Met ARMAND STEENKAMP se liedjie JOHANNA VAN SALDANHA, moes Olka Bolka net meer oor hom uitvind!

Afrikaanse kunstenaar Armand Steenkamp het onlangs sy nuwe enkelsnit, “Johanna Van Saldanha”, vrygestel. Die liedjie is geïnspireer deur die wyle Worsie Visser se “Liedjie Gee Hom Gas Johanna”, en is ‘n eerbetoon aan die wonderlike vrou wat op die weskus van Suid-Afrika gewoon het.

Armand het die liedjie geskryf nadat hy een oggend by ‘n vriend, in sy braaikamer in Langebaan gesit  kuier het. Daar het hy aan Worsie Visser se liedjie gedink en homself afgevra wie die Johanna was, wat almal so gas gegee het. Hoe sy gelyk het en wat het sy gedoen?

Hier is Olka Bolka se onderhoud met Armand Steenkamp

Vertel ons lesers kortliks oor jouself, waar jy gebore is ens.

Man ek is gebore in Nababeep. N klein dorpie hier in Namakwaland net lang Springbok.

Wat het jy na Matriek gedoen?

My droom was maar om na skool te gaan boer. Maar die droogte het gemaak dat ek net n jaar saam met my Pa en Ma kon boer. Na dit was ek maar voltyds in die musiekbedryf.

Wat doen jy behalwe musiek?

Ek werk op my vrou se seunewees… nee ek spot maar net. Ek is voltyds in die musiekbedryf vir die afgelope 13 jaar

Vertel my van jou nuutse enkelsnit?

Man ek het op n more in n vriend van my se braaikamer gesit. En die liedjie van Worsie Visser ” Gee hom gas Johanna” was in my kop. Toe beginne ek wonder maar wie was Johanna, wat het sy gemaak en hoe het sy gelyk. Toe skryf ek die liedjie Johanna van Saldanha.

Skryf jy self jou liedjies?

Ja, ek probeer maar die laaste tyd net my eie liedjies opneem. Van CDs nie meer n ding is nie is dit nie die moeite werd om n cover op te neem nie.

Is daar ‘n liedjie wat vir jou uitstaan wat jy opgeneem het?

Ja, die liedjie is nog nie vrygestel nie so ek kan nie te veel uitlap nie maar sy naam is ” Oom Boetie se dit is n meermin”

Wat verkies jy om Afrikaans of Engels te sing?

Ek verstaan skaars engels wat nog te se engels sing. Nee ek verkies maar Afrikaans

Enige stokperdjies?

Visvang en jag, herlaai

Wat is jou musiek genre?

Ek dink Zak van Niekerk het dit die beste gestel. Kuier musiek of Boere folk musiek.

Vertel ons iets wat niemand van jou weet nie?

Ek het provinsiale kleure in rots en strand hengel

Wat inspireer jou?

My vriende

As jy saam met enigeiemand in die wêreld kan sing, wie sal dit wees en hoekom?

Haha Luke Combs. Ek dink nie daar is iemand wat naby hom kom as dit by country musiek kom nie.

Watse raad sal jy iemand gee wat nou in jou bedryf wil begin? Sing orals waar jy kan. Elke kroeg en elke partydjie. Moet net nie verniet of vir             ”blootstelling” sing nie. Jy kan nie jou rekeninge met 5000 blootstellings betaal nie.

Enige snaakste of benoude oomblikke tydens konserte?

Sulke goedjies gebeur sommer op n gereelde basis met my. Ek het by n fees opgetre en in my vertoning het ek een of twee liedjies waar ek bekfluit speel en sing. Nou die tye wat ek sing steek ek sommer die bekfluitjie in my jean se sak. Ek het net vergeet dat die jean se linker sak n gat in het. En so net na ek die fluitjie in my sak gesit het voel ek maar hy beweeg nou af teen my been en ek sal hom daar moet uitkry voor ek weer moet bekfluit speel anders gaan ek my stukkie bekfluit mis. Nodeloos om te se ek moes maar my hand by my broek insteek om die fluit uit te grou. Ek wonder nounog wat die mense gedink het.

Wat is op jou emmerskoplys? (Bucket List)

Om in elke land in die wereld vis te vang

Wanneer verjaar jy?

5de February

Waarvan hou jy niks – noem 4 dinge.

Mense wat lieg

Mense wat vals is

As iemand dink vriendskap kan gekoop raak

Droogte

Wat is jou gunsteling:

Tipe Musiek

Enige Afrikaanse musiek. En Country

Sangers

Daar is bitter baie..

Luke Combs.

Morgan Wallen

Steve Hofmeyer

Appel

Om maar net enkeles te noem

Band

The Highwaymen

Gunsteling liedjie

Dit verander ook elke week maar op die stadium ”Ek kort” van Steve.

Rolprent

Saving Private Ryan

Akteurs

Los hande Frank Opperman

Reeks

Die vierde kabinet

Kos en drankie

Braaivleis en brannewyn met coke

Ontspanning

Herlaai, visvang en tyd saam my familie spandeer

Boek

Enige iets van Vince Flynn of Deon Meyer

Vakansie bestemming

Hentiesbaai

Kleur

Blou

Waar kan mense jou kry en volg?

Ek is op meeste sosiaale media platforms maar is die meeste aktief op Facebook en Tiktok.

Met die bekendstelling  van die nuwe enkelsnit, het Armand Steenkamp ook genoem dat daar meer liedjies hierdie jaar sal bekendstel.

Luister dit hier: https://vyd.co/Johannavansaldanha

Kyk die video hier: https://youtu.be/uz6IaDlBqmQ

PLATEMAATSKAPPY:

Vonk Musiek

Tel: 011 823 1771 / 011 823 1772

Epos: sing@vonk.co.za

Webblad: www.vonkmusiek.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOTIONS

Danelle Liebenberg

Sel: 0715347796

Epos: danelle@starburstmusic.co.za

Webblad: www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →