AJ DeVos (oftewel AJ Marais) is ’n 34-jarige sanger en musikant van die Oos-Rand in Gauteng. Hy is reeds twee jaar in die musiekbedryf doenig en het bekendheid verwerf vir sy treffer Hier en Nou, wat in 2021 uitgereik en baie goed ontvang is.

Hierdie veelsydige kunstenaar met sy rasperstem, wat homself beskryf as ’n gesinsman wat die beste eggenoot en pa wil wees wat hy kan, is passievol oor Afrikaans daar is vir hom geen groter voorreg as om musiek te kan maak in sy moedertaal nie.
Alhoewel hy nog altyd lief was vir sing, het hy eers besluit om sy werk as veiligheids- en gesondheidspraktisyn te verruil vir die verhoog nadat sy vrou hom ingeskryf het vir ’n sangkompetisie. “Ek is so dankbaar vir my vrou wat nog altyd in my geglo het en my gehelp het om my drome waar te maak,” sê hy.
Afrikaanse en country-musiek was nog altyd bo-aan sy speellysie en hy meen dat sangers soos Theuns Jordaan en Johnny Cash ’n groot invloed gehad het op sy eie styl. Hy sal ook graag nog eendag saam met iemand soos Jo Black wil werk.
Sy familie, vriende en lewensuitkyk inspireer die musiek wat hy kies om te sing. Hy verduidelik: “Die lewe het sy kronkeldraaie en sy mooi. Dit is vir my belangrik dat mense besef dat dit nie ’n strokiesprent is nie en dat dit oukei is om foute te maak, op te staan en weer te probeer.”
Tans is hy in die ateljee besig om sy derde enkelsnit op te neem. Hart Roep Hart is ’n hartroerende liedjie, uit die pen van Jody Mayhew, wat gaan oor die emosies wat jy ervaar wanneer jou hart en kop nie saam praat nie. Dit sal binnekort beskikbaar wees en hy sien uit daarna om dit met luisteraars te deel.
Olka Bolka het in ‘n onderhoud bietjie meer oor AJ uitgevind.
Vertel ons lesers kortliks wie is jy?
My volle naam is Andreas Johannes DeVos Marais.
Meer bekend as AJ DeVos.
Ek is 34 jaar oud en woon in die OosRand Gauteng.
Ek is n groot natuur liefhebber en geniet my vrye tyd saam my gesin.
Hoe het jy in die musiekbedryf begin?
Ek het in 2020 deel geneem aan n musiek komp. Waar ek deur gedring het tot die semi finale, mense het van my stem gehou en so het ek my eerste show gekry en ek het volluit voort gegaan, omrede musiek vir my n liefde is.
Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?
Die interaksie met mede mense,wat van my musiekstyl hou en die wardering wat getoon word teenoor ons opkpmende kunstenaars.
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek is ‘n health en safety practitioner, so buiten die musiek hou ek my besig met veiligheid.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Hart Roep Hart, die titel sê dit alles. Twee harte wat na mekaar beweeg. Elke verhouding is nie altyd net pret en plesier nie, soms raak dinge moeilik en ons verloor beheer en ons gedagtes praat vreemde tale met ons, Hart Roep Hart is die gemenge emosies in een.
Skryf jy self jou liedjies?
Al 3 my enkelsnitte is vir my geskryf, al hoe wel ek n boek vol liedere al het, is ek nog besig om aan hul te skaaf voor ek dit wil opneem.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
My heel eerste enkelsnit. Hier en Nou. Dit was n groot skoot wat ons geneem het, dis n baie hoë liedtjie en tot my verbasing het ek nie geweet my stem kan daardie hoë note raak nie.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Beslis Afrikaans
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Afrikaans en dan alternatief country
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is vreeslik bang vir spinnekoppe. Groot of klein,hul moet weg bly.
Wat inspireer jou?
Ons aller daagse lewe. Om te sien en te leer by soveel mense wat soms minder het as ek,wat my meer wysheid kan leer,wat dan in teen deel meer as ek eintlik het, so dit inspireer my om te weet ek is nie te oud om nog te leer nie.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
In SA beslis Jo Black. Ek voel ons passie vir die musiek is bloot amper dieselfde en ons uitkyk op dit wat ons wil bereik is lyn aan lyn.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Volgende is Hart Roep Hart se musiek video. Hy word nou einde Feb op geneem.
Ek jaag nie roem nie,en weet met God se tyd sal die regte deure vir my oop gaan.
Ek is nie n rock n roll sanger nie maar iemand wat passie wil uitleef en n boodskap oordra aan mense. Dus is ek rustig oor my toekoms in die sang bedryf.
Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?
Wees geduldig. Dinge gebeur bitter min soos jy sal wil hê dit moet gebeur.
Bly gefokus en onthou jou rede hoekom jy begin het in hierdie industrie.
Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?
Om Hier en Nou se musiek video met my skoon suster op te geneem het en baie mense sê ek en my “vrou” pas so mooi in die video,min wetende is dit my skoonsuster.
Wat is op jou Bucket List?
Buiten sang- Sky diving
In die sang bedryf – Om op n Krone verhoog te staan en saam ander strek bekende sangers n lied op te tree wat hartsnare sal roer.
Wanneer verjaar jy?
6 April
Wat is jou gunsteling:
Musiek – Afrikaans
Sangers – Jo Black, Pink
Band – Zack Williams en band
Gunsteling liedjie – Way Maker
Rolprent – Avatar
Akteurs – Gerhard Butler
Reeks – Shooter
Kos en drankie
Kos– Mac en cheese
Drankie – Olof Bergh
Ontspanning – Bosveld naweek
Boek – Ek lees nie sommer nie maar die boek wat ek elke dag oop maak en bietjie lees is my Bybel.
Vakansie bestemming – Marloth park
Kleur – Blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Kool
As my vrou haar bril so sak en my staar *asof ek nou in die moeilikeid is*
N vuil huis
Ongestykde wasgoed
Die musiekbedryf het AJ geleer om geduldig te wees en hard te werk vir wat hy wil hê. Hy glo dat musiek die beste oplossing is vir enige probleem en dat hy beslis sy doel in die lewe uitleef. “My toekomsplanne is om net myself te wees en my eie stempel op die bedryf af te druk, sodat almal kan sien wie AJ DeVos regtig is,” sluit hy af.
VOLG HOM OP:
Facebook: https://www.facebook.com/AjDevos.MusicArtist
Instagram: @aj_devos
YouTube: https://youtube.com/channel/uc-N6WcKYB4vLSU1cCaOpbFA
TikTok: tiktok.com/@ajdevos1
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT EN KUNSTENAAR, KONTAK:
Christien de Klerk: christien@embracethebrand.co.za