MELISSA BRING BIETJIE SONSKYN MET DEBUUT ENKELSNIT

Melissa van Jaarsveld, is ‘n opkommende kunstenaar, wat oorspronklik van Vanderbijlpark is, dis ook hier waar sy huidiglik woonagtig is. Sy het alreeds op skool haar liefde vir musiek ondek en het graag deel geneem aan kore en massa kore. Die sanger-liedjieskrywer verklaar egter dat haar liefde vir musiek eintlik afkomstig is van haar pa. Hy het altyd seker gemaak dat goeie musiek te hore is in hulle huis. Sy het veral groot geword met musiek van kunstenaars soos Kenny Rogers, Engelbert Humperdinck, Bryan Adams, Belinda Carlisle, Modern Talking reg deur tot by Worsie Visser, El Debo, Mynie Grové, Bles Bridges.

Die kunstenaar het besluit om die mark te betree in 2019, maar weens COVID-19 is haar loopbaan vir eers ys gesit. Die kunstenaar het haar loopbaan en musiek weer hervat in 2021, maar het gevoel nou is die regte tyd om haar debuut enkelsnit vry te stel.

Die kunstenaar se debuut enkelsnit is getiteld My Sonskyn en dit het ‘n heerlike pop-country klank. Die lied handel tematies oor die gevoel met mens kry van die liefde en daardie spesiale persoon in jou lewe. Hierdie lied is uit die kunstenaar se eie pen het Dean Farrand van Red Ark Studios, het gehelp om dele van die lied bymekaar te bring.

Die sangeres meen, “om uiteindelik my droom te kan vervul om ‘n liedjie te kan skryf en te laat opneem en dat dit kan uitkom daar buite en te kan deel met almal op elke sosiale media en musiek platforms is werklik vir my iets besonders.”

My Sonskyn het vir Melissa sentimentele waarde en herinner haar aan God se belofte waar Hy self sê in Hebreërs 13:5 “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie”. Dus, hoop sy dat haar nuwe snit ook vir ander hoop sal bring en sommer net goed sal laat voel.

Melissa is ‘n enkelma van n dogter met spesiale behoeftes en meen dat haar dogter haar muse is. Haar dogter haar gereeld aan met opbouende woorde, veral as haar dag nie maklik was nie. Haar dogter vind haar vrede in musiek en is baie trots op haar ma.

Die kunstenaar poog om mense daar buite aan te raak en te bemoedig met haar leuse “dis okay om nie altyd okay te wees nie”. Sy meen egter, “jy kan weer opstaan en aangaan want dinge voel dalk nie so vir jou nie, maar iemand het jou nodig en jy is belangrik en beteken regtig iets vir iemand”.

My Sonskyn – Melissa Van Jaarsveld (LIRIEKE)

Hy laat my lag
vee my trane af
Hy maak my vies
maar verstaan ek het hom lief

Ek sal nooit êrens kry,
‘n beste vriend soos jy.

Hy ken die pad,
die paaie van my hart
Ek het jou gevra,
om my hart te dra;

Hy beskerm my en hou my vas
Hy sal my hart altyd oppas
Hy sien my pyn en beur my op
Vat my hand en dans verspot

My hart loop oor
Ek het myself verloor
Hierdie liefde wat sal nooit verdwyn
My beste vriend, my man, my Sonskyn


Deur dik en dun
Dra nogsteeds my ring
Hy’s my son en maan
Net hy kan my verstaan

Als is perfek saam jou
Ek bly in jou getrou

Ek ken die pad,
die paaie van jou hart
Jy het my gevra,
om jou hart te dra;


Hy beskerm my en hou my vas
Hy sal my hart altyd oppas
Hy sien my pyn en beur my op
Vat my hand en dans verspot

My hart loop oor
Ek het myself verloor
Hierdie liefde wat sal nooit verdwyn
My beste vriend, my man, my Sonskyn


Hy beskerm my en hou my vas
Hy sal my hart altyd oppas
Hy sien my pyn en beur my op
Vat my hand en dans verspot

Hy beskerm my en hou my vas
Hy sal my hart altyd oppas
Hy sien my pyn en beur my op
Vat my hand en dans verspot

My hart loop oor
Ek het myself verloor
Hierdie liefde wat sal nooit verdwyn
My beste vriend, my man, my Sonskyn

My Sonskyn, Jy’s my Sonskyn

My Sonskyn 

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Melissa gedoen:

VERTEL ONS LESERS KORTLIKS WIE IS JY?

Ek is Melissa Van Jaarsveld, groot geword in my tuisdorp / tans nogteeds woonagtig in Vanderbijlpark.
Musiek was deel van my groot word in die huis saam my pa, en op skool in die koor gesing en in massa kore deelgeneem en dus het my liefde vir musiek so gegroei en my liefde vir sing.

HOE HET JY IN DIE MUSIEKBEDRYF BEGIN?

My beste vriendin het my soveel kere bly aanmoedig om my droom te volg en my talent wat ek gekry het te gebruik.
Sy het soveel moeite gedoen om paar oproepe te maak en toe was ek verwys na hele paar persone en toe vind ek hierdie mense wat my die kans gegee het om my droom te bewaarheid en nadat my liedjie opgeneem is en registreer is toe maak ek nog paar oproepe en kry goeie verwysing na Embrace The Brand wat my verder gehelp het om my liedjie daar buite met almal te kan deel, op alle musiek platforms en asook op Radio.

WAT GENIET JY DIE MEESTE VAN WAT JY DOEN?

Ek geniet dit as ‘n liedjie finaal gekomponeer is en dat ek in studio kan wees en opname doen.
Jy lag BAIE vir jouself as jy paar note nie reg sing of as jy skielik net begin hoes, dan weer oor begin.

WAT DOEN JY BEHALWE MUSIEK?

Ek het my voldag kantoor werk van 07h00 tot 16h00.
Is ook hard besig by die huis tyd saam my dogtertjie spandeer en lekker dinge saam haar te doen.
Ek is lief vir kosmaak, en maak self huis skoon en is lief ook vir buite in die tuin werk (grassny)
Ek hou baie van teken en verf en kunswerk op hout. Ek is ook ‘n familie mens en hou daarvan om saam hul tyd spandeer.
Tyd spandeer ook saam my vriendinne en geniet om in winkels te loop en mooi goed te kyk en te koffie en kaaskoek eet.

VERTEL MY VAN JOU NUUTSTE ENKELSNIT?

#My Sonskyn, het ‘n heerlike pop country klank en handel oor die gevoel wat mens kry oor die liefde en daardie spesiale iemand in jou lewe.

SKRYF JY SELF JOU LIEDJIES?

Met hierdie eerste enkelsnit het ek self die woorde geskryf en toe benader ek ‘n liedjieskrywer om net te kyk en hy het sy insette en idees ook verder met my gedeel en gehelp om dit meer sinvol te maak en die woorde mooier afrond en vloeiend kan klink om te kan sing. Soms is twee beter as een om net saam sit en idees uitruil om alles bymekaar te sit op papier.

IS DAAR ‘N LIEDJIE WAT VIR JOU UITSTAAN WAT JY OPGENEEM HET?

My eerste liedjie wat ek opgeneem het: “Let me be there” van Olivia Newton-John.  Dit was ‘n liedjie wat ek van skooldae af gesing (karaoke) het saam my vriendin en die woorde van die liedjie beskryf net hoe geheg ons vriendskap was.
Ons het altyd saam gelag en saam gehuil en diep “geheime” gedeel.

WAT VERKIES JY OM AFRIKAANS OF ENGELS TE SING?

Ek hou van om in beide Engels en Afrikaans te sing, maar my boetie het op ‘n keer vir my gesê ek sing mooier vir hom in Afrikaans.

WAT IS JOU GUNSTELING MUSIEK GENRE?

Ek hou baie van Afrikaanse pop musiek en ook Afrikaans en Engelse Country musiek, en dan Praise and Worship musiek.

VERTEL ONS IETS WAT NIEMAND VAN JOU WEET NIE?

Ek is glad nie ‘n goeie bakster nie, maar ek kan die lekkerste tuisgemaakte roomys maak.
Ek is ‘n soet tand, maar is “spaarsamig” as dit kom by ‘n slab tjoklit (ek kan vir dae lank pesel aan daai tjoklit, soos ek verby die yskas loop dan breek ‘n blokkie af). Ek love my ligte blond streep hare, maar ek is van nature eintlik ‘n bronette.
Oh en iets interessant was op skool, het iemand vir my eenkeer gesê as ek nou klaar my leerwerk gedoen het, dan in aand as ek gaan slaap moet ek my radio saggies laat speel deur die nag op klasieke musiek. Dit het nie vir my gewerk want as ek slaap moet dit alles stil wees om my…Ek haal tot die horlosie teen die muur af en bere in my kas tot die volgende oggend want ek kannie daardie tik-tok geluid slaap nie…(laugh out loud)

WAT INSPIREER JOU?

Dit is meer die kleiner goedjies in die lewe wat my aandag trek en wat ek die meeste waardeer van die lewe.
Ek is ‘n prentjie mens en as ek iets sien of iets mooi hoor dan trek my gedagtes ver vooruit en dan kry ek my idees.
Sodra so iets gebeur dan skryf ek dadelik net neer voordat ek vergeet.

AS JY SAAM MET ENIGIEMAND IN DIE WÊRELD KAN SING, WIE SAL DIT WEES EN HOEKOM?

Mense gaan seker crazy maar ek sal sê saam Dolly Parton. Sy het een unieke stem en ek is mal oor haar pop country styl.
Ek dink sy sal ook ‘n baie goeie mentor wees.

WAT IS VOLGENDE VIR JOU, EN HOE SIEN JY JOU TOEKOMS?

Ek wil graag nog paar enkelsnitte uitbring en dan ook kyk na ‘n musiekvideo vir My Sonskyn en musiekvideo’s vir die nuwe enkelsnitte.  Ek glo soos die tyd aanstap sal alles uitwerk ten goede soos dit moet.

WATTER RAAD SAL JY GEE AAN IEMAND WAT PAS IN JOU INDUSTRIE BEGIN HET?

Bly net die unieke mens soos wie jy is en moenie verander dat ander mense van jou kan hou nie.
Sing uit jou hart en geniet alles wat jy doen met die grootste passie wat jy het vir musiek en hou aan probeer en moenie moed opgee nie!

WAT IS DIE ONVERGEETLIKSTE / SNAAKSTE VOORVAL WAT JY AL IN JOU BESIGHEID BELEEF HET?

Terwyl ek sing en iets trek jou aandag af (iemand het geloop langs die kant in die paadjie af om sitplek te vind en in die proses nie gekyk en geval en dadelik gaan sit asof niemand gesien het, maar EK het dit gesien) en jy moet sing maar kannie jou lag inhou en jys uit daai oomblik om verder te sing en vergeet waar jy was in die liedjie om verder te kan sing.

WAT IS OP JOU BUCKET LIST?

Ek wil graag my album klaar maak wat ek begin het (waarin MY SONSKYN deel is van my album).
Ek wil graag diepsee duik.
Ek het nog nooit in ‘n vliegtuig gevlieg(het wel in ‘n hellikopter) – so wil graag iewers heen gaan met vakansie in vliegtuig.

WANNEER VERJAAR JY?

7de Oktober

WAT IS JOU GUNSTELLING:

MUSIEK – Afrikaans en Engels Pop Country en Praise and Worship

SANGERS – Crowder, Jeremy Camp, Kim Walker-Smith, Kenny Rogers, Bryan Adams, Belinda Carlisle, Modern Talking, Leah, Riana Nel, Irene-Louise, Juanita Du Plessis, Steve, Jay, Monique Steyn, Bonnie Tyler,

BAND – Bony M, The Beatles, U2, Aerosmith, Die Campbells, KRONE, Romanz, EDEN

GUNSTELLING LIEDJIE – Summer of 69 (Bryan Adams)

ROLPRENT – The Expendables

AKTEURS – Sylvester Stallone · Jason Statham · Jet Li · Dolph Lundgren · Chuck Norris · Jean-Claude Van Damme · Bruce Willis · Arnold Schwarzenegger, Sandra Bullock

REEKS – The Golden Girls, Suidoosters.

KOS EN DRANKIE – Gekookte boere kos, ek is ‘n groot koffie pot en hou van rooi druiwe sap.

ONTSPANNING – swem, piekniek in die park of in my agter erf, stap, movie aand saam my dogtertjie en popcorn.

BOEK – “in search for wisdom” by joyce meyer

VAKANSIE BESTEMMING – Tzaneen en St. Michaels Beach KZN.

KLEUR – lemmetjie Groen

WAARVAN HOU JY NIKS – NOEM 4 DINGE

1.  Ek hou nie van ertjies / bake beans nie.
2.  Ek hou nie van skielike veranderings (alhoewel ek is baie vinnig aanpasbaar en sal oorleef)
3.  Ek hou nie daarvan as iemand vir jou jok nie (wees van begin af net oop en eerlik, want dit maak minder seer as te jok).
4.  Ek hou nie van ‘n hoendervelletjie of van daai silwer vis velletjie nie.

­- WAAR KAN MENSE JOU KRY EN VOLG?

Mense kan my enkelsnit gaan luister op al die musiekplatforms (Spotify, Deezer, Itunes, YouTube, ens) en kan my volg op Facebook en Instagram, en ek het onlangsook begin met TikTok.

SOSIALEMEDIA

Facebook – https://www.facebook.com/Melissa7VanJaarsveld/?viewas=100000686899395

Instagram – https://www.instagram.com/melissa.vanjaarsveld?igshid=YmMyMTA2M2Y=

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT EN KUNSTENAAR, KONTAK:

Christien de Klerk: christien@embracethebrand.co.za


About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →