JOHN WICK: CHAPTER 4 het regtig alle verwagtinge oortref en buiten vir ’n rits prestasies en goeie resensies, is dit ook nou die fliek in hierdie aksierolprentreeks wat die hoogste inkomste verdien het in Suider-Afrika.

“Ons wil graag die uitstallingsvennote, bemarkers, beïnvloeders en almal wat betrokke was by die bekendstelling van JOHN WICK: CHAPTER 4 bedank. Dit is te danke aan julle ondersteuning dat hierdie film die hoogste inkomste in Suider-Afrika verdien het van al die rolprente in die reeks,” sê Filmfinity.
Hierdie merkwaardige prestasie beklemtoon die gewildheid en sukses van die nuutste aflewering in die opwindende John Wick-reeks.
Sedert dit plaaslik begin wys het op 24 Maart 2023, het JOHN WICK: CHAPTER 4 gehore in vervoering, presteer dit goed by die loket en word dit geprys deur aanhangers en kritici. Verder het dit ook op ’n indrukwekkende noot afgeskop toe dit meer as R7-miljoen verdien het gedurende die openingsnaweek.
Internasionaal is dié fliek goed ontvang, met baie resensente wat dit beskryf as die aksiefliek van die jaar.
Keanu Reeves hervat in die nuutste prent sy rol as berugte huurmoordenaar wat ’n manier moet vind om die High Table te verslaan. Maar voordat Wick sy vryheid kan kry, moet hy eers ’n nuwe krimineel uitoorlê wat kragtige alliansies regoor die wêreld het, en van ou vriende vyande maak.

Dié lokettreffer spog met ’n sterbelaaide rolverdeling. Laurence Fishburne is weer in die prent te sien, asook Donnie Yen in die rol van Caine, ’n voormalige slypmoordenaar en ’n vriend van Wick. Ian McShane is ook terug as Winston, eienaar van die Continental Hotel, en Lance Reddick as die portier, Charon.
Bill Skarsgård sluit ook aan as een van die lede van die High Table, en verleen diepte en dimensie aan die rol, terwyl Shamier Anderson, wie se karakter bekendstaan as die Tracker, en sy hond beslis ook kykers se harte gaan steel.



Aksiefliekliefhebbers gaan beslis nie teleurgesteld wees nie en alhoewel dit onmoontlik klink, bied JOHN WICK: CHAPTER 4 nóg meer aksiebelaaide skiet- en vegtonele as tevore om kykers op die punte van hul stoele te hou.
As ’n samevatting van die eerste drie rolprente, bied die vierde toevoeging’n opwindende klimaks en is dit ’n moet-sien-fliek vir almal wat hierdie reeks geniet.
As jy dit nog nie gesien het nie, besoek nou jou naaste bioskoop!

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=hX0IsqzdfB8
SOSIALEMEDIASKAKELS
FILMFINITY
Facebook: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/
Twitter: @TeamFinityZA
Instagram: @teamfinityza
PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf: www.starburstmusic.co.za
Vriendelike groete,
STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

www.starburstmusic.co.za | alani@starburstmusic.co.za | 072 442 6918