Neil Nachtrein stel sy eerst enkelsnit van die jaar vry .

As aanloop tot Neil Nachtrein se bekendstelling van sy nuwe enkelsnit, het Olka Bolka eers ‘n onderhoud met hom gedoen.

Vertel ons lesers kortliks wie is jy?

Liedjiemaker, storiewewer, kitaartokkelaar, Vrystater.

Hoe het jy in die musiekbedryf begin?

ñ Open mic geleentheid het my ñ eerste voet in die deur gegee. Dit was by Die Waenhuis Teater in Bethlehem. Die eienaar het ñ klein booking agency op die kantlyn gehad en het daardeur vir my klomp optredes gekry. Kan seker sê dit was my vormingsjare op die verhoog.

Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?

Om musiek in lewende lywe voor mense te deel.

Om deur ons land te reis.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek doen pilates. (Hehe)

Om ñ goeie sanger of musikant of skrywer te wees is elkeen op sigself ñ voltydse verantwoordelikheid. Probeer dan groei in al drie daai vaardighede, terwyl jy rondreis, optredes doen, self klank doen, relevant bly op sosiale media, dit boonop alles speel tweede viool teenoor ñ gesonde huwelik en gesinslewe. So, wat op die ou end oorbly, is tyd vir ñ bietjie pilates.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

“Voer my vir die berge” handel oor die interne tweestryd tussen moderne lewe in die stad en ñ hunkering na ñ eenvoudiger lewe in die natuur. Ook dien dit as metafoor vir ñ geestelike woestyn, teenoor strome van lewe naby die Skepper. So, wanneer my vlees finaal terugkeer tot stof, voer my maar weer vir die berge.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

“Niks is meer ons eie”

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Afrikaans

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Singer/songwriters, veral die Iere.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek reken daar’s ñ rede hoekom niemand dit weet nie. My een voet is groter as my ander een.

Wat inspireer jou?

Musiek, boeke, stories, drome, swaarkry, mense, reën.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Damien Rice. In die hoop dat ñ bietjie van sy magic aan my sal afsmeer.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Nog nuwe musiek. Sal graag by soveel moontlik mense wil uitkom wat hou waarvan ek doen.

Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?

Dink twee keer daaroor en as jy mooi daaroor gedink het, dink weer daaroor. As jy steeds besluit dit is wat jy wil doen, moenie dat enige iets of iemand in jou pad staan nie. Maak seker jy glo in wat jy doen, as jy jouself nie kan oortuig nie, gaan jy niemand anders oortuig nie.

Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?

Het opgedaag in Laingsburg vir ñ show in Lydenburg.

Wat is op jou Bucket List?

Die Visrivier Canyon staproete.

Wanneer verjaar jy?

08 Augustus

Wat is jou gunsteling:

Musiek – Die regte musiek vir die regte geleentheid

Sangers – Jeff Buckley, Eddie Vedder, Paolo Nutini

Band – Counting Crows

Gunsteling liedjie – Sean Rowe – I’ll follow your trail

Rolprent – Braveheart

Akteurs – Tom Hanks, Mel Gibson

Reeks – The Chosen

Kos en drankie – Pizza en bier.

Ontspanning – Lees

Boek – Fiksie: Sunbird – Wilbur Smith

Vakansie bestemming – See of berge

Kleur – Aardse kleure

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Koue koffie

Pyn

Om te bestuur wanneer ek vaak is.

Genadeloosheid

Waar kan mense jou kry en volg?

Ek wil nie eintlik hê mense moet my kry of volg nie, maar as julle op hoogte wil bly van optredes en nuwe musiek, hou sociale media dop of epos ons by neilnachtrein@gmail.com

Vir meer inligting oor die kunstenaar kontak:

Danelle Liebenberg El Far

Starburst Promotions 071 534 7796

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →