Olka Bolka het die 3 manne van ADAM beter leer ken.

Die manne van ADAM is terug in die kollig en dié keer gaan jy saamsing. Hul nuutste enkelsnit, HUURVRY, stuur die groep se klank in ’n totaal nuwe rigting wat dié groep se musikale vernuf beklemtoon. “HUURVRY gaan oor daardie persoon wat die volle omvang van jou gedagtes opneem. Hy/sy neem jou, soms sonder opset, op ’n emosionele pretrit,” verduidelik Christoff de Beer, skrywer van die lied.

Hier is ons onderhoud met Hugo Ludik

Vertel ons lesers kortliks wie is jy?

Ek is Hugo Ludik. ‘n 39- jarige liedjieskrywer en vervaardiger oorspronklik van Namibië.

Hoe het jy in die musiekbedryf begin?

Na my regsstudies op Stellenbosch het ek in 2006 verhuis Johannesburg toe en vir my broer, Stefan Ludik kitaar gespeel.

Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?

Ek geniet dit om kreatief te wees.

Wat doen jy behalwe musiek?

Vir n lewe? Ek is vir die laaste 16 jaar voltyds in musiek. Ek geniet golf en krieket vir bietjie “buitemuurse aktiwiteite”

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Dis n lekker kuier liedjie oor n meisie wat jy nie uit jou kop uit kan kry nie.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

  • Papsopwinterwaternat – wat ek saam met Willie van der Merwe op Universiteit geskryf het…omdat dit die eerste liedjie was wat ek n kunstenaar ooit van my opgeneem het.
  • –      Johnnie Blou – wat ek saam met Nick Jordaan geskryf het omdat dit die eerste liedjie was wat ek ooit vir n onbekende kunstenaar geskryf het, wat die Nr.1 mees “downloaded” en geluisterde liedjie op Apple Music was.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Beide.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Pop

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek kan n lekker mieliebrood bak

Wat inspireer jou?

Inspirerende mense.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Ed Sheeran. Hy’s great.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Musiek…musiek…en nog musiek… Ek het my eie studio waar ek musiek skryf en opneem vir verskeie kunstenaars in Suid-Afrika en Namibië. Ek sal musiek bly maak solank soos wat ek kan.

Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?

Moenie na mense luister wat nie is waar jy wil wees in die industrie nie. Wees oorspronklik – jouself. Leer om komplimente, sowel as kritiek wat gegee word deur enige iemand wat nie in die industrie is nie, met n GROOT “knippie” sout te vat.

Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?

Daar’s te veel om te noem… Ek het al in die middel van n liedjie van die verhoog af gespring en kon nie weer opspring nie, want die verhoog was te hoog… Toe vat dit my amper 2 minute om weer om te hardloop en uiteindelik die trappe van die verhoog te kry en weer op die stage te klim.

Wat is op jou Bucket List?

Kersfees in Oos-Europa

Wanneer verjaar jy?

September

Wat is jou gunsteling:

Musiek

Enige iets wat ek “goed” en oorspronklik ag. Ek is nie vasgevang in “genres” wanneer dit by musiek luister kom nie.

Sangers

Freddie Mercury, Steve Perry

Band

Queen

Gunsteling liedjie

‘39

Rolprent

Good Will Hunting

Akteurs

Leonardo Di Caprio

Reeks

Arrested Development

Kos en drankie

Steak en Bier

Ontspanning

Golf

Boek

The Alchemist

Vakansie bestemming

Langstrand, Namibië

Kleur

BLOU

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Selfsug

Skelm mense

Verkeer

Hardkoppigheid

Waar kan mense jou kry en volg?

@musestudiossa (instagram)

Onderhoud met Kyle Grant

Vertel ons lesers kortliks wie is jy?

Ek is Kyle, ADAM se hoofsanger

Hoe het jy in die musiekbedryf begin?

Ek het in die musiekteater bedryf my profesionele loopbaan begin toe ek 17 was.

Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?

Om geluk te skep en om harte te genees

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek is n sang onderwyser by St Stithians College in Sandton. Dis my “day job”.

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Huurvry is n lekker saamsing “party anthem” en verseker een van die “cool”ste songs wat ADAM nog gemaak het.

Skryf jy self jou liedjies?

Ek het al n paar diep liedjies vir ADAM geskryf maar Stoff en Hugo doen meeste van die skryf werk.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Ek het 3 gunstelinge: Dis Al Wat Ek Het, Say What You Want en Come Again

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Afrikaans. Dis lekker vir my om musiek te kan maak wat direk met ons mense se harte kan praat.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

R&B en jazz

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek was n SA kampioen roeier voor ek n sanger was

Wat inspireer jou?

Die oseaan, die maan en ware “survivors”

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Mariah Carey. Sy is in my opinie die beste popsangeres van ons tyd.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Soos enige iemand anders wil ek, eerlik waar, net gelukkig wees. Ek sien dit as n groot seëning om te kan doen waarvoor ek lief is vir n lewe. Ek wil net omring wees deur liefde, vrede en veiligheid.

Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?

Wees altyd getrou aan wie jy is. Moenie jou integriteit vir roem verruil nie. Jou siel is al wat jy het. Werk hard.

Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?

Dronk tannies is elke liewe keer net pure vermaak!

Wat is op jou Bucket List?

n Toer van Thailand, Phuket en Bali

Wanneer verjaar jy?

2 Desember

Wat is jou gunsteling:

Musiek – RnB en jazz

Sangers – Mariah Carey en Jamie Cullum

Band – The Police

Gunsteling liedjie – “Both Sides Now”, Joni Mitchell

Rolprent – Beaches

Akteurs – Bette Midler, Johnny Depp, Judi Dench

Reeks – The Handmaid’s Tale

Kos en drinkie – Thai kos. Gin en Tonic.

Ontspanning – Hiking

Boek – The Reconnection (Dr Eric Pearl)

Vakansie bestemming – Plettenberg Baai 

Kleur – Blou

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Verkrampte mense, selfsigtigheid, muskiete en grootkoppe

Waar kan mense jou kry en volg?

Instagram: @mr_kyle_grant

Facebook: @KyleGrantVox

Onderhoud met Christoff de Beer

Vertel ons lesers kortliks wie is jy?

Christoff de Beer of Stoff soos almal my ken. Ek is liedjieskrywer, kitaarspeler en sanger van die groep ADAM.

Hoe het jy in die musiekbedryf begin?

Ek was in’n orkes gewees met die naam R.O.Y en toe begin ek sessie kitaar werk doen vir Kurt Darren.

Wat geniet jy die meeste van wat jy doen?

Die skryf van musiek en die manier hoe mense op ons musiek reageer. Niks is lekkerder as ‘n klomp mense word vir word die lirieke sing.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek gee skool

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Huurvry is die manier hoe iemand sonder dat hulle dit weet heeltyd in jou gedagtes bly. Jy kan nie ophou dink aan daai persoon of situasie nie. Jy bly huurvry in my.

Skryf jy self jou liedjies?

Ons doen ja.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Ek is vreeslik opgewonde oor Huurvry dit is heeltemal anders sal graag wil sien hoe mense reageer oor die.

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Ek is baie life vir my taal. Maar sal ook in Engels sing.

Wat is jou gunsteling Musiek genre?

Almal. Elke styl het iets wat ongelooflik is.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Haha ek dink eks ‘n oop boek

Wat inspireer jou?

Ander mense se manier om nooit op te hou werk vir wat hulle wil bereik nie, laat my sleg voel en dan motiveer dit my om dieselfde te doen.

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Bon Jovi! Groot ondersteuner maar ek dink my stem en syne sal mooi saampas.

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek wil ‘n paar hits skryf vir ADAM en dan ook graag vir ander kunstenaars.

Watter raad sal jy gee aan iemand wat pas in jou industrie begin het?

Gee iets uniek wat die mark nog nie gesien het nie, wees baie aktief op sosiale media en leer jou eie musiek ook skryf.

Wat is die onvergeetlikste/snaaksste voorval wat jy al in jou besigheid beleef het?

Haha jy teken somtyds vreemde liggaamsdele

Wat is op jou Bucket List?

Om ‘n groot vertoning te doen vir duisende mense

Wanneer verjaar jy?

12 Augustus

Wat is jou gunsteling:

Musiek  Ek love alle styl musiek

Sangers  Sam Fender.

Band Bon Jovi en My Chemical Romance

Gunsteling liedjie Living on a prayer

Rolprent Spiderman no way home

Akteurs Geen idee

Reeks Entourage

Kos en drankie Pizza en Whiskey

Ontspanning My huis en eie spasie

Boek Al die Harry Potter boeke

Vakansie bestemming Thailand

Kleur Groen

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Lui mense

Loadshedding

Space invaders

Flat coke

Waar kan mense jou kry en volg?

Christoff de Beer (Facebook)

christoffdebeer (Instagram)

Stoff (TikTok)

HUURVRY is nou beskikbaar op alle digitale mediaplatforms. Luister dit hier: https://linktr.ee/adammusiek

Kyk die video hier: https://youtu.be/ry25hV5PcS8

SOSIALE MEDIA

Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep

Instagram: https://www.instagram.com/adam_band_official/

PUBLISITEIT & BEMARKING STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
E-pos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

 

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →