
Vang die storie in jou hart op papier vas! Broei daar al vir jare ʼn storie in jou kop wat jy graag op papier wil vasvang? Dan is Skryfnet se inleidende skryfkursus, Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns, net die oplossing waarna jy soek. Hierdie praktiese, inleidende aanlyn kursus (wat vanaf 24 Julie 2023 vir die sewende keer aangebied word) is ontwikkel deur die bekroonde Afrikaanse skrywer, prof. Hans du Plessis, en word aangebied deur Charlene Hougaard. Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns duur agt weke en fokus op die skryf van verhalende prosa, met spesifieke verwysing na die skryf van ʼn kortverhaal. Die beginsels en skeppingselemente wat in die kursus bespreek word, geld egter ook vir die skep van enige verhalende prosa werk – soos ʼn roman, jeugverhaal, kinderverhaal of novelle. Die kursus bestaan uit agt leergedeeltes (wat weekliks op kursusgangers se eie tyd deurgewerk word) met notas, video’s, praktiese opdragte, aanvullende leermateriaal en regstreekse aanlyn-sessies. Charlene (die aanbieder) ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook enige tyd met mekaar gesels op die platform se kletskamer. Na afloop van hierdie kursus sal deelnemers toegerus wees met die teoretiese kennis en praktiese vaardighede om ʼn eie verhaal te beplan, skryf en ontleed. Hulle sal ook kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Akademia. Bespreek nou jou plek! Belangstellendes kan nou uit een van twee opwindende opsies kies wanneer hulle plek bespreek vir hierdie waardevolle kursus. 1. Betaal ʼn eenmalige bedrag van R3 200 vir die agt weke kursus. Klik hier om jou plek te bespreek. 2. Bespreek vir Inleidingtot Kreatiewe Skryfkuns + enige ander kursus van jou keuse (binne twaalf maande vanaf betaling) en kry R800 afslag. Klik hier om van die spesiale aanbod gebruik te maak. Inskrywings vir hierdie kursus sluit op 20 Julie 2023. Vir meer inligting oor die kursus, stuur ’n e-pos na navrae@skryfnet.co.za. Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia. |
