FAK Kultuurnuus – wat jy nou moet weet…

Skryf nou in!

FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo registrasies is nou oop.

Trek jou kreatiewe baadjie aan, want die FAK se Internasionale Afrikaans-Ekspo se tema is uiteindelik bekend!

Wat is die tema? Dis tyd om te trek…

Met ’n tema soos “trek” kan ons net uitsien na die magdom projekte, kunswerke, gedigte, kuns, liedjies, foto’s en vele meer wat ingeskryf gaan word. Dis net jou verbeelding wat jou inperk.

Met vandag se moderne vervoersisteme is mense gedurig besig om oral heen rond te trek. Dink maar aan emigrasies, verhuisings en selfs die swaweltjies wat op reis gaan. Wanneer ’n mens trek, is dit ook ’n moontlikheid vir ’n nuwe begin, nuwe plekke en nuwe dinge. Die lekker ding van Afrikaans is dat woorde soos trek meer as een betekenis kan hê. Daar is baie moontlikhede vir interpretasie. Daar is tien kategorieë waarin jy die tema trek vir ons op jou eie kreatiewe manier kan uitbeeld. Gaan grou daardie potlode en verf uit, skuif agter die rekenaar in of neem jou kamera in die hand.

Om deel te wees gaan na https://projekte.co.za/

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →