
DÍE BOEK
n BOEK vol woorde . . . . .
Klinkers – klanke
in woorde saamgebind.
Die Woorde van die Ewige Lewe,
wat tot in die Ewige Lewe weerklink !
Klanke is die stene
wat die woorde bou,
woorde wat my lewe
bymekaarhou.
n Boek vol klippe -.die pad na die Ewige Lewe.
Dit rol oor my lippe,
maak leë harte vol.
Woorde vorm water
vir siele wat DORS.
O Vader, help my
om nie n druppel te mors !
Woorde wat STIL lê
op die blaaie van n boek,
onoopgemaak –
is ontoeganklik
vir honger siele wat soek.
O Vader
pak U Woorde netjies
in my in,
net reg om op die régte tyd
te ontgin.
Maak U Woorde LEWEND
deur my mond,
maak die siek mense
deur U Woorde gesond.
Klanke – klinkers
vorm deure en mure,
bou huise wat vir ewig staan
vul leë ure.
MAAK DIE BYBEL OOP !
Die Woorde, stil op die papier, staan OP
en kom UITGELOOP !
Nooít weer
toegesluit – weggesteek –
stap in dooie harte in,
gee LEWE – gee HOOP !
U roep U Weermag op !
STAAN OP !!!
n Lewende Leër wat
op die ritme van
GEREGTIGHEID regeer !
Geklee in WAARHEID –
gevul met U GEES,
word elke Woord n spies
en n lans,
om elke mens weer
n kans te gee !
U WOORD deurboor
die hardste hart,
vloei in leë harte in
om verlore siele
terug te bring.
Woorde wat LEWE skep
Woorde wat VREDE gee . . . .
STAAN OP !
My lippe is die pad
waardeur U
LEWENDE WOORD gallop !



Enigste Hoop.
Die wêreld bloei.
Die wêreld treur.
Koninkryke word
uitmekaar geskeur !
Mense soek.
Mense het seer.
Mense ROEP –
“Ek kán nie meer !”
Skoorstene SPOEG
rook en roet !
Is daar nog HOOP ?
Is daar nog GOED ?
Listige planne
in Raadsale beklink,
wil honger en verwoesting
oor die aarde uitskink !
Wat moet ons
van díe dinge dink ?
Wat moet ons
van díe dinge sê ?
Ons moet STIL word
en weet – dat –
ons ENIGSTE HOOP
in ons SKEPPER lê.

