DEON GROOT SE LOFSANG VIR DIE EEN IN JOU LEWE, is nog ‘n treffer uit Deon se pen.
Sommige mense reken wanneer jy deur ander geliefd is, gee dit vir jou krag, maar om ’n ander persoon innig lief te hê, vereis waagmoed. In Deon Groot se nuwe lied, DIE EEN is hierdie emosie die sentrale fokuspunt. DIE EEN is ’n dringende boodskap wat Deon aan daardie een persoon in sy lewe moet oordra. Deon het dié lied aan sy verloofde geskryf. Daarin ondersoek hy die verskil wat DIE EEN persoon in jou lewe kan bring. Die teer lirieke kry nuwe betekenis met die goeddeurdagte kontras tussen die persoon se afwesigheid en teenwoordigheid.

Olka Bolka het n onderhoud met Deon gedoen.
Vertel ons lesers kortliks oor jouself, waar jy gebore is ens.
Eks gebore in Omaruru, Namibie en het groot geword in Kriel, Mpumalanga en het later verhuis na Namakwaland en daar skool gegaan in n plek met die naam van Alexanderbaai. Eks tans in Pretoria waar ek my musiek loopbaan volg en ook die land vanaf heen. My musiek het ook ontstaan in Namakwaland en het dit later in Pretoria tot die mark gebring.
Vanaf n klein begin in n karaoke kompetisie tot later die grootste van platforms in feeste en die alombekende Krone. Die liedjies Bietjie liedjie was van my eerste goue treffers op my eerste album en toe daarna het die my loopbaan ontplof met die lied WYN wat goue status ontvang het en meer as 1 000 000 kyke op Youtube. Die lied staan ook op Platinum status. .
DIE EEN is die liefdeslied waarvoor talle Suid-Afrikaners gewag het. Luister dit hier: https://linktr.ee/deongroot
Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=d4ywq4i3PJE




Wat het jy na Matriek gedoen?
Na matriek het ek gaan studeer in die kaap as n siviele ingeneur en het as diamant waardeerder gaan werk in Namakwaland om my studielening af te betaal. Ekt ook as operationele bestuurder kom werk in Pretoria se tukkies en deur dit werk gekry as die sekerheid bestuurder by Denel Land Systems.
Ekt van daar as risiko bestuurder gaan werk vir DHL en imperial logistics in Sunderland ridge en na dit Teelgom verkoop vir n klein rukkie.
Dit is toe dat ek als opgegee het en volstoom begin werk het aan my musiek loopbaan.
Wat doen jy behalwe musiek?
Tans skryf ek musiek vir verskeie kunstenaars en spandeer ek ook tyd waar met mense en die natuur waar ek wegbreek van als en alles in die bedryf. Ek fokus meestal net op musiek.
Vertel my van jou nuutse enkelsnit?
Die nuuste enkelsnit, wel…ek voel met alles wat ek skryf dat daar baie in my steek in daardie opsig maar kon nog nooit regtig dit uitbring of bemark ens nie. Daar was ook n deel van mense wat gese het ek moet net fokus op die kuier liedjies. En tog brand daar iets in my as liedjieskrywer om meer te kon gee as wat ek die laaste ruk in die mark het. So ekt gaan sit en skryf vir my verloofde want dit is waar my hart rus en voel dis waar ek die meeste van my hart kan gesels en uitbring ook as liefjieskrywer met gevoel meer as net die kuier goed. So die een is basies vir haar en my liefde vir haar oor alles en deur alles waar ons is, en so ook vir my om my ander kant te bring vir afrikaans en so myself te laat gaan.
Skryf jy self jou liedjies?
Ja ek skryf als self, om dit te “polish” vat ek dit na my getroue vriend en tromspeler Louwrens Bezuidenhout “Louwri” om net n ander oor te hoor en insette om diebgevoel omtrent wat ek skryf meer uit te bring. Natuurlik hoor my verloofde dit altyd eerste en gee sy haar stukkies in dit ook.
Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?
Jis ja daar so baie vir verskeie redes, bietjie liedjie oor dit my eerste slaan tot die mark was. Maar voor dit was daar n lied “400 voet van oorbegin” wat als moontlik kon maak om juis dit te kon uitbring. Ekt ook n lied geskryf vir my ouers wat baie betekenis dra in die lied “is die koeel al deur die kerk”. Dit dra my! Wyn natuurlik is die een wat energie gee tot wie ek is maar DIE EEN is my gunsteling oor dit eg en uit die hart kom met als wie ek is en voor leef.
Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?
Ek verkies my moedertaal elke dag oor ek daar in skryf en deel maar engels vloei net maklik wanneer mens dit hoor en val maklik op die oor ook in terme van skryf en klanke. Hierdie is egter my taal en huis…afrikaans is my bloed
Enige stokperdjies?
Ek dink ekt te veel. Eks mal oor tuin maak…ekt talle bonzai boompies wat ek self uit saad uit gekweek het en versamel ook Funko Pop batmans. Ekt n liefdes vir my vrese oorkom en een van dit was spinnekoppe so ekt hulle gaan bestudeer en deur dit my vrees oorkom en het op n kol meer as 152 verskillende spesies tarantulas van reg oor die land in my huis gehad in my man cave. Maar tans het ek net die skaarste spesies om mense daarvan te leer. Dieselfde gaan vir my vrese in reptiele en besit n groenboom luislang met die naam Chimera. Ekt ook op n kol n iguana gehad, en verskeie ander spesies.
Wat is jou musiek genre?
Ek dink nie daars juis n genre wat my effektief beskryf nie maar wel n kombinasie van modern country, Pop, 80’s gekombineer met n bluegrass ondertoon.
Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?
Eks n Groot Playstation freak. Veral die Warzone (CALL OF DUTY). Ek spandeer my af tyd hiermee ook en is van die beter speler in hierdie speletjie en het self al geld gewen in n toernooi.
Wat inspireer jou?
Ek dink mense is my inspirasie. Almal het n storie van een of ander soort. As mens minder praat en meer luister kom jy op unieke stukkies mooi af en praat dit n liedjie op sy eie manier.
As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?
Saam enigiemand in die wêreld sou dit wees Nate Smith of dalk Luke Combs. Tans van my gunsteling sangers in die modern Country mark.
Watse raad sal jy iemand gee wat nou in jou bedryf wil begin?
Ekt op n kol raad gekry vanaf Theuns Jordaan toe ek net begin het met die karaoke kompetisies. Met daardie raad het ek later verder gegaan en self saam met hom 8jaar later by n fees opgetree in die Swartland. Sy raad aan my destyds was “moet nooit opgee op enigiets wat jy aanpak nie, as jy opgee het jy misluk…wanneer jy daarvoor werk is jy besig om te groei tot jou droom en kan niemand dit van jou af wegneem nie”
Enige snaakste of benoude oomblikke tydens konserte?
Ekt al een keer van n tafel afgeval. Die was in ellisras en die tafel was wankelrig. Toe ek op die tafelspring toe gooi dit my balans af en beland ek op die vloer steeds aan die sing…
Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)
Ek wil graag eendag die Amazone en Galapagos eilande besoek en die natuurlewe van dit ervaar…maar met alles in my is my fokus om te kan trou met my pragtig verloofde.
Wanneer verjaar jy?
Ek verjaar die 17de Mei elke jaar.
Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.
1. Ek hou nie van mense wat hulself prys meer as God nie.
2. Chick peas. Daai goed net so is aaklig.
3. Drama movies
4. Konflik
Wat is jou gunsteling:
Tipe Musiek
Modern Country
Sangers
Daughtry
Brothers Osborne
Nate Smith
Luke Combs
Band
Seaforth
Gunsteling liedjie
World on fire – Nate Smith
Rolprent
Inception en Shutter island
Akteurs
Nicholas Cage, Leonardo Dicaprio, Denzel Washington en Russel Crowe
Reeks
Breaking Bad en True Detective
Kos en drankie
Seekos. Kreef, oesters, mossels, prawns maar ek love n lekker tjop en steak ook.
Ontspanning
Playstation en kamp
Boek
Eks nie n groot boek lees mens nie en lees meestal koerant. Maar boeke wat ek beloer is goed van David Attenburough.
Vakansie bestemming
Namibie se woestyn en om nog te beleef die Maldives en amsterdam.
Kleur
Swart / donker charcoal grys. (Dis n sterk kleur)
Waar kan mense jou kry en volg?
SOSIALE MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/deongroot/
Instagram: https://www.instagram.com/deongroot
FacEbook : DEON GROOT MUSIEK
INSTAGRAM: @deongroot
Twitter: Deon Groot
Tiktok: Deon Groot
Spotify: Deon Groot
Applemusic: Deon Groot
Besprekings: deongroot@gmail.com
PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOTIONS
Danelle Liebenberg
Sel: 0715347796
Epos: danelle@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za
