Herman Kleinhans skryf vir sy oom Eddie: “Liewe oom Melcus


Oom se skielike dood vang my steeds onkant. Ek dink ek wou nog leer by Oom en in my kop sou ons nog ‘n lang pad stap. Tot dusver was ek net nog nie reg nie maar ek het geweet dat wanneer die dag aanbreek, Oom daar sou wees vir my met die beste moontlike raad en moeilikste moontlike vrae. Dis juis daai een keer se vrae (en insig) wat my laat besef het dat ek nog werk het om te doen maar selfs toe, het Oom die wyse waarop ek dink verander en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.

Nou praat ek nie van ons grootword jare in Port-Elizabeth of die jare toe ons by julle kom kuier het toe julle Wellington toe getrek het nie. Ek praat nie van Eersterivier se kuiers en elke keer wat ons julle by die KKNK gesien het nie… Elke onmoeting met julle was op een of ander manier net spesiaal en ek dink ek onthou letterlik almal van hulle… Dís die tipe indruk wat Oom by mense gelaat het.”

Herman se nuwe lied Geniet Die Rus is aan sy oom opgedra. Gaan uister gerus die lied nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Danelle Liebenberg

0715347796

danelle@starburstmusic.co.za

Publicity and marketing

Starburst Promotions

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →