’n Dag voor die amptelike uitreiking van Daniel Strauss se tweede boek, Werk Soos ’n MILJARDÊR, het dit reeds Exclusive Books se lys van topverkoper-besigheidsboeke gehaal. Sy nuutste vrystelling, wat van vandag af (5 Mei) aanlyn en in boekwinkels beskikbaar is, lees soos ’n roman en verskil dus hemelsbreed van sy vorige boek, Dink soos ’n Miljardêr.


PR Fotos : Daniel Strauss




Fotos verskaf.
Werk Soos ’n MILJARDÊR vertel die verhaal van Dan, ’n werknemer wat bloot van salaristjek tot salaristjek leef. Hy streef daarna om sy eie besigheid te begin en om sy eie baas te wees, maar hy staar verskeie uitdagings in die gesig. Hoe gaan hy, sonder enige geld, ’n suksesvolle besigheid begin? Op ’n dag kom Dan voor ’n groot besluit te staan wat sy hele toekoms handomkeer verander…

Maroela Media 4 Mei – Foto krediet: Brendan Croft





In sy nuwe boek deel Strauss nuttige, praktiese raad waarby alle entrepreneurs en aspirant-besigheidseienaars sal baat deur Dan se reis. Die storie is propvol waardevolle wenke oor hoe om rykdom te skep, hoe om jouself beter te leer ken, terug te gee en volhoubare besigheidsisteme te bou. Met Dan se storie verklaar hy moeilike besigheidsterme soos aandeelhouding, risiko-woordeskat (risk vocabulary) en mentorskap, deur ’n pragtige prentjie wat geskets word wat alles maklik verstaanbaar maak en jou dan ook sommer terselfdertyd uit jou gemaksone lig.





Die leser sal maklik aanklank vind by Dan, veral entrepreneurs of diegene wat in die beginfase van hul eie besighede is of nog droom oor ’n eie besigheid.









Daniel inkorporeer ook die wonderlike natuurskoon (toerisme) van Suid-Afrika in die storie en skryf oor sewe pragtige plekke, die sewe “naweek-wonders”, wat Dan moet besoek en lesers kan nie anders as om onmiddellik die plekke te gaan opsoek en op hul wenslys te plaas nie! Hierdie “wonders” is Stonehenge, Cederberge, Hluhhluwe-iMfolozi-park in Kwazulu-Natal, die Groot Afrika-seewoud, die Modjadji-broodboomreservaat in Limpopo, die Nasionale Park by die Augrabiesewaterval en Eye of Kuruman.










Strauss het amptelik op 3 Mei The Billionaire Career by Exclusive Books in Rosebank bekendgestel en Werk Soos ’n MILJARDÊRop 4 Mei by Maroela Media se kantore. Sy pragtige vrou, Rolene Strauss, het hom vergesel.



Daniel Strauss (41) is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy glo ons is die sterk mense wat die goeie tye skep en dat jy outoriteit oor jou omstandighede het.
“As daar genoeg entrepreneurs is wat saamkom en op dieselfde vlak dink, kan dit ’n reuse-verskil maak”, glo hy. “Dit kan die ekonomie help groei, werkloosheid laat afneem en ’n beter Suid-Afrika vir almal bou.”
Sy nuwe geselsprogram, Meer as net ’n loopbaan, word vanaf 8 Mei 2023 elke Maandag om 18:30 op VIA uitgesaai. Hier gesels hy met invloedryke besigheidsmense soos Christo Wiese, dr. Chris van der Merwe, Johan Bosini, Wilhelm Hertzog Bryan Habana en Jo-Ann Strauss oor entrepreneurskap en die lewenslesse wat hulle geleer het.
Werk soos ’n MILJARDÊR word uitgegee deur Tafelberg, ’n druknaam van NB-Uitgewers (www.nb.co.za), en is nou aanlyn en in alle goeie boekwinkels beskikbaar.
Kry dit aanlyn hier:
The Billionaire Career
https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780624092766
Werk soos ‘n Miljardêr
Exclusive Books : https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780624092742
Publikasiedatum: 28/04/2023 | Prys: R320 | Bladsye: 255 | Formaat: | Binding: Sagteband |
Kategorie: Besigheid | ISBN13: 9780624092766 | Uitgawe: 1 | Indruk: 0 | |
Digitale uitgawe se publikasiedatum: 28/04/2023 | Prys: R256 | ePUP ISBN: | · Prys is onderhewig aan verandering |
Instagram: @officialdanielstrauss
Facebook: https://www.facebook.com/officialDanielStrauss?mibextid=ZbWKwL
LinkdIn: https://www.linkedin.com/in/danielstraussofficial
Webwerf: www.danielstrauss.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za
Vir enige onderhoude, kontak my gerus direk.