
God is die antwoord.
Blomme kan nie
teen afgronde groei nie.
Lelies kan nie in
droeë damme bloei nie.
Die son kan nie
in die nag skyn nie,
sonder liefde kan
geen pyn verdwyn nie.
Klippe is
swaarder as lig,
eensaamheid is
n swaar gewig.
Stukkend is
baie seer,
veral as dit
weer en weer gebeur.
Vriendskap is
n goue draad,
n skans wat help
teen woede en haat.

Stilte is
n sagte krag,
geloof die lig
in n donker nag.
In die oggend word lig
uit die donker gebaar,
vrede en vriendskap
uit die nag se swaar.
Blomme moet water kry
om te kan groei,
riviere kan nie
in woestyne vloei.
Net God kan
hierdie wonders laat gebeur.
Net God
is die antwoord
op al hierdie seer.



Kyk na . . . . . .
Kyk na die wolke,
hulle sweef so vry,
maar eintlik is dit
die wind se waai
wat hulle stuur en lei.
Kyk na die voëltjies,
hulle is so bly,
omdat God se Genade
hulle lei
waar om kos te kry.
Kyk na n baba,
so klein en broos,
kyk na n oumens,
so gedaan en voos.
Altwee RUS
in God se Hand,
altwee word bewaar
deur Sý verstand.
Kyk na jou
en kyk na my . . . . .
Wat sien jy ?
Ek sien twee mense –
seer en moeg,
wat wroeg en LY,
maar aanhou weet
en aanhou GLO –
GOD – GEE OM VIR MY !

