Met hul nuutste album, ERFENIS, maak Die Teelepeltjies seker dat hulle jou weer aan jou herkoms herinner met twaalf varsgebakte Boeremusiektreffers saam op een album.

Stories bevat keer op keer lewenslesse waaruit jy kan leer. Sonder oorvertelling sal stories ongelukkig uitsterf. Daarom is dit belangrik dat ons ons stories aan die lewe hou deur dit aan ons nageslag te vertel. Veral stories oor ons erfenis, want daarsonder verloor ons sin vir wie ons is en waarheen ons op pad is.
Met hul nuutste album, ERFENIS, maak Die Teelepeltjies seker dat hulle jou weer aan jou herkoms herinner met twaalf varsgebakte Boeremusiektreffers saam op een album.
Olka Bolka gesels met met Christiaan.
Vertel ons lesers kortliks wie is jy
Ek is Christiaan Ras ek is 38 jaar oud en is vanaf Krugersdorp
Hoe het jy in die musiekbedryf begin
Vanaf n ouderdom van 5jaar oud begin kitaar speel saam my pa en broer
Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?
Om my talent te kan uitleef en ook sien hoe ondersteuners dit net soveel soos ek geniet
Wat doen jy behalwe musiek?
Ek is n sweiser en ons werk op myne
Vertel my van jul nuutse album?
Die album is vir seker Teelepeltjies se beste werk ooit dit gaan n moet vir enige boeremusiek liefhebber wees om die album aanteskaf
Skryf jy self jou liedjies?
In die orkes doen ek oom Johnny en Paul al die skryf en verwerkings
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Neon moon virseker hy verskyn op ons nuutste album waar Teelepeltjies die verwerking gedoen het in ons unieke styl en dit sal die heel eerste boeremusiek weergawe wees van die treffer van brooks en dunn
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek sing glad nie maar speel Afrikaanse en Engelse treffers
Wat is jou gunsteling Musiek genre?
Afrikaans country 60s boeremusiek
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Ek is soos my ma ons hou van gesels
Wat inspireer jou?
Goeie musiek
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Nog nooit so daaraan gedink my aandag is voltyds net in Teelepeltjies
Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?
Ons het pas ons nuutste album gedoen en wil skouer aan die wiel sit met hom ons begin klaar nuwe materiaal bymekaar sit vir n opvolg album on shou daarvan om als mooi te beplan en voor te berei
Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?
Eerstens geniet wat jy doen dis harde werk en bly weg van musiek politiek sien die son skyn oor almal
Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in die orkes beleef het?
Ons was in die middel van n optrede toe gaan die krag af weens beurt krag. Ek en oom johnny het in die middel van die vloer gegaan met ons Trekklaviere en begin speel , Mense het hulle selfone uitgehaal en lig gemaak en begin dans al om ons.
Wat is op jou Bucket List?
Huis koop by die see
Wanneer verjaar jy?
24 Augustus 1984
Musiek Boeremusiek
Sangers Ernie bates en West
Band Teelepeltjies
Gunsteling liedjie : Bokant die hantams ,een van my eie
Rolprent comedies, Hangover, Vacation en vele meer
Akteurs Bradley Cooper, Ed helms ,Ken jeong mr Chow
Reeks shooter Netflix
Kos en drankie niks lekkerder as n koue glasie coke en braai vleis met slaaie en krummel pap
Ontspanning: movies met popcorn of n chippie
Boek : Al boek wat ek lees is my Bybel
Vakansie bestemming: Port Edward suidkus
Kleur: Rooi
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
Jaloesie onder mense en kunstenaars
Laat wees vir optredes,vir werk of enige vergadering
Oneerlikheid Mense wat lieg
Slordigheid mens moet na jou self kyk
Waar kan mense jou kry en volg?
Mense kan deel word by ons Teelepeltjies fan page of ons volg op ons Teelepeltjies facebook page.Ons post al ons gebeure daar musiek is op alle musiek platvorms en kom stel jou gerus voor op n optrede en kuier lekker saam
PUBLISITEIT & BEMARKING STARBURST PROMOTIONS Danelle Liebenberg Sel: 0715347796 E-pos: danelle@starburstmusic.co.za Webblad: www.starburstmusic.co.za |
