Jou eerste kinderboek kan binnekort op die rak wees as jy nou inskryf vir die derde ronde van Skryfnet se Skryf ’n Kinderverhaal-kursus.

Hierdie praktiese aanlyn skryfkursus fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale. Dis ontwikkel deur Carina Diedericks-Hugo en word aangebied deur die dinamiese Nanette van Rooyen. Deelnemers sal aan die einde van dié kursus toegerus wees om stories te skep vir kinders tussen agt en twaalf en ook ’n sertifikaat ontvang.
Die kursus skop amptelik op 17 April 2023 met ’n aanlyn verwelkomingsessie af, waartydens jy vir albei skrywers vrae kan vra oor skryf. Inskrywings sluit op 13 April. Koste beloop R2 250 per persoon.
Om jouself te bederf en plek te bespreek, klik hier.
Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae of stuur ’n e-pos na navrae@skryfnet.co.za.Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia.