LIZETTE VOLKWYN: I CAN SEE YOU LIE WERKSWINKEL – DIE 10DE PERSOON WAT INSKRYF ONTVANG 50% AFSLAG!

Is jy moeg daarvoor om mislei te word en dit nie te weet nie? Wil jy beheer oor jou gesprekke neem en jou kommunikasievaardighede verbeter? Dan kan jy nie bekostig om ’n eksklusiewe werkswinkel oor die wetenskap van leuenverklikking mis te loop nie.

I CAN SEE YOU LIE, wat aangebied word deur die enigste twee gesertifiseerde PEI-leuenverklikkers in die land, Lizette Volkwyn en Marcus Coetzee, sal deelnemers leer om hul emosies te beheer, leuens te identifiseer en hulle algemene kommunikasievaardighede te verbeter deur die basiese beginsels van leuenverklikking te deel.

Die werkswinkel gaan egter oor meer as om leuenaars uit te vang. Lizette verduidelik: “In vandag se wêreld, waar kommunikasie die sleutel tot sukses is, is dit belangriker as ooit om mense se bedoelings akkuraat te kan interpreteer en leuens te identifiseer. Deur diep te delf in onderwerpe soos kognitiewe onderhoudvoering, mikro-uitdrukkings en hoe om ’n leuen op te spoor, leer hierdie werkswinkel belangrike vaardighede soos om leuens in ander te herken en sodoende te verhoed dat mense misbruik of mislei word.”

Hierdie is die tweede werkswinkel van sy soort deur dié leuenverklikkingsduo – die eerste was in weke uitverkoop en het positiewe terugvoer en goeie resensies van verskeie deelnemers ontvang, insluitend die skrywer en professionele kritikus Leon van Nierop. I CAN SEE YOU LIE was een van die mees insiggewende, professionele en lewensveranderende werkswinkels wat ek nog ooit bygewoon het. Elke sin het getel en die doel waarvoor dit aangebied is vinnig bereik. Die werkswinkel, deur Lizette Volkwyn en Marcus Coetzee, was die hoogtepunt van die jaar en elke sent werd.”

Stompie Ferreira, eienaar van die Ferlio Group of Investigators, wat in ondersoeke en sekuriteitsoplossings spesialiseer, stem saam dat die kennis wat tydens die werkswinkel gedeel word van onskatbare waarde is. “Sedert ek I CAN SEE YOU LIE in November verlede jaar bygewoon het en hierdie vaardighede en kennis toepas, het ons maatskappy se onderhoudstydperk en akkuraatheid met 30% verbeter het.”

Dié werkswinkel vind op 2 en 3 Junie 2023 plaas by Centurion Golf Club Country Estate en is vir enigiemand wat graag hulle persoonlike en professionele kommunikasievaardighede wil opskerp.

“Hierdie werkswinkel bied ’n uitstekende geleentheid om jou eie kommunikasievaardighede te verbeter,” sê Lizette. “Deur te leer hoe om leuens by ander te identifiseer, sal deelnemers waardevolle insig kry in die manier waarop mense hul gedrag en kommunikasie interpreteer. Dit sal hulle help om meer effektief en oortuigend te kommunikeer, wat hulle die vermoë gee om hul gesprekke te beheer en hul doelwitte te bereik.”

Lizette is ’n veelsydige vrou wat na meer as twee dekades in die korporatiewe bedryf besluit het om haar passie na te jaag en haar eie konsultasie-agentskap te begin.

Omdat sy altyd opsoek is na nuwe uitdagings en geleenthede, het sy – wat al vir jare as meesterlewensafrigter spesialiseer – ’n paar jaar gelede besluit om die strawwe opleiding te ondergaan om ’n menslike leuenverklikker te word. Haar kursus het uit 29 kandidate uit 27 lande bestaan, waarvan 24 van intelligensiedienste was. Haar besluit is verder gemotiveer deur ’n behoefte om ’n unieke vaardigheid aan te leer om haar kliënte beter te verstaan en sodoende vinniger resultate te lewer. 

Deesdae werk sy nie net as menslike leuenverklikker nie, maar ook as lewensafrigter en bied sy opleiding aan in bemarking, leierskap, kommunikasie en aanlyn bemarking, asook werkswinkels en selfontdekking en groepsopleiding. Verder is sy ook ’n skrywer en spreker wat al die verhoog gedeel met internasionale denkleiers soos Robin Banks, Russell Fox en Justin Cohen. Sy is ook ’n gereelde gas op nasionale radioprogramme en internasionale podsendings.

Die tweedaagse I CAN SEE YOU LIE-werkswinkel kos R2 850 per persoon. Moenie die kans misloop om van die voorste kenners in die veld van leuenverklikking en kommunikasie te leer nie! Die 10de persoon wat inskryf vir die werkswinkel, ontvang 50% afslag. Bespreek nou hier! https://faceoffptyltd.howler.co.za/IcanseeyouLIE

VOLG HAAR GERUS OP SOSIALE MEDIA:
Facebook:
 www.facebook.com/confidentlyfindingme
Instagram: @lizette_volkwyn
Twitter: @LizetteVolkwyn
Webwerf: www.lizettevolkwyn.com

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES

Gizela Sharim
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela@starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →