NUWE DE NIRO-KOMEDIE, ABOUT MY FATHER, BINNEKORT IN PLAASLIKE ROLPRENTTEATERS TE SIEN

Maak gereed vir ’n skreeusnaakse en hartroerende komedie wat die kompleksiteit van familieverhoudings ondersoek!

ABOUT MY FATHER, met die legendariese Robert De Niro in die hoofrol, is losweg gebaseer op die lewe van die Italiaans-Amerikaanse komediant, Sebastian Maniscalco, en is vanaf 26 Mei 2023 in plaaslike bioskope te sien!

Die fliek, met as Laura Terruso regisseur, volg die storie van Sebastian (Maniscalco) en sy pa Salvo (De Niro). Salvo, ’n hardkoppige Italiaans-Amerikaanse haarkapper, ry sy seun se pogings om sy meisie Ellie (Leslie Bibb) – met wie hy graag wil trou – se welgestelde en effens eksentrieke familie te beïndruk.

Die drama begin wanneer Salvo Sebastian oortuig om hom saam te vat na haar familie se Onafhanklikheidsdag-wegbreek op hulle somerlandgoed. As ’n eerstegenerasie-immigrant het Salvo nog altyd die Amerikaanse droom nagejaag, terwyl Ellie se gegoede familie dit daagliks leef. Verder, verskil sy koue en emosielose benadering hemelsbreed van die van haar warm en liefdevolle gesin. Die resultaat is dat die naweek ontaard in, wat kan beskryf word as, ’n kombinasie van kultuur- en generasie-geskille met verrassende gevolge.

Die storielyn is geïnspireer deur Maniscalco se eie ervaring toe hy sy vrou se familie moes ontmoet. ABOUT MY FATHER kry dit reg om op ’n slim manier te wys wat gebeur wanneer twee gesinne, uit verskillende sosio-ekonomiese agtergronde, gedwing word om ’n naweek saam te spandeer en mekaar se oortuigings uitdaag. Gedurende dié proses ontdek hulle egter dat dit juis hulle verskille is wat hulle uniek maak. Alhoewel die rolprent skreeusnaakse tonele bevat, is daar ook warm, emosieblaaide oomblikke.

Buiten vir Maniscalco en De Niro, spog ABOUT MY FATHER ook met ’n sterbelaaide rolverdeling, wat Kim CattrallDavid Rasche, Brett Dier en Anders Holm insluit as Sebastian se aanstaande skoonfamilie.

Volgens Austen Earl, wat saam met Maniscalco aan die draaiboek gewerk het, kan die fliek nie net beskryf word as ’n romantiese komedie nie, maar ook ’n rolprent oor die verhouding tussen ’n seun en sy pa. Die reis wat Sebastian ondergaan vanaf die punt dat hy sy pa as ’n verleentheid sien, tot die besef dat sy pa help vorm het aan wie hy is, vorm die kern van hierdie hartroerende verhaal.

ABOUT MY FATHER herbevestig die waarde van familie en liefde en herinner die kyker dat dit soms nodig is om mekaar halfpad te ontmoet wanneer dit by familie kom.

“Almal het ’n familielid met wie hulle nou en dan koppe stamp, maar op die einde van die dag gaan dit oor familie en ons liefde vir mekaar,” sluit Maniscalco af.

Die rolprent word plaaslik versprei deur Filmfinity Pty (Ltd.) en sal te sien wees by die volgende bioskope:
 

ONAFHANKLIKE TEATERS

Atlanta Cinema

Epic Mall@Reds

Epic Northridge

Epic Sun City

Grandwest Cine Centre

Midlands Cine Centre

Movies@Emnotweni

Movies@GoldReef

Movies@Monte

Movies@Silverstar

Suncoast Cine Centre

The Grove Windhoek

NU METRO

NM Arcades

NM Ballito

NM Bedford

NM Boardwalk

NM Canal Walk

NM Clearwater

NM Cornubia

NM Emperors

NM Galleria

NM Giyani

NM Hyde Park

NM Loch Logan

NM Menlyn Park

NM Mountain Mill

NM Pavilion

NM The Glen

NM The Strip

NM Trade Route Mall

NM Westgate

NM Woodlands

STERKINEKOR

Blue Route

Brooklyn Commercial

Cape Gate

Carnival City

Cradlestone

Cresta

East Rand Mall

Eastgate

Gateway Commercial

Greenstone Mall

I’langa Mall

Kolonnade

Mall of Africa

Manda Hill

Maponya Mall

Matlosana Mall

Rosebank Nouveau

Rustenburg

Sam Levy

Sandton

Shelly Beach

Sterland

The Grove

V & A Waterfront

Vaal Mall

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=wvzjkBWoZjw

SOSIALEMEDIASKAKELS
FILMFINITY
Facebook
: https://www.facebook.com/TeamFinityZA/
Twitter: @TeamFinityZA
Instagram: @teamfinityzaPUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies

Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos:alishia@starburstmusic.co.za
Webwerf:www.starburstmusic.co.za

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →