Belia Lourens is terug met ‘n inspireende kersliedjie vir Suid-Afrika. Gjee ons peace in hierie land”, is geskryf in Tsotsi-Afrikaans met Afrikaans as basis. Met als wat in die land gebeur meen die kunstenaar dat “peace” iets .

Belia meen dat sy altyd gevoel het dat musiek dieper strem as woorde. Sy was geinspireer om die gedigte van Frans van Rensburg te neem en te toonset. Hieruit het menigte produksies ontwikkel waar hulle saam opgetree het by feeste soos KKNK, Aardklop en Innibos. Belia het hierdie produksie ook gaan opvoer by die gevangenes en van hulle opgelei om saam met haar en Frans op te tree, as dissipels van Jesus. Hieruit het baie besprekings van kerke en gemeenskappe ontwikkel waar Frans as dramaturg opgetree het en Belia as sangeres. Die lied wat die kunstenaar egter die naaste aan die hart gelê het uit hierdie produksie was “Gjee ons peace in hierie land”.
Belia verklaar, “Dit kom daarop neer dat mense kans kry om weer nuut te luister na ‘n bekende evangelie”. Dis waarom die lied vir haar so belangrik is, en sy poog daarin om dit op so manier te vertolk dat elke word gehoor en verstaan kon word.
Daar was al baie hoogtepunte in haar musiekloopbaan. Soms was dit klein hoogtepunte op groot verhoë en soms grotes op klein verhoë. Haar eerste een was ʼn staande ovasie in matriek toe sy saam met die skoolkoor ’n solo-gedeeltes vertolk het. “Ek het die ‘veiligheid’ van ʼn groep gehad, maar het tog baie spesiaal gevoel,” sê sy oor haar ervaring. Op die einde van die dag is elke vertoning vir haar ʼn hoogtepunt en wil sy steeds ʼn traantjie pink met elke staande ovasie.
Die konsert-trein na die KKNK was onstuimig, maar lekker. Sy moes die ligte Afrikaanse musiek genre in lig-klassieke styl vertolk. Dis daar waar sy geleer het dat daar vir elke mark ’n gehoor is.
“Ek het ook die gedigte van die Tsotsi-Evangelie getoonset. Ek en Frans van Rensburg, die skrywer, het die land deurkruis en was by top produksies soos die KKNK, Innibos en ander feeste,” verklap Belia. Daardie selfde jaar het die album benoemings by Huisgenoot en die AMT gekry. Dit was egter ook ʼn groot verrassing toe Huisgenoot haar benoem het in die Beste Sangeres-afdeling.
Die vier jaar wat sy spandeer het as Manuel Escorcio se sangmaat, waar hulle meer as 200 konserte met die duet-vertoning, Sy en Satyn, gehad het, was baie leersaam en is iets wat sy altyd sal onthou.
Toe Belia, wat reeds agt albums op haar kerfstok het, ongeveer ses jaar oud was het haar oom haar geld betaal as sy vir hom liedjies gesing het. Dit was hoe sy bewus geword het van haar talent. Tydens sangperiodes op skool het sy meer woema ingesit as die onderwyser skuins agter haar gaan stilstaan het: “Ek wou nog altyd sing wat ek wou sê. In daardie klein skooltjie was ʼn jaarlikse operette en die vertolking daarvan altyd lekker. Musiekonderwysers speel ʼn ongelooflike rol in die lewe van ʼn kind.”
In die laat 90’s het die sangeres geworstel met depressie en was dit God wat haar sangstem terug gegee het. Na haar pa se dood het Belia sy droom probeer uitleef, wat uiteindelik haar eie droom geword het. Sy het Jerusalem by sy begrafnis gesing en dit het gelei tot die besluit om musiek haar loopbaan te maak. Sy het haar Unisa-graad eksamens gaan doen en haar opleiding in Stellenbosch ontvang.
“Sang en vertolking is ’n groeiproses en ek voel weer lus om solo op te tree. Dis vir my lekker om die gehoor op ʼn reis te neem en met ʼn hoogtepunt af te sluit,” deel sy. Syis konstant besig om te werk aan nuwe liedjies en verwelkom altyd die geleentheid om nuwe dinge te leer. Jare terug het sy ʼn mandolien van haar ouma geërf, wat sy gedurende die inperking afgestof en vir klasse gegaan het. Sy geniet dit om daarop te tokkel en iets nuuts te skep.
Die musiekbedryf het die kunstenaar geleer om te fokus op dit wat sy wil bied en om nie rond te dans om wat ander doen nie. Elke sanger is uniek en behoort hulle talente met selfvertroue vir die publiek aan te bied. Sy lewe volgens haar gunsteling aanhaling: “Liefde is my lewe, musiek is my asem”. Sy glo daarin dat ʼn mens jou eie gelukkige deuntjie moet kies, want dan sal jy vrede hê.
Olka Bolka het ook bietjie met Belia gesels.
Vertel ons lesers kortliks wie is jy?
Musiek was deel van my vormingsjare en was dus ‘n natuurlike uitvloeisel van wie ek is. Ek tree op onder die verhoognaam, Belia. Dit is lekker kort en kragtig en het my van om geen ander rede weggelaat nie. Tog vra mense dikwels na my van.
Hoe het jy in die musiekbedryf begin?
My pa het tragies verongeluk en ‘n belofte aan hom om te gaan vir sangopleiding was die eerste stap. Daarna het ek vasgehou aan dit waarmee ek as kind geidentifiseer het. Sangopleiding, CD’s, optredes….
Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?
Die optredes en interaksie met mense, is wat maak dat ek weer brandstof ingooi.
Wat doen jy behalwe musiek?
Tydens die Vroueoggende, tree ek ook op as motiveringspreker deur soorte blomme se eienskappe in verband te bring met tipe persoonlikhede. Ek het intussen ‘n liefde vir fotografie ontwikkel en spandeer baie tyd met my miniatuur perdjie.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Gjee ons peace in hierie land, is ‘n gedig geskryf deur Frans van Rensburg wat ek getoonset het. Is dit dan nie die hartsbegeerte van omtrent elke Suid-Afrikaner nie. Dis al wat ek wou bereik. ‘n Gebed vir Suid-Afrika.
Skryf jy self jou liedjies?
My repetoire bevat musiek en liriek uit my eie pen, maar daar is natuurlik ook ander treffers wat ek my eie weergawe maak.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Skepe van Jo-Black het ek in in die “luister-liedjie-mark” ingebring. Die vertolking is anders deur ‘n vrou, alhoewel ek steeds die trefkrag in my stem en die musiek behou.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Afrikaans is natuurlik my moedertaal, maar daar is geen ontkenning vir die engels nie.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Die gospel-mark lê my baie na aan die hart. Ek wil graag gehoorsaam wees en vind groot vreugde daarin.
Die luister-liedjie genre werk ook baie goed vir my en soms op aanvraag, is lig-klassieke werke ‘n voltreffer in my gemoed en andere.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek probeer hard om gesond te eet, maar faal soms liederlik.
Wat inspireer jou?
Wind en die see. ‘n Ligte koel windjie, maak gevoelens in my los en die melodie van die see vorm liedjies.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Moeilike vraag. Ek het so baie bewondering vir ander wat sing en die kombinasie van verskillende style werk ook goed.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Daar is definitief die jaar weer ‘n oorspronklike enkelsnit in die pyplyn. Vroueoggende en geestelike lofsang is my forte.
Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?
Wees nederig en werk hard. Jy is nooit groter as enige lied nie.
Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?
Ek het op ‘n bus na Oos-Londen geklim, ipv die een na Aardklop op Potchefstroom.
Wat is op jou Bucket List?
Israel
Wanneer verjaar jy?
14 September
Wat is jou gunsteling:
Musiek – Geestelik
Sangers – Hang af van my gemoed
Band – Parlour Tones
Gunsteling liedjie – We are all beautiful
Rolprent – Kringe in die bos
Akteurs – Sharlene Shirty Richards
Reeks – The Queen
Kos en drankie – Yskoue mango’s en ‘n “pink drink”
Ontspanning – Lees, musiek en fotografie
Boek – Die Laternswaaier – SD Fourie
Vakansie bestemming – Pearly Beach
Kleur – Blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Oneerlikheid
Selfsug
Narsisme
Dronk mense
Gjee ons peace in hierie land, is ʼn lied waarby baie sal aanklank vind, vir die eenvoudige rede dat dit Belia so na aan die hart lê.
VOLG HAAR OP:
Facebook – https://www.facebook.com/lourensbelia/
Instagram – https://www.instagram.com/lourensbelia/?hl=en
Twitter – https://twitter.com/lourensbelia
YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCTAClRVrrPY0IVX-4dWo_fg/channels
SoundCloud – https://soundcloud.com/belialourens
e-pos sing1@telkomsa.net
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT EN KUNSTENAAR, KONTAK:
Christien de Klerk: christien@embracethebrand.co.za