Romantiese komedie, Blouwyn nou op Jou Afrikaans stromings kanaal.

Borg nou die pragtige romantiese komedie op die stromings applikasie, Jou Afrikaans. Kry fantastiese blootstelling vir jou besigheid, MTN het Jou Afrikaans ook op hulle Ayoba applikasie beskikbaar.

Blouwyn is ‘n romantiese komedie-drama wat afspeel aan die Weskus met die  sonderlinge dorpie, Philadelphia, as die agtergrond. Sonja Poerstamper is ‘n aktrise wat sukkel om gevoelens te vertolk na haar egskeiding en voel gedruk deur haar huislike omstandighede  om net weg te breek. Sy besluit om vir ‘n kort tydjie haar tweeling suster se rol oor te neem as die pastoor in ‘n klein dorpie.  Haar pa, Anthonie, ook ‘n predikant, sukkel om sy vrou se mastektomie  te verwerk en sy gebrek aan kommunikasie  verwyder almal net verder van mekaar. Wanneer die lewens van 6 mense in die dorpie deel van haar verhaal word en haar verlede kom klop, word sy gekonfronteer met haar opgestelde idees van liefde, intimiteit en die “Tot die dood ons skei” sindroom.

BLU & YOUNG ENTERPRISE bied aan

‘n  I-LINE FILMS produksie

In samewerking met BATAHALE MEDIA

‘n Rolprent deur JOHNNY TAUTE

‘n Werklose aktrise vermom haar as die nuwe predikant aan die sonderlinge weskus dorpie,  Philadelphia. Maar as die lewens van 6 mense deel van haar verhaal word en haar verlede begin opvang, word sy gekonfronteer met haar opgestelde idees van liefde en intimiteit.

Die rolverdeling is ‘n geskikte mengelmoes van nuwe gesigte en gesoute akteurs. Liza Du Toit maak haar rolprent debuut in die romantiesekomedie-drama en beweeg gemaklik deur die emosies wat benogig word om die storie te dra. Renier Weideman is bekend vir sy rol in “Gebore talente” en bring die chemiese samestelling wat benodig word om Sonja en Lukas se verhouding geloofwaardig te maak .  Met Albert Maritz (Modder en Bloed) as die verkrampte prediker wat sukkel om sy vrou se stryd teen borskanker te verwerk, teenoor die komediese oomblikke van Charles de Bougenon (Vuil wasgoed) bly die gehoor verbind met ‘n eerlike vertolking van gewone mense. Euwelia Louw tree op die silwerskerm in met ‘n kragtige en natuurlike vertolking van ‘n verliefde weskus nooi opsoek na geluk en vrede. Blouwyn bring weer vars talent na die plaaslike film arenas toe.

DIE ROLVERDELING

LIZA DU TOIT

(SONJA POERSTAMPER)

SONJA POERSTAMPER word vertolk deur die energieke Liza Du Toit wat die rolprent met grasie en eerlikheid dra. Liza is beter bekend as ‘n Suid Afrikaanse model wat al moes instaan vir Charlize Theron in ‘n TV advertensie. Vir die afgelope dekade is sy gereeld te sien in plaaslike TV en advertensie borde. Sy is ook te sien in Binnelanders en The Wild. Blouwyn is haar eerste film hoofrol en sy vertolk dit met die gemak van ‘n gesoute akteur.

  RENIER WEIDEMAN

(LUKAS WINTERBACH)

Renier Weideman is ‘n plaaslike akteur wat reeds in die VSA gaan draai het om drama te bestudeer en te probeer werk inkry. Gebrek aan vondse het hom laat terugkeer  en teen die ouderdom van 17 speel hy in Erfsondes as “Brett.”  Hierna is hy vas oortuig dat dit sy passie is. Renier vervaardig ook self rolprente soos Hartsbegeertes (Heart’s Desires) Gebore Talente (Born Talents) en verskeie and kort films en TV programme soos UnderdogZone.

NAINELL

(NIANELL)

Nianell maak haar debuut in Blouwyn as haarself wat kom konsert hou op Philadelphia. Sy komponeer en voer die temalied uit en verskaf verskeie van haar Afrikaanse gunstelinge  vir die rolprent se klankbaan saam met die talente van Saarkie, Treminatryx en Nita Pelzer. Nianell het klasieke musiek bestudeer aan die Trinity College in London asook aan die Universiteit van Suid-Afrika.  

Vier van haar  albums (Who Painted The Moon?, Angel Tongue, Life’s Gift, and I Know I’m Lucky) bereik platinum status in SA. Nianell verower haar eerste internationale platinum toekening met die liedjie “Who Painted the Moon?”  Die komposisie is uitgevoer deur die beroemde kunstenaar, Hayley Westernra op haar

‘ Pure’ album. Nianell het al reeds  twee SAMA toekenings vir:  Angel Tongue as Beste Engelse Kontemporere Album, en “We’ll Find a Way” het vir haar die Beste Vroulike liedjie skrywer toekening besorg.

ONDERHOUDE

LIZA DU TOIT

(SONJA POERSTAMPER)

Sonja was eintlik vir my so lekker karakter om te speel. Sy is ’n mense-mens en die lawwe een in die familie. Sy is die dromer; die kunstige een. Die grootste uitdaging was om haar emosies en haar uitdagings so te weerspieël dat kykers hulle met haar kan vereenselwig. Of jy van Sonja hou of nie, die uitdaging was om haar geloofwaardig te maak,”

“Om jou werksdag tussen kanolavelde of langs die strand en agter op ’n Harley Davidson deur te bring, is ’n baie groot voorreg. Ons was ’n wonderlike klomp op stel. Dit was voor en agter die kamera ’n groot lekkerte om ses dae ’n week saam te wees.” 

DIE VERVAARDIGERS

(JOHNNY TAUTE, REGISSEUR/ VERVAARDIGER)

“Die idée van “Blouwyn” het begin my vriendinne en baie wyn en waar my vorige skoonpa my vertel het van sy avonture as predikant op ‘n klein dorpie. Ek en Lucinda Van Wyk was saam in Brumilda se dramaklas en ons het besluit om die rolprent te skryf en te maak. Die gemeenskap van Philadelphia het my genader om die film daar te verfilm. Dit is my eerste rolprent na 35 jaar in die video produksie bedryf as regisseur, skrywer, redigeerder en kameraman.”

“Ek is eintlik ‘n joernalis in murg en been en het ‘n voorliefde vir dokumentêre films met videos wat vertoon was by Hot Docs film fees in Kanada en ander in Beijing.”  

“Vir nasionale TV  was ek betrokke by “For all to see” en twee dokumentere film  (Scaling Everest) ‘n produksie wat ek verfilm het in Santa Barbara.” (Wounded Healer.)

“Soos baie ander regisseurs het ek voor die lens begin op produksies soos “Skooldae”, “Sonkring”, “Triptiek” en “Orkney Snork nie.”  Ek speel ook die rol van John Steyn in Blouwyn nadat ek begin het in Schuster se film, “Sweet & Short.”  

REGISSEUR SE STELLING

“Ek wou ‘n film vervaardig wat regte mense in die regte lewe uitbeeld. ‘n Snit van ons lewens en dit is nie altyd gestruktureer nie, en besonderhede vervaag as ander karakters ons verhaal betree. Deur nie net die verhaal van die hoofrolspeler te vertel nie, maar ook meer onverwagte gewig te gee aan die lewens van verskeie ander karakters, word die gehoor verplig om ‘n bietjie meer te fokus as wanneer hulle die tipiese verhaal styl (man in die gat) sien. En daarom verskil BLOUWYN baie van die meeste films in hierdie genre. Elke lid van die gehoor sal hulself in hierdie film bevind omdat die stryd om intimiteit aktueel, eg en universeel is. Ek gee die akteurs baie vryheid om die emosies binne-in hulle te ontdek en om die draaiboek te vertolk solank as wat hulle in die oomblik bly. Dit maak die gesprekke eg. Ek wil nie akteurs op die skerm hê nie; Ek wil hê dat normale mense in gesprek gehoor word. Ek het die panoramiese uitsig oor die weskus as agtergrond nodig en Paul Nel het die tonele pragtig vasgevang. Blouwyn is ‘n lae koste, onafhanklike kunswerk wat bedoel is om ‘n gesprek te begin oor die behoefte en verlies aan intimiteit in ons verhoudings.”

(LUCINDA VAN WYK, DRAAIBOEK)

Lucinda het in 2014 'n korporatiewe sabbatsverlof geneem om draaiboekskryf- en toneelspelklasse in die VSA - Los Angeles te volg. Cindy het haar eerste vollengte filmdraaiboek voltooi, 'n politieke riller genaamd Adam's Hope, wat tans saam met die bekende vervaardiger Omar Kaczmarczyk in Los Angeles is. Sy studeer storievertelling by Robert McKee in Londen in kreatiewe skryfkuns en studeer toneelspel by Michelle Danner in die VSA. Lucinda vertolk die rol van Lucia Bouvier in BLOUWYN en is 'n lid van WGSA - Writers Guild South Africa en mede-lid WGA West - Writers Guild America West.

(OSCAR SEGANE, VERVAARDIGER)

Oscar Segane is 'n ervare entrepreneur en multimediaspesialiste wat studeer na professionele fotografie en waardevolle ervaring in die veld opgedoen het voordat hy sy eie onderneming begin het en as 'n SO met i-line-films begin het. Hy het tien jaar praktiese ervaring op die gebied van multimedia en is passievol oor die verandering van lewens. Hy is kundig in die ontwikkeling en bestuur van handelsmerke met 'n nasionale hoër sertifikaat in openbare bestuur van Technicon Pretoria en 'n sertifikaat in sakebestuur van GIBS.

PRESS

“ Blouwyn is anders as enige ander Afrikaans romatiese komedie”

  • Die Burger
“Blouwynword beskryf as ’n tuimeltrein deur die lief en leed van die lewe en volg die wel en die wee van drie paartjies wat deur ’n halsoorkop-besluit bymekaar gebring word. 
  • Netwerk 24

“ Die algemene tema van intimiteit is  ooglopend deur die film en mens kan opnuutdie betekenis en en belangrikheid van intimiteit in verhoudings raaksien”

  • Witbank News

TERUGVOER

“Ons het gelag…dit is ontspannend..Goeie storie.  Vermaaklik en ons sal dit weer kyk.”

 C. Gouws (FB)

“Dit was awesome! Baie geniet; dankie!”

L Diamantakos (FB)

“So pragtig.”

R. Calitz (FB)

“Wat ‘n pragtige Afrikaans film! Een van die bestes wat ek nog gesien het. So baie om te leer van liefde… Ek kan dit aanbeveel vir almal. Briljant! ”

E. Lochner (FB)

WÊRELD VERKOPE

Blu & Young Enterprise (Edms) Bpk is 'n onafhanklike toonaangewende Suid-Afrikaanse film-, televisie- en kommersiële produksie- en verspreidingsmaatskappy met kantore in Pretoria, die hoofstad van Suid-Afrika, met vennote regoor die wêreld. Ons bied die beste dienste vir al die films onder ons vaandel. Ons leef volgens ons leuse om programme te skep en te versprei wat die gehoor sal uitdaag.

BLOUWYN Rolverdeling

Liza Du Toit

Renier Weideman

Albert Maritz

Johnny Taute

Euwelia Louw

Charles de Bougenon

Elsabe Viljoen

Angelique Powel

Cindy v Wyk

Ivy Johnson

Alroy Dixon

Lorna Greyling

Roedolf Maree

Anicia Labuschagne

Tyler Gossayn

Quintin Ellis

Frank Pereira

Gigi-Blu Taute

Linda Schenker

Waldo Braaf

Jacqi Fernandez

Nianell

Ben Pieterse

Fiela Nel

Michelle Mountain

Paul Nel

Lizette van der Merwe

Regie deur  JOHNNY TAUTE

Draaiboek deur  LUCINDA V WYK

Kimeografie deur PAUL HENRY NEL (SASC)

2de Kamera & beligting BRICE NINOW

Regigering PAUL HENRY NEL (SASC)

Lug Kimeografie PIETER GROENEWALD & TSEPO SHANGE

Klank opnames (WC) GRAIG RUYNEVELD

Klank opnames (Gauteng) NICK GREYLING

Finale meng BYRON MULLER

Kleur gradering MAGDAMARIE VAN ROOYEN

Produksie bestuurCARINA GOUWS

 Produksie assistent DANTE GOUWS

Produksie sekretaresse KEAMOGETSE SEBAKENG

Fokus  NARDUS VAN NIEKERK

Kamera Assistent SHELDON SCHUTTE

Klapperbord TSEPO SHANGE

Kontuniteit PIET HEIN TAUTE

Greep NELSON IKEH AHMED BADMUS

Grimering LORNA GREYLING

Haarstylering ELRI DREYER

Music, Blouwyn temalied, komponeer & uitgevoer deur NIANELL,

Lirieke by JOHNNY TAUTE

Vervaardig deur BYRON KUNTZ, Uitvoerend SHARNELLE DE BEER / JOHNNY TAUTE

South Africa 2020

93 Minute

Klik hier vir lokprent https://youtu.be/vI71oci3plA

IMDB https://www.imdb.com/title/tt12616512/

FB https://www.facebook.com/Blouwynrolprent/

BLOUWYN LIED  https://youtu.be/IzyWXOQp_Ds

KONTAK

Johnny Taute

M. +27 81 489 2618

 bluandyoung@gmail.com

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →