Die skryf-gogga het Lorinda Ferreira kleintyd al gebyt.

Lorinda Ferreirais gebore op 4 Julie 1980 in Port Elizabeth en word groot op Despatch in die Oos-Kaap. Begin my skoolloopbaan by Laerskool Sonop in 1987.

 My onderwysers Menere Maruis Kleyn, Andrew van Niekerk, Johan Nortier, Mevroue Nortier en Esmé Els het die liefde vir Afrikaans en skryf by my aangewakker. Ek het n boekprys in St. 5 gekry vir bywoning. Pouses het ek gesit en lees. Na my laerskool loopbaan gaan ek na Hoërskool Despatch waar ek pouses as biblioteek prefek diens gedoen het. My belangstellings is boeke, lees, skryf, Formule 1 en ek hou van bak en brou. 

My mentor is die bekende skryfster Wilmari Jooste wat my inspireer en van goeie raad bedien. Ek het die Skryfkursus vir Beginners onder lyding van tannie Wilmari Jooste suksesvol voltooi op 26 Mei 2021. 

Ek is geskei en het n seun Ewald Oosthuizen en kleindogter Ewalda. In 2007 verhuis ons na Noupoort in die Noordkaap waar ek begin skryf.

 My eerste boek Weerwolfliefde verskyn 20 Januarie 2022 en my tweede boek Prinses in denim verskyn 14 Julie 2022. Die derde boek Misterie van die woud is op 18 April 2023 vrygestel.

Ek gebruik die skuilnaam Juleandré Bianchi ter ere aan die ontslape formule 1 renjaer Jules Lucien André Bianchi. My uitgewer is Malherbe uitgewers, die beste uitgewer in die land.

Die bundels waarin my kortverhale is, is 

101 Lekkerlees stories (6) kortverhale

Rus en vrede bundel (4) kortverhale

Emosie bundel (2) kortverhale

Die lewe is n lied (1) kortverhaal 

Half gewonne n bundel vir eerstes (1) kortverhaal 

Olka Bolka het ‘n onderhoud met Lorinda gedoen om meer uit te vind oor haar.

Waar is jy gebore en het jy grootgeword?

Ek is in Port Elizabeth gebore op 4 Julie 1980 en het grootgeword in Despatch in die Oos-Kaap. 

Het jy naskool gaan studeer, indien wel wat?

Ek het nie na skool verder studeer nie het net n skryfkursus vir Beginners gedoen by die gewilde skrywer Wilmari Jooste. 

Wat is jou beroep?

Ek is ‘n skrywer by Malherbe uitgewers. 

Skryf jy voltyds?

Ek skryf voltyds.

Het jy van kleintyd af al gelees?

Ja, ek het myself leer lees en het altyd pouses by die Laerskool Sonop onder die boom gesit en lees.  Die kinders het my boekwurm genoem. 

Wanneer het jy begin skryf en wat was jou eerste verhaal?

Ek het op skool begin skryf en het nooit gedink my skryfwerk is goed nie. My eerste storie wat ek geskryf het was Prinses in denim. 

Hoeveel boeke het jy al geskryf?

Tot op datum is daar drie boeke uit my pen Weerwolfliefde, Prinses in denim en Misterie van die woud.  

Wat is jou genre?

Ek skryf in enige genre dat alle ouderdomme my stories kan geniet. 

Watter tipe boeke lees jy?

Ek lees liefdesverhale en partykeer sal ek n spanningsverhaal lees. 

Is daar ‘n boek wat jy gelees het, wat ‘n groot indruk op jou gemaak het?

Die boek wat ‘n groot indruk op my gemaak het is Kasteel van die Arend Susanna M Lingua. 

Wat is jou drome?

My droom is om eendag n bekende skrywer te wees en dat mense my boeke sal geniet. 

Vertel ons van jouself in ‘n neutedop?

My gunsteling kleur is rooi en ek hou van Formula 1 wedrenne kyk. Ek woon op Noupoort in die Noordkaap. Ek het ‘n seun Ewald en is geskei. 

 Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek het n pragtige kleindogter Ewalda Oosthuizen en is besig met navorsing oor my familie en het uitgevind dat een van my voorvaders ‘n seerower was.  

Wat inspireer jou?

Die lewe rondom my inspireer my asook vriende wat my aanmoedig.  

As jy met enigeiemand oor ‘n koppie koffie kan gesels, wie sal dit wees en hoekom?

Die persoon saam met wie ek graag koffie sal wil drink is die bekende skrywer J. K. Rowling. Sy is iemand wat nie moed opgegee het in die lewe nie na sy baie gesukkel het en ek hou daarvan sy het aangehou en geglo sy kan n verskil maak deur die Harry Potter reeks te skryf.  

Wat is op jou emmerskoplys?

My emmerskop lysie is kort en wil eendag as dit my beskore is Switserland toe gaan. 

Covid het ons “normale” lewe op sy kop gedraai, hoe ervaar jy dit?

Covid het my nie eintlik gepla nie. Dit het net beteken dat ek meer tyd gehad het om te skryf. 

Hoe wil jy onthou word?

Ek sal graag eendag onthou wil word as iemand wat altyd omgegee het vir haar familie en vriende. 

Wat is volgende vir jou, en hoe sien jy jou toekoms?

Ek is altyd aan die gang en besig om te skryf. Ek het ses manuskripte klaar en hoop om in die toekoms nog baie stories te skryf. 

Wat is jou gunsteling:

My gunsteling tipe musiek is Afrikaans en Country musiek. 

My gunsteling sanger is Steve Hofmeyr en gunsteling sangers is Juanita du Plessis. 

Gunsteling rolprent is Independence Day 

Gunsteling akteur is Sylvester Stallone en my gunsteling aktrise is Angelina Jolie. 

My gunsteling kos is my ma se kerrie en vetkoek en my gunsteling drankie is Coke. 

My gunsteling ontspanning is lees, stap en DVD’s kyk naweke.  

My gunsteling boek is Kasteel van die Arend Susanna M Lingua. 

My gunsteling vakansieplek is Knysna. 

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Ek hou nie van mense wat vals is en ander in die rug steek nie en ook mense wat dink hulle is beter as ander. Ek hou ook nie daarvan as iemand my familie en vriende slegsê nie. Ek hou ook nie daarvan as diere en kinders seergemaak word nie. 

Waar kan lesers jou volg, en jou boeke aankoop.

Ek het n groep op Facebook Juleandré Bianchi publikasies/publications waar lesers my kan volg. My boeke kan bestel word by sales@malherbe-uitgewers.co.za  

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →