SKRYWER VAN TOPVERKOPER, DINK SOOS ’N MILJARDÊR, STEL EERSDAAGS ’N NUWE BOEK ÉN TV-GESELSPROGRAM BEKEND

Daniel Strauss, skrywer van die topverkoper, Dink soos ’n miljardêr, se nuutste boek sal vanaf 5 Mei 2023 in alle goeie boekwinkels landswyd, asook aanlyn, beskikbaar wees.

Werk soos ’n MILJARDÊR vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin en om sy eie baas te wees, maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig. Hoe gaan hy, sonder enige geld, ’n suksesvolle besigheid begin? Op ’n dag kom Dan voor ’n groot besluit te staan wat sy hele toekoms handomkeer verander…

Dit is belangrik om te verstaan dat sy nuutste boek in storie-formaat aangebied word, totaal verskil van sy vorige boek, Dink soos ‘n Miljardêr en ook nie ‘n opvolg is nie.  In Werk soos ‘n MILJARDÊR, deel Strauss nuttige, praktiese raad waarby alle entrepreneurs sal baat deur Dan se reis. Die storie is propvol waardevolle wenke oor hoe om welvaart te skep, hoe om jouself beter te leer ken, terug te gee en volhoubare besigheidsisteme te bou.

Die leser sal maklik aanklank vind by Dan, veral entrepreneurs of diegene wat in die beginfase van hul eie besighede is of nog droom oor ’n eie besigheid.

Dan se verhaal gaan verseker tref, want die skrywer kry dit reg om deur Dan se storie moeilike besigheidsterme soos aandeelhouerswaarde, risiko-woordeskat (risk vocabulary) en mentorskap, wat soms moeilik is om te verstaan, só te vertel dat dit perspektief en duidelikheid bring deur ’n pragtige prentjie wat geskets word wat alles maklik verstaanbaar maak en jou dan ook sommer terselfdertyd uit jou gemaksone lig.

Soos in sy vorige boek kom die besigheidsterm, “Dink bo die lyn”, wat Strauss geskep het weer na vore. Hierdie keer,  word dit meer duidelik wat dit is om “bokant die lyn” te dink en vind jy rigting en identifiseer jy as entrepreneur maklik met Dan.

Daniel inkorporeer ook die wonderlike natuurskoon van Suid-Afrika in die storie en skryf oor sewe pragtige plekke, die sewe “naweek-wonders”, wat Dan moet besoek. Jy kan nie anders as om onmiddellik die plekke te gaan opsoek en op jou wenslys te plaas nie!

Foto krediet: Suzanne Swart

Strauss is self ’n suksesvolle entrepreneur wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is die Strauss in die beleggingsbeheermaatskappy, Stocks & Strauss en het as ’n jong seun in ’n klein Suid-Afrikaanse dorpie met die naam Keimoes – op die hange van die Oranjerivier, ongeveer 40 km van Upington en ongeveer 800 km van Kaapstad af – grootgeword. Hy het vakansies koerante verkoop om ekstra geld te verdien en nie die voorreg gehad om ’n eerste werk by ouers se ryk vriende te kry nie. Hy het ’n belofte aan homself gemaak dat hy eendag sal teruggee en sy kennis sal gebruik om mense te leer hoe om hulle denke oop te maak en hulle kanse om sukses te behaal te vergroot. 

Daniel Strauss glo ons is die sterk mense wat die goeie tye skep en dat jy outoriteit oor jou omstandighede het. As daar genoeg entrepreneurs is wat saamkom en op dieselfde vlak dink, kan dit ’n reuse-verskil maak, glo hy. Dit kan die ekonomie help groei, werkloosheid laat afneem en ’n beter Suid-Afrika vir almal bou. Hy gesels juis met talle invloedryke besigheidsmense soos Christo Wiese, Dr Chris van der Merwe en Jo-Ann Strauss hieroor en oor die lewenslesse wat hulle geleer het in sy nuwe televisie-program, Meer as net ‘n loopbaan, wat spesiaal vir VIA opgeneem is en vanaf 8 Mei op die kassie te sien sal wees.

Oor die skrywer:

Daniel Strauss (41) is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is ’n makro-optimis en ’n mikro-realis, wat passievol is om welvaart te bevorder en daarvan hou om die volle potensiaal van mense uit verskillende vlakke van die samelewing te ontsluit – veral diegene wat besighede bou.

Hy het ’n B.Eng. (Bedryfsingenieurswese) en MBA aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. As MBA-gegradueerde, tree Daniel gereeld op as gasdosent vir universiteitstudente. Oor die jare het hy ook verskillende kursusse in plekke soos China, Singapoer, Maleisië en Indonesië bygewoon, wat hy as van onskatbare waarde beskryf. Dit is ook geen geheim dat hy mentorskap as ’n uiters belangrike deel van elke aspek van ’n persoon se lewe beskou nie.

Hy het aan Hoërskool Keimoes gematrikuleer en was ’n kranige rugbyspeler en atleet op universiteit. Hy het op skool uitgeblink in 110 meter-hekkies, wat vir hom ’n plek in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe besorg het. Hy was ook die Dux-leerling en hoofseun van sy skool.

Hy woon tans in die Kaapse Wynlande saam met sy vrou, Rolene, en hulle twee seuns. 

Werk soos ’n MILJARDÊR is Daniel se tweede boek.

Die boek word uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers (www.nb.co.za), en sal aanlyn en in boekwinkels beskikbaar wees vanaf 5 Mei 2023.

Publikasiedatum: 28/04/2023Prys: R320Bladsye:  255Formaat:Binding: Sagteband
Kategorie: BesigheidISBN13: 9780624092742Uitgawe: 1Indruk: 0 
Digitale uitgawe se publikasiedatum: 28/04/2023Prys: R 256ePUP ISBN:Prys is onderhewig aan verandering

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Instagram: @officialdanielstrauss

Facebook: https://www.facebook.com/officialDanielStrauss?mibextid=ZbWKwL

LinkdIn: https://www.linkedin.com/in/danielstraussofficial

Webwerf: www.danielstrauss.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promotions

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →