VOETSPORE…

WONDE

Ons het almal
soveel wonde . . . . .
Dit is binne,
waar niemand sien nie.

Ons monde is toe . . . . .
Ons weet nie hoe
om by die wonde verby
te lewe nie !

As ons ons weer kan kry,
dan is een weer daar !
“Jy is nog nie kláár met my!”
Ek kort nog huil –
ek kort nog troos –
ek voel nog broos !”

Om te genees
kort n wond lug.
Moenie hom wegsteek
tot die sug uitloop nie !

Díep wonde ontstaan
as dit mense ontgaan
om LEWE te spreek.

Wonde neem tyd
om mooi te genees.
Sommige se letsels
sal ons áltyd wees laat voel.

Wonde is teer . . . .
Hang n bordjie om –
“Mý moet jy
VERSIGTIG hanteer !”

Wonde word deur mense
se monde en dade veroorsaak, wat ongebonde
klippe en messe na ons gooi

In sulke tye
klou ek net aan
my Skepper
my Herder
my Groot Geneesheer . . . . .

Hy is AL EEN
wat my die moed gee
om WEER te probeer !

GodsDIENS

Is dit GodsDIENS
as jy een keer n week
na die diens toe gaan ?

As jy selfgenoegsaam sê –
ek is nie beskikbaar
op n Sondag
om jou uit die put te trek !

Verdrink maar !
Sink maar !
Versmoor maar !

Ek is so rein,
ek kan DÉFINITIEF
nie nou my hande
met JÓÚ besoedel nie !

Kyk hoe lekker
sit ek jou op jou plek !
Dis hoekom jý probleme het,
omdat jy nie so HEILIG
is soos EK !

Ek meng nie eintlik
met sukkelaars soos jy –
wat sê hul glo,
maar Sondag wegbly . . . . !

Het jy jou hand uitgesteek
toe ek Brood vra ?
Het jy gehoor
toe ek Hulp vra ?

Vader SIEN my mos
vóór in die kerk . . . . .

Foeitog, weet jy nie
jy kan jou nie
in die Hemel ínwerk ?

Die Samaritaan
het uit sy pad gegaan
om MY wonde met sy
wyn en olie te bedek.

Sy Liefde en Genade
het hy VRY
gegee aan MY.

Jy sien net
jou eie EK !

Vader sê – “EK SIEN
jou voor in die kerkbank
waar jy My DIEN.”

EK SIEN My kind
wat buite in die modder verdrink –
EK HOOR hom roep –
EK SIEN hom sink!

EK HOOR hom pleit –
en EK besluit . . . . .

Jy is BLIND en DOOF
vir jou NAASTE . . . . .
Daarom is jy van nou af
by MY LAASTE !

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →