Kry raad oor die skryf van liefdesverhale by Elsa Winckler!

Deelnemers wat inskryf vir die derde ronde van Skryfnet se gewilde Skryf ʼn Liefdesverhaal-kursus, wat op 13 Februarie 2023 afskop, sal nou ook die opwindende geleentheid hê om met Elsa Winckler te gesels!

Dié kursus wat deur die gesoute boekeredakteur en manuskripontwikkelaar, Madri Victor, ontwikkel is en aangebied word, skop oudergewoonte met ʼn regstreekse aanlyn verwelkomingsessie op Zoom af, waarvan dié gewilde skrywer gaan deel wees.

Tydens hierdie opwindende sessie sal deelnemers nie net waardevolle raad van Elsa ontvang oor die skryf van liefdesverhale nie, maar ook die geleentheid kry om vir haar vrae te vra.

Skryf ʼn Liefdesverhaal word aanlyn aangebied oor ʼn tydperk van ses weke. Dit is ʼn praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van liefdesverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou.

Daar word boonop gefokus op die vroulike perspektief en hoe ʼn skrywer in ʼn heldin se lyf kan klim. Die kursus maak deelnemers ook touwys hoe om liefdesverhale vir publikasie voor te lê.

Om jou plek te bespreek, klik hier.

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.

Die kursus kos R2 250 per persoon.

Inskrywings sluit op 10 Februarie 2023, so daar is nie meer baie tyd oor nie. Bespreek nou nou jou plek!

Vir meer inligting oor die kursus, besoek ook Skrynet se webwerf, stuur ʼn e-pos na navrae@skryfnet.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →