Nadia Zarais opgewonde om haar tweede enkelsnit, Before The Light,met haar aanhangers te deel. Dié hartroerende liedjie, uit haar eie pen, nooi die luisteraar uit om saam te droom oor die soeke na ware liefde en die hoop dat jy dit sal vind voor die nuwe dag aanbreek.

“Die enkelsnit gaan oor ʼn meisie wat haar droom najaag om die perfekte persoon se aandag te trek en dit hare te maak,” verklap Nadia oor die inspirasie agter die lirieke. “Moet nooit jou drome opgee nie – of dit nou is om die liefde van jou lewe te vind, of waarna ook al jy smag. Ek sou sê dat die woorde van hierdie liedjie mý gekies het.”
Before The Light volg in die voetspore van Hartsklanke, wat in 2019 vrygestel is. Laasgenoemde is baie goed deur die publiek ontvang en Nadia glo dat haar nuwe vrystelling ewe gewild gaan wees, aangesien almal smag na dieselfde ding in die lewe: om lief te hê en aanvaar te word. Die liedjie is beslis die luister werd, omdat elke luisteraar daarmee kan vereenselwig.
Die talentvolle sangeres se passie eindig nie net by sang nie. Een van die hoogtepunte in haar loopbaan was toe sy haar teaterdrome kon uitleef deur die opleiding wat sy by Brümilda van Rensburg ontvang het. Dit sluit mooi aan by haar passie vir ou teatermusiek van sangers soos Liza Minelli, Bette Midler, en Shirley Bassey. Sy glo ook dat kunstenaars soos Bette Midler(saam met wie sy eendag graag wil werk), LeAnn Rimes en Whitney Houston nog altyd ʼn invloed gehad het op haar styl.
Nadia is in Pretoria gebore en woon tans saam met haar man en hondekinders in Roodepoort. Musiek was nog altyd ʼn deel van dié talentvolle sanger en liedjieskrywer se lewe en is amper soos terapie waarin sy vrede kon vind. In haar vrye tyd hou sy van baldans, lees, sing, en spandeer sy graag tyd saam met familie en vriende. Sy voel dat haar musiektalent oorerflik is, want haar oupas aan albei kante kon musiekinstrumente speel en een van hulle kon ook baie mooi sing.
“Ek het na skool besluit om te begin sing. Terwyl ek by Fred Astaire Dance Studios gewerk het as dans instruktrise, het ek deeltyds begin sing,” vertel Nadia oor hoe haar sangloopbaan afgeskop het. “Ek het vir ʼn hele paar sangkompetisies ingeskryf en het baie goed gedoen. Om my loopbaan te bevoordeel het ek klasse geneem by Janet School of Singing, waarna ek 25 jaar later nog steeds aanhou om my stempel af te druk op die musiekbedryf.”
Oor haar liedjieskryfproses sê Nadia die volgende: “Ek word nie noodwendig deur iets spesifieks geïnspireer om liedjies te skryf nie, want ek skryf volgens waarmee ek aanklank vind, deur menslike emosies”.
As kind het sy baie daarvan gehou om gedigte te skryf, dus weet sy dat sy nooit ʼn ander beroep sou wou gehad het nie, want sang vul haar hart met genot. Maar as sy iets anders móés kies, sou dit beslis wees om ʼn aktrise te word.
Die musiekbedryf het vir Nadia geleer dat sy ʼn dik vel moet hê om dit te maak en dat geduld en harde werk haar sal deurdra. Haar indrukwekkende lys van toekennings en nominasies is ’n bewys dat sy beslis nie terugstaan vir ’n uitdaging nie. Oor die jare, het sy verskeie toekennings en benoemings (Helicat-benoemings vir Beste Vroulike Kunstenaar en Sanger van die Jaar in 2015, ensovoorts) ontvang en kompetisies gewen, waaronder Battle of the Idols in 2012 en 2014, Baycity Idols in 2013 en 2015 en vele meer. Nog kompetisies waar sy tot finalis deurgedring het is onder andere Arte Cantare, Supersterre, Carousel, Barnyard Talent Search, Mad Events en The Heat is On, om maar ʼn paar te noem.
Olka Bolka het in ‘n onderhoud meer oor Nadia uitgevind:
Vertel ons lesers kortliks wie is jy?
My naam is Nadia Zara en is gebore in Pretoria, maar bly nou in Roodepoort saam my man en honde kinders. Musiek was nog altyd ‘n deel van my, ek sou sê ‘n vorm van terapie vir my.Waar ek my vrede kon vind. Ek hou van bal dans, lees, sang, tyd te spandeer saam families en vriende. My oupa’s aan albei my ouers se kant kon musiek instrumente speel. My een oupa kon baie mooi sing en ek voel dit was beslis oorerflik.
Hoe het jy in die musiekbedryf begin?
Ek het as kind in ons volksie gestaan en sing omdat ons nie ‘n radio gehad het nie. My ma het dadelik my talent op getel en van daar af het ek nog nooit op gehou sing nie. Ek het eers later in lewe besluit om musiek verder te vat.
Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?
Ek geniet om vir my gehoor wanneer ek sing ‘n stukkie van siel en hart te wys.
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek hou daarvan om gym toe te gaan, omdat ek ook teater werk doen sal julle my ook baie kry waar ek teater stukke gaan kyk. Ek hou van lees. Tyd te spandeer aan my dierekinders, omdat ek self dans klasse aan gebied het, hou ek baie van dans
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
My nuutste enkelsnit “Before the light” is die storie van ‘n meisie wat wens dat die liefde sal kom voor die more kom. Dit simboliseer ook wanneer jy smag na iets dat dit sal kom voor die lig kom.
Skryf jy self jou liedjies?
Ek skryf self my eie liedjies en het al vele op my boek, wat klaar geskryf is.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Die liedjie wat vir my uitstaan wat ek self geskryf het is maar my enkelsnit “Before the light”.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek skryf in Afrikaans en Engels, dit hang net af hoe ek die dag voel.
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Cabaret
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek was ‘n model instruktrise en het model klasse gegee en model van die jaar by my model skool gewen.
Wat inspireer jou?
Lees van motiverings boeke, musiek.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Ek sou graag met Bette Midler wou optree, omdat ek myself sien as ‘n sterk vrou. Bette is ongelooflike sterk vrou, sanger, verhoog sangeres en mense het nog altyd gesê dat ek soos sy lyk.
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ek werk aan ‘n nuwe enkel snit saam ‘n bekende vervaardiger wat al liedjies vervaardig het vir van ons land se grootste name. Ek is natuurlik so ongelooflik opgewonde daaroor.
Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?
Werk hard, droom hard en moet nooit op gee op jou droom nie. Dit is jou droom en niemand kan dit van jou weg neem nie.
Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?
Terwyl ek ‘n karakter gespeel het in “The rocky horror picture show”, het een van die ander karakters my per ongeluk te hard moes slaan en het ombewustelik te hard geslaan en die toe ek weer kyk lê ek op die vloer voor ‘n stamp vol gehoor.
Wat is op jou Bucket List?
Afrikaans is groot
Wanneer verjaar jy?
Ek verjaar op St Patricks day in Maart
Wat is jou gunsteling:
Musiek
Enige musiek wat my inspireer
Sangers
Bette Midler, Liza Minelli, Leeanne Rimes, Taya Smith
Band
Hillsong
Gunsteling liedjie
Oceans-Hillsong
Rolprent
Blue crush
Akteurs
Patrick Swayze, Kathy Bates, Bette Midler
Reeks
Ek is mal daaroor om Telenovas te kyk. Dr Ali het my hart gesteel
Kos en drankie
Pasta en Lowcal aanmaak koeldrank
Ontspanning
Ek gaan stap en gaan gym toe
Boek
“Man’s search for meaning” – Viktor Frankle
Vakansie bestemming
Mosselbaai
Kleur
Blou
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
As iemand ‘n foon in my oor neer sit
Mieliepap
Spinnekoppe
Loadshedding-soos almal
Nadia Zara glo dat musiek die universele taal is waarmee mense kommunikeer en daarom wil sy graag harte raak met haar nuutste enkelsnit.
Before The Light is nou beskikbaar op alle aanlynplatforms: https://embracethebrand.ampl.ink/BeforeTheLight
VOLG HAAR OP:
Facebook: https://www.facebook.com/nadia.els.921
Instagram: https://www.instagram.com/nadia76zara/?hl=en
VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT EN KUNSTENAAR, KONTAK:
Christien de Klerk: christien@embracethebrand.co.za