
Moeder is my naam.
Net soos ek is
kom ek na U.
Watse woorde kan ek sê ?
Watse dade kan ek
voor U voete neerlê ?
Al juwele wat ek
vir U kan bring,
is die Lofliedere
wat ek vir U sing.
Alles is in U Hand,
U hou alles in stand.
U wat alles skep,
U wat alles rig,
sien asseblief my aangesig
as ek na U roep.
Hoor asseblief my trane,
vee hulle asseblief af
met U Genadedoek.
Ek buig in aanbidding
voor U voete neer,
in stilte
pleit ek –
pleit ek –
pleit ek –
o Heer.
Moeder is my naam . . . . .
Trane is die pad
waarop my voete staan.
Trane is die woorde
wat ek nie meer weet
hoe om te sê . . . . .
Trane is al
wat ek oor het
om voor U voete
neer te lê.
U is die Boom
by die Waterstroom
van die Lewe.
Met baie blare
en baie takke
vir baie volke.
Ek is net een
Ek staan alleen
Ek ween alleen.
Wees my asseblief Genadig
en verander
my trane in Seën.
Ek is arm.
Ek is min.
U ARM is sterk
om die werk te volbring.






Die voëltjies is my maatjies
Die voëltjies is my maatjies,
as ek sien hoe hulle
die saadjies optel,
besef ek hoe baie ek het.
Dankie vir my voëltjiebad,
dankie vir my bed.
Dankie dat ek elke oggend
besef hoe LÍEF U my het !
Elke oggend kry ek n les
as ek na die voëltjies kyk.
Die mossies, so nederig,
maar ook snipperig !
Die duiwe, kalm en waardig –
voor hulle moet álmal wyk !
Die Indiese Indringers –
regte BOELIES –
selfgenoegsaam en eiewys !
Een ding het hulle in gemeen,
hulle jou van bad !
Winter of somer –
hulle lyfies móet nat !



Eers drink hulle water,
dan spring hulle in !
Hulle flap hul vlerkies
en wip en spring
dat die water spat !
Daar is REĔLS om te volg.
Wag tot dit jou beurt is.
Drink die skoon water,
wat BO dryf.
WAARDEER dit,
geniet dit.
Voel hoe dit jou lyf verfris.
Spring dan in,
en werskaf en woel
in die poel
wat BESKIKBAAR is.




Voel hoe heerlik koel
die water is,
en hoe GOED
dit jou laat voel.
Moenie AF kyk nie !
Ignoreer die ander voëls
se AFval,
dit gaan jou net SLEG laat voel.
Daarna kom die LOF en PRYS !
Sit in die son
en vladder jou vlerkies.



Sing n Vreugdelied,
Terwyl jy almal wys
hoe SKOON jy is !
n Suiwer VREUGDEKLANK –
maatpas op die noot,
borrel die vreugde en DANK
vir n Vader so GROOT,
wat my,
die nederige mossie,
raaksien.
En ek . . . .?
Ek buig in ootmoed
omdat my Vader
ook mý raaksien,
en deur die voëltjies
leer, hoe om Hom te dien !



