 2009 het ek by ‘n vertoning van Stef Bos my hart verloor op die klavier, want dit was net vir my die mooiste klank en van toe af is dit die instrument van my hart. Ek skryf liedjies en speel klavier oor dit vir my lekker is en ek dit geniet asook die proses wat dit neem om die twee bymekaar te bring.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Dit is ‘n moeilke een om te antwoord, almal wat my ken weet omtrent alles van my. Die een ding wat heel moontlik niemand weet nie is dat as kind het ek ‘n baie goeie verbeelding gehad en my droom was om vir die Springbokke of Proteas te speel en so het ek op my eie in ons erf my eie rugby en krieket spanne op gemaak met vriende en kennisse wat saam met my op skool was en so het ek “one-man-team” sport toernooie gespeel. Van rugby tot krieket teen myself buite gespeel met telkaarte en toere en as ek vakansie tye na my ouma op die plot gegaan het, het ek gespeel ons “span” het op toer gegaan en daar gaan speel en so het ek my verbeelding uitgeleef.

Wat inspireer jou?

Oomblikke inspireer my, ek is iemand wat leef vir die oomblikke van die lewe. Vir my is daar altyd ‘n tikkie inspirasie uit enige oomblik, of dit nou ‘n goeie of ‘n slegte oomblik is.

As jy met enige iemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?

Dit sal defnitief my pa wees, hy is in Mei 2021 oorlede en een koppie koffie sal genoeg wees, want daar is baie dinge wat nooit gesê was of oor gesels was nie. Oomblikke wat nie gedeel was nie. Ek sou wou jammer sê oor sekere dinge en net wou gesels oor die goeie dae en die tye wat saak gemaak het.

Wat is op jou emmerskoplys (Bucket List)?

Die lys is eintlik eindeloos. Ek wil nog teater werk doen, die groot ses maratonne van die wêreld hardloop. My eie restaurant oop maak. Die Comrades onder nege ure klaar maak en iets doen wat iemand se hele lewe vir die beter verander vir altyd.

Jy het al 6 ultra-maratonne gehardloop, wanneer het die gogga gebyt?

Die storie begin eintlik van kleintyd af, die comrades was maar altyd deel van ons lewens, ons het elke jaar vroeg opgestaan en die wegspring gekyk en dan die hele dag gesit en kyk hoe van die wenner tot dat die skoot tydens die afsny klap. Ek het op skool bietjie gehardloop, maar niks ernstigs nie en toe na ‘n gesels eendag met iemand in 2014 oor “bucket list” het ek gesê dat die Comrades nog op my lys is en wat toe begin het as ‘n wettenskap het toe die reis begin, ek het in 2016 misluk om te kwalifiseer vir die Comrades en toe weer van voor af begin en toe daarin geslaag om in 2017 tot 2019 beide die Two Oceans en Comardes te voltooi.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek sal nog graag ‘n musiek album wil uitbring en die doel is om elke twee jaar ‘n nuwe digbundel uit te bring. Die maak van ‘n vollengte film was nog altyd iets wat in my hart gebroei het en sal graag my hand daaraan wil probeer.

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Jazz en Blues is ‘n goeie voorkeur en afrikaanse musiek, afrikaanse musiek wat hart en siel het, selfs met ‘n rock beat daarby.

Sanger / Sangeres

Sanger is Johannes Kerkorrel en Sangeres is Lize Beekman

Rolprent

Elizabethtown

Akteur / Aktrise

Akteur is Adam Sandler en aktrise is Kirsten Dunst

Kos en drankie

As dit by kos kom, hou ek daarvan as ek in ‘n ander land is om hulle kos te probeer, maar daar is niks soos braaivleis en potjiekos.

By drankie is dit defnitief ‘n goeie “Whiskey on the rocks” en ‘n Flat White.

Ontspanning

‘n Goeie fliek / reeks of ‘n vleisie op die kole saam vriende

Boek

Die tyd van die kombi’s deur Koos Kombuis

Vakansie bestemming

Enige plek waar die see is

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge

As iemand laat is vir ‘n afspraak, olywe, om te sien as iemand swaarkry en blik-koffie

Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop.

Die prys van die nuwe bundel is R150.

Die bekendstelling van Veertig het plaas gevind op 26 November by Kunstedraai in Vanderbijlpark.

Facebook: @francois.zyl.33

Instagram: @frannafunzyl

Epos: francois.vanzyl81@gmail.com

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →