VOETSPORE…

Ps 91 – Jaar

Ek is een,
maar U Engeleskaar
van 90 Engele
kamp om my heen.

Getrou hou hul
hul arms om my,
getrou bou hul die muur
waarbinne ek bly.

Ek is een wat roep –
90 Engele staan gereed
om my te soek.

Ek is een wat kreun –
90 Engele is gereed
om my te ondersteun.

In die stryd
is ek níe alleen !
90 staan reg
om sáám met my te veg !

99 skape
sal die Herder los,
om die een te soek
verdwaald in die bos.

Een verlore penning –
een verlore skaap.
90 Engele wat nóóít slaap
word uitgestuur
om een kind in te bring.

90 Engele sing saam
as die verlore kind
weer in Vader se Arms staan.

Een penning
van die arm weduwee
was genoeg.

10 Manne was melaats
Hul moes vér weg bly staan.
“Jesus, Meester, wees ons barmhartig!”

10 is genees . . . . .
een het teruggegaan,
en hy was n Samaritaan !

Een sondaar – tollenaar
is so desperaat
dat hy in n boom klim,
en hy en sy hele gesin
word ingebring !

Een Man
het in die middel gaan staan
Een Man het die hele wêreld
se blaam gedra.

Een mosterdsaad
kan n hele berg skuif . . . . .

Een mens, wat wáárlik GLO,
ontvang ál die Mag en Krag
van ons Vader,
en ál Sy Engele daarBO !

KWALITEIT

My Kernwoord hierdie Jaar
is KWALITEIT.
Elke oomblik is kosbaar –
jy kan dit nie opgaar !

Ek het nie tyd om te mors
op mense se
nydigheid
jaloesie
en suinigheid.

Skinder –
kleinlikheid,
luiheid –
gemeenheid
en oneerlikheid,
word by die deur uitgesmyt !

Kwaliteit in wat ek eet –
kwaliteit in wat ek doen.
Kwaliteit geselskap
kwaliteit woorde . . . . .

Alle oorskiet
alle afval,
alle lankal – verval –
ook in verhoudings,
gaan ek hierdie jaar
van die rak afhaal !

Slegs dit wat Ewigheids –
SIN maak, gaan ek hou.
Slegs kwaliteit gedagtes
en dade wil ek behou !

Ek het Wysheid nodig
om kwaliteitkeuses te maak.

Ek het Geduld nodig
om moed te hou,
as ek in die lewensreis
agterraak.

Ek het Volharding nodig
om nie my
Kwaliteitbeginsels te versaak.

Ek is nou oud –
ek stel nie meer belang
in Klatergoud !

Elke tree maak saak !
Elke woord – elke besluit
moet die woord
Kwaliteit aanraak !

Ek wil n Kwaliteit – Vriendin wees ! My Lojaliteit en Vriendelikheid n vaste vesting van hoop.

Ek wil n Kwaliteit – Mens wees,
wat sonder vrees
n Kwaliteit – Lewe lei,
geborge in my Vader
wat sorg vir my !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →