BEGIN DIE JAAR MET ’N SKRYFKURSUS!

As jou (of iemand in jou gesin se) Nuwejaarsvoorneme is om te leer skryf, is dit nou jou kans om in daardie doelwit te belê.
Bespreek nou vir een van Skryfnet se opwindende werkswinkels of skryfkursusse wat sommer vroeg in die jaar afskop!


Kreatiewe Skryfkuns vir Skoliere – 11 Februarie 2023
As jou kind graag wil skryf, of selfs hulp nodig het om die regte woorde te kry vir opstelle, is hierdie beslis nie iets wat julle moet misloop nie!
Hierdie Februarie kan leerders in ’n veilige en kreatiewe omgewing kom leer skryf by die gewilde skrywer, Christien Neser, by Maroela Media se splinternuwe kantore naby die Voortrekkermonument.
Klik hier om kaartjies te koop. Daar is net ’n beperkte aantal plekke beskikbaar vir hierdie kontaksessie.
Skryf ʼn Liefdesverhaal – 13 Februarie 2023


Valentynsdag en liefde gaan hand-aan-hand, so put inspirasie uit hierdie romantiese maand en pak daardie liefdesverhaal aan wat jy nog altyd wou skryf.
Hierdie praktiese kursus is ontwikkel deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, en word ook deur haar aangebied. Aan die einde van dié ses weke ervaring, sal die eerste drie hoofstukke van jou verhaal klaar wees.
Om jou plek te bespreek, klik hier.
Skryf ʼn Mediaverklaring – 17 Februarie 2023
Skryf ʼn Mediaverklaring is ʼn praktiese aanlyn werkswinkel wat ontwikkel is en aangebied word deur dr. Thalyta Swanepoel.


Dit rus deelnemers toe met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf wat nuusredakteurs se aandag trek en nié in hul snippermandjie beland nie.
Die werkswinkel vind regstreeks plaas vanaf ons ateljee by Akademia en mense van regoor die wêreld kan inskakel.
Om jou plek te bespreek,kliek hier, Gebeure en geleenthede – Die Winkel (akademia.ac.za). Daar is net ’n beperkte aantal plekke beskikbaar vir hierdie aanlyn sessie.


Inleiding tot kreatiewe skryfkuns – 27 Februarie 2023
As dit nog altyd jou droom was om te skryf, maar jy weet nie waar om te begin nie, is
Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns ’n goeie vertrekpunt.
Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer, prof. Hans du Plessis, en word aangebied deur Elzebet Stubbe.
Om in te skryf, Gebeure en geleenthede – Die Winkel (akademia.ac.za)


Vir meer inligting oor kursusse en werkswinkels, besoek ook Skrynet se webwerf,

Gebeure en geleenthede – Die Winkel (akademia.ac.za)

stuur ’n e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →