Hierdie musiekteaterproduksie is ’n herlewing van die gebeure soos dit afgespeel het op die dag toe Jesus van Nasaret gekruisig is. Wat dit uniek maak, is die spesifieke invalshoek wat hier gebruik word: Die ter dood veroordeelde politieke opstoker en moordenaar, Barabbas, is aan die woord. Sy persoonlike verhaal word deel van die vertelling wat harte diep sal aanraak. Die musiek wat deel uitmaak van hierdie aanbieding bestaan uit dertien gedigte deur professore Hans du Plessis en Bernard Odendaal wat getoonset is deur bekroonde musikant, komponis, sangeres en vervaardiger Lizanne Barnard. Die liedere wissel tussen genres soos klassiek, musiekblyspel, modern, rock en kunsmusiek.

Die rol van Barabbas word roerend vertolk deur veteraanakteur Zane Meas.

Zane Meas
Barnard skuif agter die klavier, klawerbord en mikrofoon in en word vergesel deur tenoor Walter Fourie; mezzo-sopraan Rhona van Niekerk; sanger en kitaarspeler Adam Helberg en violis Camelia Onea.
Behalwe vir die uitstaande musikante word Barrabas verder ondersteun deur uitnemende oudio visuele ontwerp deur Andrew Botha.
Die invalshoek-idee is by prof. Hans du Plessis geleen en Lizanne Barnard het haar hand gewaag aan ’n teks wat haar debuut sal wees.

Barabbas is familie-vriendelik en spreek intiem tot ’n baie wye gehoor.
Camelia Onea (violis)
Rhona van Niekerk (mezzo-sopraan)
Adam Helberg (sanger en kitaarspeler)
Walter Fourie (tenoor)
Julia Burger (sopraan)
Anel van Niekerk (sopraan)
Vinnie Henrico (tromspeler)
Tyronne Hinrichsen (kontrabas)
Bespreek nou jou kaartjie by die AfriForum Teater.
NEEM ASSEBLIEF KENNIS: DIE TEATER KAN ONGELUKKIG GEEN AANGEKOOPTE KAARTJIES SKUIF, UITRUIL OF TERUGBETAAL NIE.
Besoek die webblad om te bespreek.