JOHN MORLAND STEL SY HEEL EERSTE ENKELSNIT VRY

John Morland kom oorspronklik van Gauteng af, maar is gebore in Pretoria en het groot geword in Roodepoort, Krugersdorp area. Hierdie talentvolle kunstenaar is mal oor kosmaak, musiek en veral lief vir diere en het maar ‘n sagte hart vir ou mense. “Wel as klein seuntjie was dit nog altyd my droom om te kan sing. Ek onthou het ek altyd met n borsel gesing voor die spieël.

Met 18-jaar se ondervinding om verhore te maak, is hy reg om sy heel eerste enkelsnit met die publiek te deel.

“Anker My” is oorspronklik vir my meisie geskryf met al haar sagtheid en liefde teenoor mense en familie, omgee, en oor sy altyd die goed in almal sien. Die liedjie le Morland baie na aan die hart, want dit is spesiaal geskryf is vir die spesiale mens in sy se lewe.

Van die dinge wat John in die musiek bedryf geleer het is om nederig te bly en om nooit te verander wie jy is nie, bly wie jy is en moet nooit dink jy is beter as ander nie.

Die hoogte punt vir John in die liedjie is die laaste deel, want sy geliefde het altyd gese, as ek eendag vir jou sê “EK SIEN JOU” dan bedoel ek, “EK IS LIEF VIR JOU”. Hy beskryf homself as die een met al die emosies. 

“Dit praat ‘n ander taal met my, wat ek dink net ek sal kan verstaan op ‘n sekere vlak. Dit moeilik om vir iemand te verduidelik wat aangaan binne jou en als klink altyd deurmekaar soms.” John voel dat almal praat van “die kind in my” en waar ons vashou aan genade van bo al breuk storms los in jou en al word jy hoe kwaad, bly daar altyd daai woorde van “Eks lief vir jou” iewers in jou hart of sal ek sê (EK SIEN JOU).

Iets wat min mense van John weet hy is eintlik ‘n baie sagte mens en het baie liefde vir sy mede mens maar soos hy kan sag wees so kan ek baie hard raak. John hou nie van mense wat teveel en tevol van hulle self is nie hou nie van mense wat vergeet waar hulle vandaan kom nie.

Van John se hoogtepunte in sy loopbaan is dat dit lekker is om van die verhoog af te loop en te hoor hoe groot name soos Juan Boucher, Martin Bester, Ivan Roux vir jou komplimenteer. “Dis ‘n lekker gevoel as mense na die tyd jou vra om nog ‘n liedjie te sing.” “Ek dink deur sal die beste hoogtepunt wees die feit dat elke keer as ek GOD vra HERE wees my stem vandag dan was hy saam my, dankie daarna is onvergeetlik”, beskryf John.

Mense moet beslis na hierdie enkelsnit gaan luister omrede hy aan die feit dink mense nooit moet vergeet waar jou genade le nie en ook wie langs jou sy is, wat jou ondersteun en die houe vat as jy sukkel of voel jy kan nie meer nie.

Die enkelsnit is nou beskikbaar op Apple Music, iTunes, Spotify, YouTube, Deezer, Amazon Music en meer.

Laai dit gerus hier af: https://dnamusiek.ampl.ink/AnkerMyJM

VOLG JOHN OP:

Facebook – https://www.facebook.com/john.morland.98

VIR MEER INLIGTING OOR DIE ENKELSNIT / KUNSTENAAR / ONDERHOUDE, KONTAK:

DNA Musiek

dna.musiek@gmail.com

061 415 7737 | 081 804 6670

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →