NUWE BOEK ONDERSOEK DIE KUNS VAN MENSLIKE LEUENVERKLIKKING

Het jy geweet dat daar tussen 10 en 200 keer per dag vir jou gejok word en dat jy gedurende hierdie tydperk ten minste een of twee keer ook oneerlik is met jouself? As jy al ooit gewens het om te weet wanneer iemand vir jou jok, is DECODE DECEIT die perfekte boek vir jou! Dis geskryf deur een van die land se voorste menslike leuenverklikkers, Lizette Volkwyn, en delf in fassinerende wêreld van leuenopsporing en kommunikasiewetekenskap.

“Menslike leuenverklikking is ’n redelike nuwe wetenskap en, in teenstelling met wat almal glo, nie ’n vaardigheid wat beperk is tot sekuriteit- en intelligensiemagte nie, maar een wat nuttig is vir enigiemand wat sy kommunikasievaardighede wil verbeter,” sê Lizette. “Eintlik word die waarde daarvan in ons alledaagse lewens onderskat. As meesterlewensafrigter ervaar ek daagliks dat meeste van ons uitdagings kom van miskommunikasie en verwagtinge wat nie ontmoet is nie as gevolg van leuens, skelmsnuiters en emosies wat ons verkeerd ‘gelees’ het.”

Vir haar was dit dus noodsaaklik om ’n boek te skryf. “Ek wil my kennis as menslike leuenverklikker met so veel moontlik mense deel deur hulle toe te rus met hulpmiddels en tegnieke wat hulle in staat sal stel om meer oop en professioneel te kommunikeer. My doel met hierdie boek is nie noodwendig om mense toe te rus met die gereedskap om leuenaars bloot te stel nie, maar eerder om deursigtigheid aan te moedig en mense te motiveer om genoeg selfvertroue te hê om oop en eerlik te praat. Daarbenewens wil ek mense help om hul kommunikasievaardighede te verbeter.”

Volgens Lizette verklap die titel presies wat lesers kan verwag. “Mense dink dikwels dat dit moeilik is om ’n leuen raak te sien en dat daar ’n geheime kode moet wees om hierdie vaardigheid te ontsluit. Die boek maak hierdie mite ongedaan. Dis geskryf in ’n maklik leesbare geselsstyl en lei lesers deur elke tegniek, deur hulle te wys waarvoor om te kyk in alledaagse gesprekke om die kaf van die koring te skei. Dit bevat ook ware voorbeelde en gevallestudeis.”

DECODE DECEIT sal vanaf 24 Mei 2023 beskikbaar wees op Amazon of www.lizettevolkwyn.com. (aanlyn en/of harde kopie).

Die boek is aanvullend tot Lizette se gewilde werkswinkel, I CAN SEE YOU LIE, wat volgens Leon van Nierop “een van die mees insiggewende, professionele en lewensveranderende werkswinkels is wat ek nog ooit bygewoon het. Dit word aangebied deur die enigste twee gesertifiseerde PEI-leuenverklikkers in die land, Volkwyn en Marcus Coetzee

Die volgende werkswinkel vind op 2 en 3 Junie 2023 plaas by Centurion Golf Club Country Estate en is vir enigiemand wat graag hulle persoonlike en professionele kommunikasievaardighede wil opskerp. Dit sal deelnemers leer om hul emosies te beheer, leuens te identifiseer en hulle algemene kommunikasievaardighede te verbeter deur die basiese beginsels van leuenverklikking te deel.

Soos die boek, gaan dié werkswinkel egter oor meer as om leuenaars uit te vang. Lizette verduidelik: “In vandag se wêreld, waar kommunikasie die sleutel tot sukses is, is dit belangriker as ooit om mense se bedoelings akkuraat te kan interpreteer en leuens te identifiseer. Deur diep te delf in onderwerpe soos kognitiewe onderhoudvoering, mikro-uitdrukkings en hoe om ’n leuen op te spoor, leer hierdie werkswinkel belangrike vaardighede soos om leuens in ander te herken en sodoende te verhoed dat mense misbruik of mislei word.”

Die tweedaagse I CAN SEE YOU LIE-werkswinkel kos R2 850 per persoon. Vir meer inligting of om te bespreek, stuur ’n e-pos na info@lizettevolkwyn.com of besoek www.lizettevolkwyn.com.

Lizette is ’n veelsydige vrou wat na meer as twee dekades in die korporatiewe bedryf besluit het om haar passie na te jaag en haar eie konsultasie-agentskap te begin.

Omdat sy altyd opsoek is na nuwe uitdagings en geleenthede, het sy – wat al vir jare as meesterlewensafrigter spesialiseer – ’n paar jaar gelede besluit om die strawwe opleiding te ondergaan om ’n menslike leuenverklikker te word. Haar kursus het uit 29 kandidate uit 27 lande bestaan, waarvan 24 van intelligensiedienste was. Haar besluit is verder gemotiveer deur ’n behoefte om ’n unieke vaardigheid aan te leer om haar kliënte beter te verstaan en sodoende vinniger resultate te lewer. 

Van haar loopbaanhoogtepunte sover sluit in verskeie aanbiedinge by die Sweedse ambassade gedurende die Nobelprys-oorhandigingsweek, om een van die 14 kandidate te wees om te kwalifiseer vir die CeFF-program wat in Mei begin het en terugvoer van mense wie se lewens sy help verander het.

Deesdae werk sy nie net as menslike leuenverklikker nie, maar ook as lewensafrigter en bied sy opleiding aan in bemarking, leierskap, kommunikasie en aanlyn bemarking, asook werkswinkels en selfontdekking en groepsopleiding. Verder is sy ook ’n skrywer en spreker wat al die verhoog gedeel met internasionale denkleiers soos Robin Banks, Russell Fox en Justin Cohen. Sy is ook ’n gereelde gas op nasionale radioprogramme en internasionale podsendings.

VOLG HAAR GERUS OP SOSIALE MEDIA:

Facebook: www.facebook.com/confidentlyfindingme

Instagram: @lizette_volkwyn

Twitter: @LizetteVolkwyn

Webwerf: www.lizettevolkwyn.com

PUBLISITEIT & BEMARKING:

STARBURST PROMOSIES

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za

Webwerf: www.starburstmusic.co.za

 Vriendelike groete,

STARBURST PROMOTIONS
Alani Coetsee – PUBLICIST

www.starburstmusic.co.za | alani@starburstmusic.co.za | 072 442 6918

About MiggieK

I am passionate about people, visual & performing arts, and my Mannatech business. I believe in God and love my family and friends!

View all posts by MiggieK →