Dwayne Griffin Betower Die Publiek Met Sy Splinternuwe Liefdesliedjie, “Solank Jy By My Is”

Met die suksesvolle vrystelling van sy vorige enkelsnit, “Stilbaai se Strand” het Dwayne Griffin reeds verder in Afrikaanse musiekliefhebbers se harte kom kruip, en nou is hierdie een-en-twintig jarige jongman van Krugersdorp gereed om gehore verder te betower met sy vierde solo enkelsnit, “Solank Jy By My Is”.

“Solank Jy By My Is” is ‘n liefdesliedjie uit die pen van kollega en vriend, Anton Fitchat, en hy beskryf “dit gaan oor die spesiale liefdesband tussen twee mense”. Hierdie Afrikaanse kontemporêre enkelsnit se titel is baie vanselfsprekend maar, die dieper boodskap kom neer op die tema van verlange, wat beteken, net om daar te wees vir mekaar is klaar spesiaal en net om te se ‘Solank Jy By My Is” sal daar nog baie hoogtes saam bereik word met ‘n band wat nie gebreek kan word nie.

Toe Dwayne hierdie lirieke gelees het, het hy dadelik daarvan gehou en het geweet die publiek sal ook aanklank kan vind by hierdie liedjie omdat dit ‘n “lekker-ritme” het maar ook omdat die lirieke met elke individu kan praat wat daarna luister. Daar is ‘n musiek video van die lied op die horison wat binnekort geskiet gaan word en dit sal die verhaal en boodskap net mooier kan uitbeeld.

Dwayne is nou maar net drie jaar amptelik in die musiekbedryf doenig, maar hy is beslis nie ’n groentjie wanneer dit by musiek kom nie en het al op die ouderdom van twaalf ernstig begin raak oor musiek. Hy het op hoërskool in die koor gesing en gereeld deelgeneem aan verskeie musiekkompetisies en -konserte waarin hy goed presteer het. Hy was ook mede-skrywer van die Staan Sterk in Afrikaans Konsert, wat deur onafhanklike kunstenaars op die been gebring is, se temalied.

Dwayne geniet en sing ’n wye verskeidenheid genres, wat wissel van Country en Rock tot Afrikaans en Pop en sal graag nog eendag saam met Ruhan du Toit en Riana Nel wou werk. Omdat hy baie kreatief is, hou hy ook daarvan om homself deur middel van verskillende mediums uit te druk. Daarom doen hy grafiese ontwerpe in sy vrye tyd wanneer hy nie op die verhoog is nie.

Tans is hy en sy span hard besig om aan sy eerste album te werk, wat hy graag volgende jaar sal wil vrystel. “Dit gaan oorspronklike musiek, asook my weergawes van bekende liedjies, bevat sodat die luisteraars my, as kunstenaar, beter kan leer ken.”

Oor die afgelope drie jaar, het die musiekbedryf hom geleer om gemaklik te wees in sy eie vel en op die verhoog.

Hy was nog altyd vasberade om sy musiek op die radio te hoor en voel bevoorreg om reeds sy vierde enkelsnit onder die knie te hê. Die sukses en kommentaar van sy vorige musiek wat hy vrygestel het soos sy enkelsnitte “Soos Die Seisoene” en “Het Jy Geweet” het dit Dwayne aanhou motiveer om te doen waarvoor hy lief is. “Net om te sien hoe sing en dans die mense saam maak my gelukkig, want dit beteken, op daardie oomblik leef hulle hulself in my musiek in en bou ‘n band daarmee”.

Daar is nog baie wat hy in die toekoms wil bereik en met ’n liedjie soos “Solank Jy By My Is”, is hy beslis op die regte pad om ’n groot sukses van sy musiekloopbaan te maak.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/SolankJyByMyIsDG

VOLG HOM OP:

Facebook – https://www.facebook.com/dwaynegriffin.official

Instagram – https://www.instagram.com/dwaynegriffin.official

YouTube – https://www.youtube.com/channel/UCJa8mrcOd2buV-qIorePcyA

TikTok – https://www.tiktok.com/@dwayneg1901

Webblad – www.dwaynegriffin.co.za

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:

DNA Musiek

dna.musiek@gmail.com

061 415 7737 | 081 804 6670

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →